Of jy graag met ’n goeie boek en glas merlot voor die vuur opkrul, die sonsondergang met ’n verfrissende sauvignon blanc geniet, op ’n grasperk uitstrek met ’n dromerige, romerige chardonnay in die hand, of die eindelose uitsig oor die baai bewonder met ’n glas cabernet as geselskap – Spier het iets vir almal.
Met sorg gemaak vir die planeet en sy mense, is dit nie verbasend dat Spier se wyne so geliefd is onder Suid-Afrikaners nie.
Spier Signature-wyne vervat alles wat vir hierdie wynlandgoed belangrik is, in ’n bottel – meer as 300 jaar se wynmaakgeskiedenis en ’n diep verbintenis om goed te wees vir die aarde en sy mense.
Deur sy Growing for Good-inisiatiewe en verbintenis tot langtermyn-volhoubaarheidsdoelwitte, bemagtig Spier gemeenskappe om positiewe maatskaplike en omgewingsveranderinge teweeg te bring.
Die plaas herwin meer as 98% van sy vaste afval. Organiese weiding voed hoenders en beeste, terwyl organiese wingerde die biodiversiteitsboerdery voltooi.
Dit is ’n manier van sake doen. Elkeen van hierdie gehaltewyne word met die grootste sorg deur Spier se ervare wynmaakspan gemaak.
“Met elke besluit, vra ons onsself of ons die regte ding doen – of dit nou is om ons afval te verminder, te boer met toekomstige geslagte in gedagte, die kunste te ondersteun, of met deursigtigheid te lei. Deur die groter prentjie te oorweeg, bly die onderneming volhoubaar,” sê Frans Smit, Spier se besturende direkteur.
“Wat alle Spier-wyne in gemeen het, is ’n onwrikbare fokus op gehalte.”
Die Spier-wynplaas in Stellenbosch is een van die oudste en gewildste bestemmings in hierdie internasionaal gerekende wynstreek.
Net soos Spier se buitengewone wynmaakgeskiedenis, is die wyne ook buitengewoon en wen voortdurend gesogte toekennings, plaaslik sowel as in die buiteland. Dit geld ook vir die Signature-wynreeks.
Die reeks van nege verskillende wyne is ’n goeie plek om weg te spring as jy sopas jou wynreis begin het en gretig is om jou palet te verken - of ’n uitstekende keuse vir gesoute wyndrinkers. Soos jou beste vriende, is hulle sonder pretensie, sorgeloos en aangenaam – iets wat jy elke aand van die week kan geniet.
In dié wynreeks is daar sewe enkelvariëteite en twee versnitte naamlik die Spier Signature Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Chardonnay/Pinot Noir, Merlot, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon en Cabernet Sauvignon/Merlot/Shiraz.
Dit is maklik om te drink en bied ook goeie waarde vir geld, maar die hoogtepunt is ongetwyfeld dat dit fantastiese, goed gemaakte, alledaagse wyne is wat geskep is met die koper in gedagte.
“Goeie waarde. Goeie waardes.” Hierdie leuse som die Spier Signature-wynreeks netjies op en is die onmiskenbare kern van die versameling.
Besoek gerus www.spier.co.za of jou naaste drankwinkel of supermark om hierdie heerlike, veelsydige wynreeks te koop. Besoek die webwerf https://shop.spier.co.za/collections/signature-collection om dit aanlyn te koop. Spier word hoog aangeskryf deur groot nasionale kleinhandelaars.