’n Dekade waarin alles verander het

akkreditasie

Tien jaar gelede was Suid-Afrika op die kruin van internasionale aansien: Die land het pas die wêreldbeker vir sokker aangebied, was beleggingsgraad in die oë van alle kredietagentskappe en ’n dekade van ekonomiese groei is allerweë voorspel.

In ons wildste drome kon dit nie voorsien word dat, tien jaar later, die land feitlik geen ekonomiese groei sou hê nie, dat die blink nuwe stadions oral in die land meestal leeg en verwaarloos sou staan en internasionale gradering deur al die grootste kredietagentskappe verskeie kere afwaarts aangepas sou word tot diep in rommelstatus nie.

“Die dekade van ekonomiese uitbreiding en welvaart het ontaard in ’n dekade van ekonomiese inploffing en verval. “Alles het verander, so ook die siening ten opsigte van buitelandse belegging,” sê Yolande Butchart, hoof van valuta-verhandeling by Brenthurst Wealth se kantoor in Mauritius.

Volgens die Brenthurst Groep is Mauritius ’n gewilde keuse vir eiendomme in die buiteland. Foto: ISTOCK

“Tien jaar gelede was die vraag na buitelandse beleggings en valuta maar baie skraps. Valuta is aangekoop vir buitelandse reise en miskien onderhoud en geskenke vir families en kinders in die buiteland. Namate die land se politieke en ekonomiese probleme vererger het, het die vraag na buitelandse valuta vir die aankoop van eiendom en beleggings wesenlik toegeneem. Vandag kan geen groot finansiële instelling bestaan sonder ’n afdeling wat buitelandse bates en valuta-verhandeling kan aanbied vir sy kliënte nie, sê Butchart, wat reeds drie jaar saam met haar gesin op dié eiland woon.

Haar man, Gavin, is die hoofbestuurder van Brenthurst Wealth se kantoor op die eiland in die Black River-gebied, ook bekend as die Boere Monaco, vanweë die groot aantal Suid-Afrikaners en ook Afrikaanssprekendes wat in daardie gebied nes geskop het.

“Die groot daling in die kommoditeitsiklus in 2011/12 was heel waarskynlik die begin van SA se probleme. As land was SA altyd aangewese op hoë pryse vir sy metale en minerale en die daling in die prys daarvan het groot druk begin uitoefen op die betalingsbalans, skuldvlakke en internasionale gradering. SA se skuldvlakke het begin styg vanaf 25% van BBP in 2010 en vandag staan dit hier teen 65%. Indien staatsuitgawes nie beheer kan word nie, kan dit binne vier jaar oor die vlak van 100% van BBP wees.”

* LEES OOK: Semigrasie duur voort, sê Brenthurst

* LEES OOK: Mense wat in buiteland belê, kan baie tevrede wees 

Selfs Moody’s het verlede week twyfel uitgespreek dat SA sal kan slaag om sy besteding onder beheer te bring en verwag dat die skuldplafon binne vier tot vyf jaar bereik sal word. ’n Afgradering beteken hoër rentekoerse vir lenings en dat meer en meer bestee sal word aan skuld as aan infrastruktuur en ander projekte.

Daarby was dit ook die begin van staatskaping onder voormalige pres. Zuma en die afdanking van vorige minister van finansies Nhlanhla Nene, wat veral buitelandse beleggers ontsenu het. Sedert 2015 het meer as R550 miljard die JSE verlaat soos wat buitelandse beleggers die hasepad gekies het. Hierdie neiging het nog nie verander nie en tot dusver vanjaar is sowat R123 miljard se aandele uit die JSE verkoop.

Hierdie onttrekking van geld uit die JSE het opbrengste ook kwaai afgedruk, met die JSE wat vandag nie veel hoër is as vyf jaar gelede nie.

Ten einde hul neseier en aftrede te beskerm, het Suid-Afrikaanse beleggers op groot skaal in die buiteland begin belê.

Waar buitelandse beleggings voorheen net vir groot maatskappye en baie ryk individue beskore was, het dit nou ’n hoofstroom-aktiwiteit geword vir die meeste plaaslike beleggers, ondanks voortdurende teenkanting vanuit sekere sektore, wat moeilik is om te verstaan.

Brenthurst se makro-ontledings het reeds vroeg in die nuwe dekade tekens begin sien van die ekonomiese insinking wat op pad was. Die ontleding was in die kol en dit kan gesien word in die gemiddelde opbrengste van buitelandse bates wat oor die 10 jaar meer as 20% per jaar was teenoor die opbrengs van die JSE wat 8,7% per jaar was. Maar hierdie syfer verskuil die opbrengs van die JSE oor die afgelope vyf jaar bykans zero teenoor die gemiddelde opbrengs van 15% per jaar vir buitelandse beleggings.

Suid-Afrikaanse beleggers maak nou toenemend gebruik van die buitelandse toelaes wat hulle kan gebruik om wettig geld buiteland toe te neem. Hierdie twee toelaes is soos volg:

* R1 miljoen jaarlikse diskresionêre bedrag wat gebruik kan word vir feitlik enigiets, insluitend beleggings. Hier word nie veel vrae gevra nie maar enige belegging moet ingesluit word in belastingopgawes en is deel van SA-boedels.

* R10 miljoen beleggingstoelaag. Hier moet bewys kan word waar die geld verdien is en word ’n bietjie meer indringende vrae gevra. Die proses neem ook so ’n bietjie langer - tot en met drie tot vier weke - voordat toestemming gegee word.

Dis egter belangrik om te onthou dat albei hierdie toelaes per kalenderjaar gegun word. Dit kan ook nie oorgedra word van die een jaar na die ander nie.

Baie sê prontuit dat, afgesien van hul woonhuis en pensioen, alle diskresionêre geld in die buiteland geplaas word.

Dus, indien beleggers hierdie roete wil gebruik om geld in die buiteland te kry, moet dit voor die einde van die jaar geskied.

Daarby moet gevoeg word dat die mark vir die aankoop van valuta baie mededingend geword het. Die meeste mense gebruik nog steeds amper outomaties hul plaaslike bank vir die aankoop van valuta. Ander koop ook valuta by agente wat bedrieglik verklaar dat daar “geen fooie” is nie. Dis beslis nie waar nie.

Daar is altyd ’n fooi tussen enige twee geldeenhede wat verhandel word, maar deur gebruik te maak van Brenthurst se valuta-lisensie kan kopers van valuta die beste prys beding.

Ná die aankoop van die buitelandse valuta word die geld wêreldwyd ingestuur na een van verskeie internasionale platforms, waar die geld geplaas word in ’n wêreldwye portefeulje. Dit sluit in platforms soos Momentum Wealth International, Ninety One en ook Glacier en Old Mutual.

“Meer en meer mense beskou hul buitelandse beleggings nou as die vernaamste bate onder hul beheer. Baie sê prontuit dat, afgesien van hul woonhuis en pensioen, alle diskresionêre geld in die buiteland geplaas word. Die afgelope tien jaar was dit ’n baie goeie beleid om te volg, en het beleggers waarlik voordeel getrek. Met verlede week se verdere afgradering deur Moody’s en Fitch tot nog dieper in rommelstatus in, is dit onwaarskynlik dat hierdie situasie vinnig sal omdraai,” sê Butchart.

* LEES OOK: Só red jy jou aftrede

* LEES OOK: Buitelandse beleggings antwoord op sukkelende ekonomie

Mauritius-eiendomme

Daar is groot belangstelling in beleggings in eiendom in die buiteland. Mauritius is ’n gewilde keuse, vir ’n verskeidenheid redes, maar veral omdat die reis tussen Suid-Afrika en die eiland kort is en mense met plaaslike bande gerieflik tussen die twee lande kan reis.

Vir dié rede het Brenthurst ook ’n eiendomsdiens by sy diensaanbieding vir Mauritius gevoeg. “Die eiendomsdiens is gewild en ons is baie bedrywig met die bemarking van eiendomme aan Suid-Afrikaners. Een so ’n skema wat tans bemark word, is Cap Tamarin in die weste van die eiland.

Voornemende kopers kan eenhede hier bekom deur middel van ’n deposito van 5% (ten einde die eenheid te verseker) wat ten volle vergoed sal word indien die koper nie gelukkig is daarmee nie wanneer die eiland weer besoek kan word. Hopelik sal dit in Maart aanstaande jaar wees.

Indien kopers egter gelukkig is, sal hulle vliegtuigkaartjies terugbetaal word. Boonop sal hulle kwalifiseer vir twee gratis nagte by die La Balise-ontwikkeling by Black River. Hierdie aanbod is slegs beskikbaar deur Brenthurst Wealth.

Brenthurst Wealth sal vroeg in 2021 ’n webinaar oor alle aspekte rakende beleggings in Mauritius en ook nuwe visumtoegewings aanbied.

  • Navrae oor die spesiale aanbieding vir mense wat belang stel in eiendomme, kan gerig word aan Gavin Butchart by GavinB@brenthwealth.mu.
  • Vir navrae oor die aankoop van valuta en die oopmaak van bankrekeninge in Mauritius, kontak Yolande Butchart deur vir haar e-pos te stuur na YButchart@brentwealth.mu.
  • Vir meer inligting oor Brenthurst Wealth en die dienste wat hulle lewer, besoek gerus www.bwm.co.za
  • LEES OOK: Brenthurst weer beste in SA
besig om te laai... Regstreeks
Knights 0
Titans 314/3
besig om te laai... Regstreeks
Western Province 306/6
Lions 0
besig om te laai... Regstreeks
Boland 310/2
North West 0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 0
Warriors 343/6
besig om te laai... Regstreeks
Mpumalanga 224/10
Easterns 62/3
besig om te laai... Regstreeks
Limpopo 227/10
South Western Districts 2/1
besig om te laai... Regstreeks
Border 86/10
Northern Cape 179/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.49
-1.0%
Rand - Pond
20.72
-0.3%
Rand - Euro
17.26
-0.1%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,795.03
-1.3%
Silwer
22.70
-3.5%
Palladium
2,374.00
+1.7%
Platinum
1,024.00
-1.0%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
67,070
-0.4%
Alle aandele
73,504
-0.4%
Hulpbronne 10
75,094
-0.2%
Industriële 25
90,477
-1.1%
Finansiële 15
15,064
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos