Kripto: Dís die risiko’s van arbitrage

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Maak seker dat jy weet wat die risiko’s van arbitrage is wanneer jy besluit om te belê. Foto: Verskaf

Net soos tradisionele arbitrage, is kriptogeldeenheid-arbitrage die proses om prysverskille tot jou voordeel te benut. 

“Arbitrage bestaan al vir baie jare en is niks nuuts vir die beleggingswêreld nie,” verduidelik Jonathan Ovadia, uitvoerende hoof van OVEX. 

Jy kan hierdie handelsproses waarneem in kommoditeite en verskeie ander finansiële markte. Dit het dus natuurlik tot die kripto-wêreld gevorder.

Belangrike verskille tussen tradisionele en kripto-arbitrage sluit in kripto wat werk met virtuele bates en markte, wat meer wisselvallig is. 

Hierdie wisselvalligheid is egter presies waar die geleentheid ontstaan om wins te genereer.

So ’n verskil tussen beurse beteken dat jy ’n bate teen ’n laer prys op een beurs kan koop, en dit teen ’n hoër prys op ’n ander kan verkoop. Sodoende druk jy die verskil in jou sak.

Eenvoudig gestel: Jy neem ’n produk na ’n ander mark en verkoop dit teen ’n wins. 

En net soos enige ander handel in ander bedrywe, is daar ’n risiko wat verband hou met kripto-arbitrage.

Kliek hier om meer oor OVEX-arbitrage uit te vind.

Hoe werk dit?

Sonder ’n enkele dominante beurs om die waarde van die kriptogeldeenheid te bepaal, word die waarde vasgestel deur mense wat bereid is om te betaal.

Dit beteken as handelaars haastig ’n kriptogeldeenheid teen ’n sekere prys koop, sal handelsvolumes toeneem, wat veroorsaak dat prysverskille sal ontstaan.

Dit neem egter tyd vir kleiner beurse om nuwe pryse by te werk. Hierdie ondoeltreffendheid in die stelsel is wat handelaars toelaat om groter opbrengste in die mark te benut.

Vir so lank as wat die kripto-markte onvolmaak bly, kan beleggers wat belê het, ’n wins en ’n gesonde opbrengs maak.

Interessant genoeg en dalk miskien onaanneemlik, ten spyte van wisselvalligheid en prysverskille wat kriptogeldeenheid betref, is arbitrage een van die minder riskante beleggings wat jy kan maak.

Jy wed nie op prysbewegings nie. Jy wag eerder vir die regte oomblik om ’n bate vir goedkoper op een mark te koop en dit byna gelyktydig teen ’n hoër prys op ’n ander mark te verkoop. Sodoende verminder jou risiko.

Maar, dit is noodsaaklik om die moontlike risiko’s te verstaan en bewus te wees van faktore wat jou wins kan belemmer.

Sommige van die grootste risiko’s

  • Prysskommelinge. Dit is te verwagte, maar prysdalings kan jou verwagte wins aansienlik benadeel as jy nie jou geld vinnig genoeg skuif nie. OVEX gebruik stabiele munte, soos True USD, om hierdie risiko te verminder. Hulle sluit jou winste in, ongeag hoe lank dit duur om geld oorsee te stuur, kripto-bates te koop en dit dan dadelik veilig aan SA terug te besorg.
  • Teenparty-risiko’s. Soos jy bates buitelands van die een bank na die ander en oor beurse stuur, is daar ruimte vir teenparty-risiko’s. Byvoorbeeld, wanneer jou geldeenheid in ’n internasionale bank is, loop jy die risiko, hoewel baie laag, dat die bank bankrot kan raak.
  • Kuberkrakery. Soos enige ander internetveiligheidsmaatreël, wees versigtig vir uitvissing-e-posse en swendelary wat ontwerp is om toegang tot private inligting te verkry.
  • Vertraagde transaksies. “Blockchain”-opeenhoping, as gevolg van baie transaksies wat gelyktydig plaasvind, kan jou transaksie vertraag. Vertragings voorkom dat jy so vinnig as moontlik in en uit die mark kom. Dit verhoog jou blootstelling aan wisselvallige markskommelings en verhoog dus jou risiko vir verlies. ’n Groot voordeel van kriptogeldeenheid-arbitrage deur OVEX is dat jy onmiddellike handel kry, dit wil sê die pryse wat jy sien, is die pryse wat jy kry. Dus verloor jy nie arbitrage-winste as gevolg van vertraagde transaksies nie.
  • Verkeerde transaksies. Jou kriptogeldeenheid word na die verkeerde adres gestuur en kan nooit herwin word nie.

Hoe jy sommige belangrike risiko’s kan verminder

  • Gebruik stabiele munte – dit is minder geneig tot wisselende prysskommelings.
  • Tree vinnig op.
  • Bereken addisionele koste en maak seker dat dit minder is as die prysverskil. Andersins gaan dit jou wins uitput.
  • Bemagtig jouself met die regte kundigheid en kennis.
  • Gebruik OVEX se outomatiese arbitrage-diens.

Gelukkig hoef die kompleksiteit van die kripto-wêreld handel nie ontoeganklik te maak nie.

Oorweeg dit om ’n virtuele batesdiensverskaffer te gebruik wat die moeilik werk vir jou kan doen.

OVEX stel byvoorbeeld die volgende maatreëls in plek om te verseker dat die kliënt ’n wins sal maak.

  • OVEX bied ’n lae 1%-verspreiding vir alle arbitrage-dienste.
  • Om jou belegging verder te beskerm, verminder die OVEX-verspreiding dinamies as die arbitrage laag is om te verseker dat die kliënt nie geld verloor nie.
  • Kapitaal word altyd gewaarborg op handel volgens OVEX se arbitrage-diensvoorwaardes. Dus, selfs al is daar ’n verlies, sal OVEX dit dek.

Hoewel die arbitrage-premie laag kan wees, is dit dikwels baie hoog. Daarom word OVEX se vaste lae verspreiding van 1% net ’n klein persentasie van die totale wins wat kliënte kan verdien.

Wanneer jy ’n virtuele bateverskaffer oorweeg, wil jy hierdie soort stelsel oorweeg, eerder as ’n gedeelde winsstruktuur.

Is jy gereed om te belê?

Met onmiddellike handel, lae verspreiding en ’n intuïtiewe platform het OVEX sy naam gebou as die voorste kripto-arbitrage-diensverskaffer in SA.

Kliek hier om meer uit te vind oor hoe jy die beste opbrengste in hierdie vinnig opkomende mark kan kry of om meer te leer oor OVEX bitcoin-arbitrage. 

Kliek hier om ’n aanlyn afspraak met een van OVEX se arbitrage-agente te bespreek. 


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.15
+0.8%
Rand - Pond
21.53
+0.2%
Rand - Euro
18.19
+0.4%
Rand - Aus dollar
11.53
+0.1%
Rand - Jen
0.14
-0.2%
Goud
1,794.63
+0.1%
Silwer
23.34
+0.8%
Palladium
1,789.96
+2.2%
Platinum
954.68
-0.1%
Brent-ruolie
72.72
-11.6%
Top-40
62,819
+0.7%
Alle aandele
69,186
+0.8%
Hulpbronne 10
64,449
+0.6%
Industriële 25
92,855
-0.1%
Finansiële 15
13,421
+3.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos