Lig aan einde van tonnel: Hoe 'n robot ons omgewing kan beveilig

akkreditasie
UV-D Robots
Besoekers aan gimnasiums kan veilig voel met UV-D-robotte wat 99,999% van patogene met elke skoonmaaksiklus vernietig.

Hoe ontsmet jy ‘n gemiddelde grootte chirurgiese teater in agt minute sonder dat ‘n enkele mens dit binnegaan? Maklik, dié soort tegnologie word reeds in 50 lande gebruik.

Nexmed Healthcare Solutions, die strategiese vennoot van UV-D Robots en GoBe Robots in Afrika suid van die Sahara, staan aan die voorpunt om van die nuutste tegnologie ter wêreld na Suid-Afrika te bring.

Terwyl ons almal aanpas by vlak 3 van die Covid-19-inperkings en meer van ons teruggaan na ons werkplekke, kan die UV-D-robotmaatskappy help om aan die streng inperkingsregulasies te voldoen en daarmee seker maak dat werkers gerus voel om terug te keer.

Die UV-D-robot ontsmet 'n area van 25 m² in minder as tien minute. Dit maak dit baie maklik om die tegnologie te integreer in werkplekke, skole, gimnasiums, lughawens, ensovoorts.

Nexmed Healthcare Solutions se uitvoerende hoof, Jonathan Burger, verduidelik dat die robot in hospitale en vele ander werkplekke gebruik kan word.

“Met die vlak 3-inperking beteken dit dat baie mense teruggaan werk toe en die robot word nou ‘n bondgenoot, want dit kan binne minute die omgewing ontsmet. Dit kan meermale ‘n week gedoen word met ‘n suksesvlak van 99,99%. 

“Die robot gebruik geen skadelike chemikalieë wat gesondheidsrisiko's weens langtermynblootstelling inhou nie. Daar is geen menslike arbeid of lang ontsmettingsiklusse nie. Dit is veilig om onmiddelik die gebou of kamer binne te gaan na ontsmetting. Die meeste spuitmiddels vereis twee tot ses uur ventilasietyd voordat iemand dit kan binnegaan, en dit is ontwrigtend.

“Ons sien tans internasionale gebruik van die UV-D-robot in spreekkamers en klinieke, lughawens, hotelle, gimnasiums, winkelsentrums, winkels, banke, kantore en meer,” sê hy.

UV-D Robots in lughawens
UV-D-robotte sal verseker dat miljoene reisigers jaarliks ontsmette, veiliger lughawens sal kan gebruik.

Volgens ‘n nuwe studie deur navorsers aan die Universiteit van Birmingham in Engeland en die Universiteit van Kaapstad, sal minstens 146 000 operasies in Suid-Afrika gekanselleer word weens die pandemie. Dit sluit 12 000 onkologieprosedures in.

Hierdie kansellasies kan pasiënte se gesondheid en lewensgehalte benadeel. “In sommige gevalle kan die kansellasie van kankeroperasies tot sterftes lei.”

Om die agterstand wat deur Covid-19 veroorsaak is uit te wis, gaan ook baie druk op die gesondheidsdienste plaas. Ons kan dit nie bekostig nie en ons kan dalk ook nie daarvan herstel nie. Die hoofrede wat aangevoer is vir die kansellasie van operasies is om die risiko van blootstelling aan Covid-19 in hospitale te verminder en om beter mediese ondersteuning te verskaf. Blootstelling is gekoppel aan infeksiebeheer en met ‘n virus wat so aggressief oorgedra word, het ons die gevorderde tegnologie soos die UV-D-robot nodig.

Die UV-D-robot bied beduidende ondersteuning deur hierdie pandemie en in die toekoms, want dit stel hospitaalbestuurders in staat om ‘n operasiesaal binne agt minute te ontsmet. Die ontsmetting kan tussen operasies gedoen en die risiko van infeksies drasties verminder.

Alhoewel hospitale pasiënte skandeer voor selektiewe chirurgie, beskerm die outonome ontsmettingsproses enige risiko van asimptomatiese pasiënte. Die ontsmettingsproses maak nie net die koronavirus dood nie, maar is ook doeltreffend teen ander infeksies soos Ebola, MRSA, vankomisien-weerstandige enterokokke, arbapenem-weerstandige ingewandsbakterieë, candida, clostridium difficile en preudomonas, sê Burger. 

Die UV-D-robot het sagteware om die ontsmetting na te speur. Dit het ook UV-C-dosimeters om die doeltreffendheid van die ontsmetting te meet – dit stel pasiënte gerus dat die patogene/kieme wel vernietig is.

Hoe werk dit?

Die robotte is toegerus met kiemdodende UV-C-lig. Dit beteken dat dit die DNS van die bakterie, virus of ander patogene/kieme deaktiveer en dit vernietig hul vermoë om te vermeerder. Wanneer die organisme probeer repliseer, gaan dit dood.

“Die UV-D-robot kan gereeld in hospitale gebruik word om veelvuldige ontsmettings per kamer per dag te doen, met bitter min menslike ingryping. UV-D-robotte het ook ‘n ondeurdringbare UV-C skerm wat in besette kamers gebruik kan word vir ‘n volledige ontsmetting sonder dat enigiemand blootgestel word aan die UV-C.

Hoe Nexmed Afrika se digitale transformasie bespoedig

Burger sê Nexmed se leuse is “omgee deur innovasie”. “As ‘n maatskappy is ons opgewonde om die beste tegnologie na Afrika te bring, so vinnig soos wat dit internasionaal na vore kom, of so vinnig soos wat dit plaaslik vervaardig word. Ons wil ‘n beduidende rol speel om Afrika se blootstelling en aanneming van digitale tegnologie te versnel vir die bevordering van gesondheidsorg.”

UV-D Robots
Ons kan restaurante vinnig, gereeld en doeltreffend met UV-D-robotte ontsmet.

Wat is die volgende innovasie?

‘n Ander Nexmed-innovasie is die GoBe One Telepresence-robot. Die robot se hoofdoel, sê Burger, is om mense moeiteloos te verbind sonder om die menslike aanraking te verloor. Die robot maak dit moontlik vir virtuele konsultasies tussen pasiënt en dokter.

“Daar is ‘n beduidende las op die verkryging en verspreiding van persoonlike beskermende toerusting (PPE), veral in die openbare sektor. Die GoBe kan help om lewens te red deur kiemblootstelling te verminder.”

Die GoBe word later vandeesmaand in Europa en Afrika bekend gestel, danksy Nexmed en GoBe se vennootskap.

* Klik hier vir meer: http://gobe-robots.com/.

Burger sê die volgende groot innovasie wat Nexmed Healthcare Solutions bekend gaan stel is Orthoview. “Ons is baie opgewonde om die bekendstelling van ons gevorderde chirurgiese beplannings- en optimaliseringslaboratorium aan te kondig. Ons laboratorium sal beskik oor die mees gevorderde 3D-druk-tegnologie tesame met gevorderde chirurgiese beplanningsagteware.

Die eerste fase van die bekendstelling is om die wêreld se mees gevorderde ortopediese pre-chirurgiebeplanningsagteware na Afrika te bring. Nexmed bring the Orthoview-sagteware na Afrika in vennootskap met Materialise, 'n wêreldleier in chirurgiese optimalisering.

Om meer uit te vind oor Nexmed Healthcare Solutions, besoek www.nexmedhealth.co.za of e-pos: info@nexmedhealth.co.za.

Nexmed

besig om te laai... Regstreeks
Serbia 185/4
Bulgaria 122/1
besig om te laai... Regstreeks
West Indies 178/4
Bangladesh 234/10
besig om te laai... Regstreeks
England 360/10
New Zealand 329/10 & 168/5
Rand - Dollar
15.80
+1.1%
Rand - Pond
19.39
+0.0%
Rand - Euro
16.68
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.97
+0.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,827.37
0.0%
Silwer
21.15
0.0%
Palladium
1,880.50
0.0%
Platinum
911.50
0.0%
Brent-ruolie
113.12
+2.7%
Top-40
59,993
+1.6%
Alle aandele
66,349
+1.6%
Hulpbronne 10
64,422
-0.2%
Industriële 25
76,590
+2.6%
Finansiële 15
15,623
+1.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos