
Ruil die stadslewe vir idilliese plattelandse leefstyl
Allesverloren Village, multigenerasie-leefstyllandgoed, in Riebeek-Wes bekendgestel
Allesverloren Village, ’n nuwe miljardrandse multigenerasie-landgoed, bied vanaf 16 Oktober eenhede te koop in die eerste fase van ontwikkeling. Hierdie landgoed is gebou op 15 hektaar langs die ikoniese Allesverloren-wynlandgoed en stel ’n nuwe standaard vir ’n aftreelandgoed wat ’n baie sosiale en luukse leefstyl ondersteun sodat sy gemeenskap floreer. Inwoners sal die beste kontemporêre leefstyl hier kan geniet met hotelagtige geriewe, ’n geïntegreerde gesondheidsprogram wat enig in sy soort is en uitstekende mediese en gesondheidsorgdienste op die perseel. Allesverloren Village is geleë teen die prentjiemooi landelike agtergrond van Riebeek-Wes in die Wes-Kaap.
’n Multigenerasie-leefwyse was nog altyd die norm, maar met verstedeliking het skeiding volgens ouderdom by die agterdeur ingesluip. Met tyd het hierdie tendens tot ’n mate die soort behuising wat ons bou, begin bepaal daarom die toename in studio- en eenslaapkamerwoonstelle aan die een kant, en versorgingstehuise aan die ander.
Herman Pretorius, ontwikkelaar en uitvoerende hoofbestuurder van Noble Resorts, verduidelik dat Allesverloren Village hierdie tendens op sy kop gaan keer. “Allesverloren Village omarm ’n fundamentele heroorweging van behuising en beplanning wat reeds wyd in Europa en Amerika te sien is. Fase 1 van ons ontwikkeling bestaan uit 42 deeltiteleenhede – almal argitektureel ontwerp – wat beskikbaar is aan mense ouer as 50 jaar, tesame met werklik uitsonderlike geriewe soos ’n klubhuis met ’n portier en 24-uur-kliniek en -apteek op die perseel. Die volgende fase van die ontwikkeling is gemik op gesinne op soek na ’n veilige leefstyl. Die idee is dat families op dieselfde plek woon, maar in hul eie huise in afsonderlike dele van die landgoed. Verder kan jonger gesinne beplan om vir die res van hul lewe hier te woon, aangesien ons alles wat hulle nodig het, op een plek bou. Dieselfde geld vir aktiewe afgetredenes wie se behoeftes mettertyd mag verander. Allesverloren Village bied mense die geleentheid om vir die langtermyn te beplan.”
Fase 1 van Allesverloren Village bestaan uit ruim een- en tweeslaapkamertuinwoonstelle vir mense ouer as 50. Pryse begin by R1 350 000. Die gevoel van wye oop Suid-Afrikaanse ruimtes is deel van elke tuiste. Lieflike oopplan-ontwerpe, ruim vertrekke, privaat binnehowe en stoepe maak die wynland-atmosfeer deel van die alledaagse lewe. Al die huise is deeltitel, troeteldiervriendelik en afgerond met ’n volledige reeks premium afwerkings en toestelle. Kontemporêre binnehuisontwerppakkette geïnspireer deur die kleure van die omliggende wynplaas, is ook beskikbaar.
Met die klem op spesiale ervarings en leefstylelemente, sal inwoners toegang hê tot ’n portierdiens, groot buitelugswembad, ’n gesondheidspa met hidroterapie, geïntegreerde welstandsprogramme, ’n kontemporêre restaurant, kroeg met Vinotec, moderne gimnasium en begeleide fiets- en staptoere in die aanliggende Allesverloren-wynlandgoed.
Medwell SA se span mediese kundiges sal dienste op die perseel aanbied na gelang van pasiënte se kliniese en persoonlike behoeftes. “Ons doelwit is om ’n alternatief vir langtermynverblyf in hospitale te bied deurdat die Medwell- mediese span na inwoners omsien in die gerief van hul eie huise. Hulle kan, ongeag hul siekte of toestand, versorging van ’n gekwalifiseerde verpleegster geniet en steeds in ’n bekende omgewing woon. Dit is nog ’n uiters doeltreffende versorgingsmodel uit Europa wat ons in ons nuwe aftree-ontwikkelings bekendstel,” sê Pretorius.
Aangesien die wêreldwye pandemie voortsleep en mense voortgaan om na plattelandse eiendomme met kleiner gemeenskappe te verhuis, is Allesverloren Village geskep om ’n gelukkiger en gesonder leefwyse aan te moedig. Dit is ’n ontwikkeling vir alle generasies en voorsien in alle welstandsbehoeftes.
Vir meer inligting besoek gerus allesverlorenvillage.co.za.
Hierdie inskrywing en inhoud word geborg, geskryf en verskaf deur Allesverloren Village.