GEBORG | Volg dié wenke vir ’n doeltreffende veiligheidstelsel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak seker dat jou veiligheidstelsel ten alle tye werk om jou veiligheid te verseker. Foto: ISTOCK
Maak seker dat jou veiligheidstelsel ten alle tye werk om jou veiligheid te verseker. Foto: ISTOCK

Dis nie net jy wat veilig wil voel nie, jy wil ook hê jou gesin en geliefdes moet veilig wees in hul daaglikse handel en wandel.

Hoewel jy altyd paraat moet wees as jy alleen is, bly dit belangrik om jou huis so veilig as moontlik te maak.

Dit is dus noodsaaklik om te verseker dat jou woning beveilig is en veiligheidstoestelle ten alle tye werk.

Daar is ’n hele paar instandhoudingsriglyne wat jy kan volg om te verseker dat jou woning ’n veilige toevlug is.

Roshana Burnett, senior bestuurder van geïntegreerde veldtogte by Builders, sê tussendeur die daaglikse gejaag, kan jy maklik vergeet van die instandhouding van veiligheidsmaatreëls by jou huis.

“Dit verg nie veel om jou woning veilig te hou nie. Met eenvoudige doen-dit-self-maatreëls kan jy binne ’n japtrap jou huis redelik goed beveilig,” sê sy.

Gereelde instandhouding kan help om panieksituasies waar jy op die laaste nippertjie ’n tegnikus moet kry, te vermy, sê Charnel Hattingh, hoof van bemarking en kommunikasie by Fidelity ADT. “Dit sal verseker dat jy nie op kort kennisgewing iemand hoef te laat kom, terwyl jy besig is met ander dinge nie.”

“Jou veiligheidstelsel is net so doeltreffend soos die swakste komponent. Wanneer jy in ’n veiligheidstelsel vir jou huis belê, moet jy seker maak dat dit reg funksioneer. “Een van die grootste voordele van ’n gehalte-veiligheidstelsel is gemoedsrus. Jy moet dus seker wees dat dit gaan werk wanneer jy dit die nodigste het,” sê Hattingh.

Hier is Hattingh se ses wenke vir jou veiligheidstelsel

  • Toets jou stelsel met jou veiligheidsmaatskappy. Aktiveer die alarm en kyk of dit werk.
  • Hou dop vir enige foute soos gebreekte elektriese bedrading, ’n blaredak of slotte, sensors, hekke, deure en vensters wat nie meer reg werk nie.
  • Kyk na al die buiteligte. Wind kan jou ligte verskuif en inmeng met die doeltreffendheid daarvan.
  • As iemand by jou huis kuier terwyl jy nie daar is nie, maak seker dat al die paniekknoppies werk en die persoon weet wat om te doen as daar ’n noodgeval is.
  • Maak seker dat jou kameras in die regte posisie is en die buitekant van jou huis reg opneem.
  • Stel jou veiligheidsmaatskappy in kennis indien jy onseker is oor enigiets of voel dat jou stelsel dalk foutief kan wees.
  • Maak ten alle tye seker dat jou alarmstelsel werk, want dit kan in ’n gevaarlike situasie jou lewe red!

Verseker jou veiligheid met die volgende dienste:

Futurama

Futurama

Met die openbaring van die jongste hemelhoë misdaadstatistieke, is die groot vraag: “Wie sal ons beskerm as die owerhede dit nie doen nie?”

Baie Suid-Afrikaners kyk deesdae na nie-dodelike maniere om hulself tydens voorvalle van geweld te beskerm. Kry vandag nog ’n blikkie pepersproei, ’n skokstok of nie-dodelike gaspistool en stel jouself gerus dat jy die beste nie-dodelike beskerming het wat jy in Suid-Afrika kan kry.

Die Futurama-span staan jou by in die soektog na ’n perfekte selfverdedigingsopsie.

Vir meer inligting, stuur e-pos na info@futurama.co.za of skakel 021 851 3284.

iFearless

iFearless

iFearless het ’n innoverende ondersteuningstelsel bekendgestel. Dit is beskikbaar in die vorm van ’n app wat afgelaai kan word vanaf Google Play en die Apple App Store. Die app kan afgelaai word met ’n aanlyn betaalstelsel, maar is ook beskikbaar aan ondernemings.

Wanneer jy die paniekknoppie aktiveer, bied dit jou ’n gewapende veiligheidsdiens wat die naaste aan jou ligging is. Die meeste veiligheidsdienste is by hierdie netwerk ingesluit en dus is daar iemand binne minute op die toneel.

iFearless is ’n inisiatief van die Signa-groep, wat hulself ten doel stel om die maatskaplik-ekonomiese probleme van Suid-Afrika aan te spreek.

Stuur e-pos na info@ifearless.co.za vir enige navrae.

Safari Outdoor

Safari

Hoe weeg jy die waarde tussen twee lewens op? Jou lewe of dié van iemand anders? Wanneer kom by selfverdediging, moet jy nie wonder nie. Selfs ‘n breukdeel van ‘n sekonde kan die verskil tussen lewe en dood beteken. Daarom is dit belangrik om die beste moontlike beskerming te kies vir die huis, en die pad, vir man, vrou en kind. Jy kan nie bekostig om nie die doeltreffendste vorm van selfverdediging by Safari Outdoor te kry nie.

Tantus Trading

Tantus

Tantus Trading, in samewerking met Dark Rose, is daadwerklik daarop gefokus om individue by te staan met raad, produkte en gespesialiseerde opleiding met betrekking tot selfbeskerming.

Tantus Trading, wat gerieflik geleë is in Stellenbosch, beskik oor ’n binnenshuise skietbaan genaamd AiM InDoor, ’n lesinglokaal, opleidingsgeriewe en is ook ’n geregistreerde handelaar wat kan help met die aankoop van vuurwapens, ammunisie en ander verwante toerusting.

Vir meer inligting, skakel 086 111 1220, of stuur e-pos na info@darkrose.co.za of training@aimindoor.co.za.

Civil Defence Force

CDF

Phangela SWAT het onlangs saamgesmelt met die lank bestaande Durbanvillegebaseerde HALT Security, onder die vaandel van die nuwe Civil Defence Force (CDF). Hierdie samesmelting is sedert 1 Julie 2022 van krag. Die nuwe CDF Armed Response het die grootste infrastruktuur in die noordelike voorstede met die meeste voertuie op patrollie, insluitend lugondersteuning per helikopter. CDF beloof om altyd getrou te bly aan die Durbanville-en Bellville-gemeenskappe.

Vir meer inligting, skakel 021 11 00 911.

City Gun

CITY GUN

Jy vra jouself dalk: Het ek regtig ’n vuurwapen nodig? Gaan dit my enigsins veiliger maak? Die feite is eenvoudig: Selfverdediging is belangriker as ooit tevore. Vergeleke met vroeër jare, is dit nié nou moeiliker om ’n vuurwapenlisensie te kry nie – die proses is presies dieselfde en jou lewe is nié minder werd as jou aanvaller s’n nie. Maak die regte keuse. Kies jou lewe.

Besoek City Gun vir meer inligting.

Wildman Hunting & Outdoor

Wildman

Wildman Hunting & Outdoor het ’n wye reeks produkte wat spesiaal uitgesoek is om in die behoeftes van alle jagters, hengelaars en buiteleweliefhebbers te voorsien. As jy nie in hul winkel kry waarna jy soek nie, gesels gerus met een van hul vriendelike, opgeleide personeellede. Hulle sal jou graag bystaan met flink en professionele diens.

Besoek ook Wildman Robertson en Wildman Kaapstad vir meer oor hul veiligheidstoerusting, en beveilig vandag nog jouself en jou huis.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.
Rand - Dollar
17.93
-1.8%
Rand - Pond
19.45
-0.0%
Rand - Euro
17.37
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.70
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Goud
1,643.66
0.0%
Silwer
18.87
0.0%
Palladium
2,073.00
0.0%
Platinum
858.50
0.0%
Brent-ruolie
86.15
-5.0%
Top-40
57,110
-3.1%
Alle aandele
63,417
-2.9%
Hulpbronne 10
56,319
-7.5%
Industriële 25
78,436
-1.2%
Finansiële 15
14,142
-1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos