Geluk! Jy het op een van SPAR se warmlugbalonne geklik.
Nou staan jy die kans om een warmlugballonrit vir twee persone te wen as jy inskryf vir SPAR se Virtuele Wedloop vir Vroue!
Hierdie aanbod is slegs geldig vir Netwerk24-gebruikers in Gauteng, Mpumalanga en Noordwes. Bepalings en voorwaardes (soos aangedui op SPAR se inskrywingsblad) geld.
*Die wenner sal na die wedloop aangewys word.
Wanneer jy vir hierdie kompetisie inskryf, skryf jy jouself sommer vir twee opwindende ervarings in!
Uitdaging vier SA se Vrou
Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue maak vanjaar sy derde verskyning en dien as ’n simbool van hoe die land bo gemeenskaplike en persoonlike swaarkry kan uitstyg.
Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 sal voortbou op die wegholsukses van verlede jaar se wedren toe inskrywings landwyd oopgestel is, en die land se mooiste wedloop na alle uithoeke van die land (of in die buiteland) geneem is. As ’n virtuele wedloop is daar geen geografiese grense nie, terwyl deelnemers kan besluit oor hul roete, pas, en of hulle dit alleen, saam met vriende, familie of as ’n gemeenskap wil aanpak.
Vanjaar se tema, #IRise, is ’n viering van hoe Suid-Afrikaanse vroue hul uitdagings die hoof bied. Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 moedig alle deelnemers aan om hul innerlike krag in te span, die #IRise-filosofie toe te eien en deel te word van ’n gemeenskap wat gesamentlik bo hul uitdagings uitstyg.
Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue is in 2020 bekendgestel as ’n eerbetoon aan Suid-Afrikaanse vroue se veerkragtigheid en krag te midde van die onsekerheid wat deur die Covid-19-pandemie meegebring is. Hoewel die regering die ramptoestand opgehef het, bly die pandemie in Suid-Afrikaners se midde, wat SPAR weereens aangespoor het om die pragtige wedloop die virtuele ruimte in te neem.
“Vir die veiligheid van ons deelnemers, gegrond op die wisselende Covid-19-regulasies en die ongekende tye waarin ons ons bevind, het ons besluit om vanjaar weer virtueel te gaan,” sê Charlene Subbarayan, SPAR-groepborgskap- en geleentheidsbestuurder. “Dit beteken egter nie ons mag nie pret hê nie. So, kry jou vriende bymekaar, werk ’n roete in jou plaaslike gemeenskap uit en deel al die pret deur jou foto’s met #IRise #YourRaceYourPace te merk en deel te wees van ons aanlyn gemeenskap.”
Aanlyn inskrywings is nou oop vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022. SPAR nooi vroue oor die land heen om aan te sluit op Saterdag 3 September, enige tyd tussen 06:00 en 18:00 (onderhewig aan die regering se inperkingsmaatreëls). Deelnemers kan enige plek in Suid-Afrika hul virtuele uitdaging teen hul eie pas hardloop, draf of stap.
Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue is meer as ’n wedloop; dit is ’n viering van vroulike kameraadskap en is ’n sosiale ooreenkoms wat daarop gemik is om die lewe van jou medemens te verbeter.
Elke jaar neem die uitdaging ’n liefdadigheidsorganisasie aan wat ’n breër kwessie in gemeenskappe die hoof bied.
Deur in te skryf vir vanjaar se SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue, sal deelnemers ’n betekenisvolle bydrae tot die lewe van jong meisies maak. Vir elke inskrywing sal ’n pak sanitêre doekies geskenk word om ’n dogter in die skool te hou deur die SPAR Petals Project. Die projek pleit vir ’n onbeskroomde opvoeding vir alle jong vroue. Deur hul bydraes sal deelnemers hierdie meisies help om bo hul uitdagings uit te styg.
“Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 oorskry nie net geografiese grense nie, maar dien as ’n brug tussen gemeenskappe. Dit is ’n beweging wat die veerkragtigheid van vroue oor die lengte en breedte van die land vier,” sê Mike Prentice, SPAR-groepbemarkingsbestuurder.
“Om te sien hoe vroue uit verskillende agtergronde uit die samelewing die strate en roetes in Suid-Afrika invaar, vul ons met geweldige trots. SPAR sien uit na die duisende kleurvolle plasings op sosialemediaplatforms van hoe vroue van alle agtergronde die wedloop aanpak.”
Die uitdaging spog ook met ’n toegewyde groep ambassadeurs wat help om die #IRise-boodskap te versprei en die liefdadigheidsorganisasie wat SPAR ondersteun, te bevorder. Die lys van ambassadeurs spog met bekende gunstelinge en ’n paar nuwe gesigte wat gretig is om Suid-Afrikaners opgewonde te maak oor die uitdaging.
Die inskrywingsgeld vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 beloop R120, en as deel daarvan sal elke deelnemer ’n wedlooppakkie ontvang. Dié pakkie sluit in ’n amptelike wedloop-T-hemp, toegang tot die My Virtual Challenge-digitale tydskrif, ’n nekbof en ’n medalje.
Vanjaar is daar selfs meer maniere om aanlyn deel te neem aan die pret. Deelnemers kan die amptelike wedloopwebwerf, sparvirtualchallenge.co.za, besoek om hul wedloopnommer en eindstreepsertifikaat te genereer – perfek vir voor- en ná-wedren-selfies! Gebruik #iRISE en #SPARVirtualChallenge wanneer jy jou deelname op sosiale media deel en by hul aanlyn gemeenskap inskakel.
Vir meer inligting en om uit te vind hoe om in te skryf, besoek www.sparvirtualchallenge.co.za. Inskrywings is beperk tot 60 000 deelnemers – skryf dus nou al in om teleurstelling te voorkom.
Meer oor die tema
Uitdagings inspireer jou om op te staan, en in hierdie opstaan leer jy waartoe jy in staat is. Die tema van die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 is gevestig in die konsep van opstaan ten spyte van uitdagings, soos ’n feniks uit die as.
Dis presies wat die virtuele uitdaging self gedoen het te midde van ’n wêreldwye pandemie. In uitdagings lê daar ’n geleentheid, en daar is ’n oorvloed van geleenthede vir kreatiwiteit te midde van die huidige uitdagings wat jou in die gesig staar.
Hierdie jaar verwag hulle om weer op te staan as die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022, ter viering van ’n Suid-Afrikaanse staatmaker. Dit gaan gepaard met ’n kragtige digitale strategie en virtuele uitdaging, om die mees inklusiewe uitdaging te word wat Suid-Afrika nog gesien het.
Oor die jare het die uitdaging vroue van alle vlakke van die samelewing bymekaar gebring om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak en vanjaar bou SPAR voort op hierdie tradisie. Pak die uitdaging as ’n nasie aan, en geen vrou (of man) sal agter gelaat word nie.
Terwyl die uitdaging steeds ten volle op vroue gefokus is, word vroue aangemoedig om hul gesinne, vriende en diere saam te bring. Almal is welkom, ongeag hul geslag.
Die virtuele byeenkoms word op 3 September van 06:00 tot 18:00 gehou. Deelnemers kies self hul roete en afstand. Skryf in by sparvirtualchallenge.co.za.