GEBORG | Toekoms van werknemersvoordele lê in suksesvolle integrasie

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Deur Discovery kry werkgewers en adviseurs die geleentheid om al hul werknemerprodukte te integreer en sodoende waarde vir beide werkgewers en werknemers te ontsluit. Foto: PEXELS
Deur Discovery kry werkgewers en adviseurs die geleentheid om al hul werknemerprodukte te integreer en sodoende waarde vir beide werkgewers en werknemers te ontsluit. Foto: PEXELS

As werkgewer is die bestuur van jou personeel se voordele alles behalwe maklik. Hierdie taak het die afgelope paar jaar selfs meer ingewikkeld geword.

Die afgelope 25 jaar het oplossings vir werknemersvoordele hoogs gesegmenteerd geraak, met die gevolg dat werkgewers met twee of meer adviseurs en verskeie ongekoördineerde diensverskaffers moet saamwerk. Besluite oor verskaffers en voordeelstrukture word in silo’s geneem, waarvan die fokus dikwels op direkte koste, eerder as doeltreffendheid, val.

Die verbetering van gesondheids- en aftree-uitkomste vir mense wat hul mees produktiewe jare aan ’n werkgewer afstaan, is nie so eenvoudig as om die goedkoopste kostestruktuur te hê nie. In plaas daarvan moet verskaffers, finansiële adviseurs en werkgewers hulle eerder daarop toespits om toepaslike voordele en strukture in plek te stel, in ooreenstemming met sleutel- organisatoriese doelwitte wat daarop gemik is om die beste finansiële en welstanduitkomste vir mense te verseker.

Holistiese benadering wat deurdring tot die kern van werknemers se welstand

Die regte vraag wat gevra moet word, is hoe gaan jy te werk om te verstaan wat werknemers werklik nodig het? Die span by Discovery het oorsaaklike skakels tussen die uitkomste van werknemersvoordele begin ondersoek, en voor die volgende vrae te staan gekom:

1. Hoe kan verbeterde welstand ’n werknemer se versekeringsrisiko, en uiteindelik die koste van versekering, verlaag?

2. Hoe kan beter welstand ’n groter getal gesonde aftreejare vir ’n werknemer verseker? Kan beter gesondheid ook die koste van hul gesondheidsorg verlaag, hulle toelaat om aftrede uit te stel of selfs help dat hulle vir ’n langer tydperk ’n inkomste kan verdien?

3. Hoe kan werknemers hul korttermynfinansies op so ’n manier bestuur dat dit indirek daartoe lei dat hulle hul langtermynaftreeplan ook beter behartig?

As jy eers die verhoudings verstaan tussen gesondheidseise en versekeringsrisiko’s, huidige welstand en aftrede, asook huidige finansiële bestuur en aftrede, word die potensiaal van produk-integrasie glashelder.

Hoe kan skakels tussen produkte gebruik word om uitkomste te verbeter?

Gelukkig plaas Discovery se breëproduk-ekostelsel hulle in die besonderse posisie om hierdie onderling verbinde kwessies aan te pak. Discovery kan intermaatskappy-data gebruik om oorsaaklike verhoudings tussen veranderlikes aan te dui en skakels tussen produkte te bou om gevalle-uitkomste te verbeter. Hulle kan ook gedrag wat oor die onderskeie produksilo’s heen aanmoedig en versterk.

Deur Discovery kry werkgewers en adviseurs die geleentheid om al hul werknemerprodukte te integreer en sodoende waarde vir beide werkgewers en werknemers te ontsluit. Die potensiaal is reusagtig.

Neem byvoorbeeld die volgende in ag:

1. Die gerief en kostedoeltreffendheid daarvan om al jou werknemervoordele onder die beheer van een enkele diensverskaffer te hê – as ’n samehangende oplossing.

2. Die produktiwiteitsvoordele wat ontsluit word deur geïntegreerde welstand wat werklik bydra tot beter gesondheid en welstand.

3. Groter betrokkenheid omdat daar een digitale platform vir produkte is, waar werknemers hul voordele werklik kan waardeer en gebruik.

4. Die gesondheidsinsigte wat Discovery kan identifiseer en by kan ingryp met pasgemaakte produkoplossings, teenoor generiese oplossings vir enige werkgewer.

Mag van integrasie dwarsoor Discovery se produk-ekostelsel

Op ’n praktiese vlak: stel jou voor jou werknemers kon voordele dwarsoor Discovery Umbrella Funds, Discovery Insure, Discovery Healthy Company, Vitality, Discovery Group Risk en Discovery Health Medical Scheme se reeks produkte hê. Dit sou Discovery in staat stel om veranderlikes soos ouderdom, geslag, besoeke aan sielkundiges, liggaamlike aktiwiteite en spaargewoontes na te spoor, gesondheids- en finansiële risikofaktore te identifiseer en trajekte te voorspel.

Hulle kan dan betyds ingrypings toepas of voorstel om werknemers by te staan wanneer hulle dit die nodigste het – van ’n mediese verwysing tot fisio-besoeke, finansiële afrigting, die verskaffing van tydige, toepaslike inligting, of skuldberading. Sulke ingrypings kan heelwat doen om risiko te verminder, welstand te verbeter en produktiwiteit ’n hupstoot te gee – alles tot voordeel van die werknemer.

Waar lê jou verantwoordelikheid?

In ’n poging om besluitneming te vergemaklik en terselfdertyd nie die heersende stand van sake te versteur nie, mag werknemers dalk in die versoeking kom om jaar ná jaar dieselfde diensverskafferkontrakte te hernu, sonder om te kyk of dit met verloop van tyd enige werklike waarde toegevoeg het. Nuwe verskaffers mag moontlik aangestel word bloot op grond van direkte koste. Dit is verstaanbaar, aangesien moeite en risiko met die verandering van verskaffers verbind word, en direkte koste die maklikste faktor is om hulle mee te vergelyk.

Hierdie keuses mag in baie gevalle egter beteken dat werkgewers slegter daaraan toe is weens verlore produktiwiteitsverbeterings, laer prysvolhoubaarheid en ’n werknemer-waardeaanbod met minder trefkrag. Werknemers sal ook nie toegang hê tot ’n ekostelsel van voordele wat hulle op die pad na beter materiële lewensuitkomste kan lei en ondersteun nie.

Ek glo dat Discovery in hierdie bedryf ’n groot gesamentlike verantwoordelikheid het, want ons werk in ’n bedryf waar ons besluite blywende gevolge vir die lewens van duisende werknemers, hul families en gemeenskappe inhou.

Toekoms van werknemervoordele

Die toekoms van werknemervoordele lê in die insameling, analisering en toepassing van die ryk verskeidenheid data wat deur slim, naatlose produk-integrasie ingewin word. Om op dieselfde tyd en plek die verskillende, maar onderling verbinde, aspekte van werknemerwelstand te verstaan en in staat te wees om risiko’s te identifiseer, is ’n noodsaaklike stap om uitkomste op ’n volhoubare wyse te verbeter.

Hierdie bedryf se edele doelwit is ’n beter ingeligte, proaktiewe, gesonder en meer vermoënde werksmag. Gaan jy by Discovery aansluit en deel wees van die reis na ’n geïntegreerde ekostelsel van werknemervoordele wat werklik hierdie doel kan bereik?

Guy Chennells is die produkhoof van Discovery Werknemersvoordele.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteer. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.


Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos