Plesier langs die see op dié staproete

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die tyd is reg vir Suid-Afrikaners om weer tasse en stewels te pak en uit hul winterslaap te ontwaak. Belinda Jackson het met ’n 70-plusser gesels oor haar onlangse avontuur aan die Suidkus.


Skouspelagtige rotsformasies begroet jou op die Alikreukel-staproete in die Suid-Kaap.

Op Stellenbosch is daar ’n musiekonderwyseres wat nie net met musieknote toor nie, sy toor ook met haar voete.’n Goeie noord van 70, skrik Mientie Holtzhausen en haar man, dr. Koos Holtzhausen (81), afgetrede dosent in elektriese ingenieurswese by Universiteit Stellenbosch (US), beslis nie vir ’n bietjie avontuur nie.

Mientie en dr. Koos Holtzhausen op ’n staptog in Griekeland.

As sy nie klavierleerlinge (van 7 tot 70!) help om die blues te verdryf nie, klim sy en Koos in hul voertuig en die avontuur begin.

“Om en by 2013, toe ons die sewentigerjare betree, het ek en Mientie ’n doelbewuste besluit geneem om, terwyl ons nog kan, dinge te doen. Ons het vantevore graag oorsee gereis, gewoonlik voor of ná die afloop van ’n konferensie. Ons is albei lede van die Stellenbosch-voetslaanklub en wou graag staptogte oorsee onderneem. So het ons verskeie staptoere in onder meer die Franse platteland, die Dolomiete, Mont Blanc, Noord-Wes Griekeland en die Griekse Eilande en Malta gaan ervaar. Wat ’n belewenis was dit nie!” vertel Koos.

Met die uitbreek van die pandemie het hul fokus binnelands gekeer en het hulle opnuut die prag van die Karoo herontdek, met die Uilhuis ’n hoogtepunt op van hul roetes daar.

Alikreukel-staproete langs die see

In April vanjaar kon Mientie haar broer, Riaan, ompraat om saam met haar Derek en Jacomi Odendaal se staptoer op die Alikreukel-roete langs Stilbaai se waters te gaan meemaak. Dié roete van 45 km duur vier dae en die koste sluit onder meer verblyf, alle etes en verversings (buiten alkoholiese drank), plaaslike vervoer en vele meer in (sien inligtingskassie).

Mientie Holtzhausen (links) het die veel jonger stappers gewys sy het nog baie woema!
’n Skool vrolike dolfyne het kom dagsê.

Op 78, as die oudste onder die 14 stappers, was Mientie omtrent die ster van die see op dié avontuur.

“Die Alikreukel is ’n wonderlike staproete langs die kus by Stilbaai, Blomboschfontein of Blombos (’n private gehuggie) en Jongensfontein (’n kusdorpie).

“Omdat die verblyf op Stilbaai skaars was gedurende die Paasvakansie het ons elke nag op Jongensfontein in twee strandhuise oornag,” vertel Mientie.

“Die eerste dag se stap van 17 km het om 10:00 by Blombos begin tot by Jongensfontein verby die indrukwekkende Blombosboog en -grot, met die oulikste plekname soos Skurwebaai, Pletsenbaai en Heuningbaai. Die seeuitsigte hier is asemrowend! Die oppervlak was nogal klipperig. Ek moes versigtig trap, maar dit was heeltemal gangbaar,” vertel sy.

’n Hoogtepunt op hierdie gedeelte van die roete was vir Mientie die skool dolfyne wat “Juffrou” en haar medestappers kom groet het!

Nog ’n hoogtepunt hierlangs is die erfenisterrein waar mense 70 000 jaar gelede in die steentydperk geleef het. “Daar is hope oorblyfsels van voedselreste van die grotbewoners soos alikreukelskulpe te sien.”

Teen vieruur die middag is die geselskap by Jongensfontein deur hul taxi opgelaai en na hul gehuurde strandhuis geneem vir Jacomi se smullekker aandgereg en soete nagrus.

Mientie (in die middel) saam met die groep stappers by die begingpunt.

Dag twee se afstand is 12 km en is ’n makliker stap van Jongensfontein na Stilbaai, verby die antieke klipvywers, waar die Khoi-Khoi meer as 2 000 jaar gelede visgevang het, sê Mientie. Dié gedeelte van die roete vat jou verby die prentjiemooi Skulpiesbaai met sy antieke visvangstrikke, Jongensgat-rots, Noordkapperpunt en selfs deur ’n melkhoutbos.

Op die derde dag is hulle per taxi na Stilbaai om eers ’n paar trekpleisters soos die Stilbaai-museum en die Blombosgrot-uitstalling te gaan besigtig.

“Hiervandaan stap jy of ry 4 km met vervoer tot by die Goukourivier vir die dag se lekker sports wat wag: kajakroei van 4 km vir ongeveer ’n uur en ’n half in ’n skilderagtige omgewing. Ai, dis so mooi daar! Ek kon darem byhou in die kajak wat ek saam met my broer moes deel, al het ons laaste by die wal aangekom. Agteros kom darem ook in die kraal,” vertel Mientie.

Aan die einde van die kajakvaart is hulle aan wal bederf met heerlike olyfproeë, vars olywe, olyfolie en suurvytjiekonfyt so reg uit die kontrei. Die eiesoortige produkte van die omgewing kan jy ook daar by die plaaswinkel aankoop.

Terug by die strandhuis (die taxi neem jou terug) het die braaivleis al op die kole gesis, maar dit was Jacomi se watertand alikreukel-voorgereg wat haar behoorlik inkatrol het.

“Daai smaak talm lank op jou tong, jong!” sê Mientie.

Die Preekstoel is ’n bekende baken op die Alikreukel-staproete. Foto’s: VERSKAF

Die vierde dag was ’n heerlike gemaklike 11 km se stap met laagwater, wat aan die ander kant van die Goukourivier by Stilbaai-Oos begin, verby die Preekstoel tot by Geelkrans en terug Stilbaai toe.

“Dié gedeelte van die Alikreukel-roete is skouspelagtig met halfversteende sandduine en rotse in allerhande formasies, antieke visvangstrikke, seesterre, seeskulpe en eindelose rustigheid,” sê Mientie.

Ná so ’n verfrissende lafenis was die liggaam herlaai en gereed vir haar volgende avontuur saam met Koos.

Jy’t my oortuig, Mientie!

Gaan probeer gerus op jou eie of sluit aan by ’n gesellige groep wat, soos Mientie sê “beslis elke sent werd is!”


LEES OOK:



GEBORG

Allesverloren Village

Allesverloren

Allesverloren Village, ’n nuwe miljardrandse multigenerasie-landgoed, bied vanaf 16 Oktober 2021 eenhede te koop in die eerste fase van ontwikkeling. Hierdie landgoed is gebou op 15 hektaar langs die ikoniese Allesverloren-wynlandgoed. Dit sal ’n nuwe standaard stel vir ’n aftreelandgoed wat ’n baie sosiale en luukse leefstyl ondersteun sodat sy gemeenskap floreer. Inwoners sal die beste kontemporêre leefstyl hier kan geniet met hotelagtige geriewe, ’n geïntegreerde gesondheidsprogram wat enig in sy soort is en uitstekende mediese en gesondheidsorgdienste op die perseel. Allesverloren Village is geleë teen die prentjiemooi landelike agtergrond van Riebeek-Wes in die Wes-Kaap.

Ellenrust-leefstyloord

Ellenrust

Ellenrust-leefstyloord bied aan mense bo 50 die geleentheid om die uniekheid van Stilbaai te ervaar tydens hul aftrede – vars seelug, veilige omgewing, talle staproetes in die nabygeleë natuurreservate, blouvlagstrande en vele meer. Ellenrust-leefstyloord word in drie fases ontwikkel. Tydens die eerste fase, waarmee daar reeds begin is, word 42 eietitel-erwe ontwikkel. Daar is sewe gesogte ontwerpe om van te kies, geprys vanaf R1 470 000. Die eerste gedeelte van die versorgingseenheid word reeds tydens die eerste fase gebou. Daarna volg die res van die 128 erwe, die klubhuis, ontspanningsaal en uitbreiding van die versorgingseenheid.

Vir meer inlgting besoek gerus www.ellenrust.co.za of kontak die bemarker, Petro de Jager, by 066 354 0183.

Vacuhealth

Man sad after arguing with his girlfriend in the b

Vacuhealth is die oplossing vir ereksieprobleme. Deur nie hulp vir erektiele disfunksie te soek nie, beskadig baie mans hul belangrikste verhouding. ’n Vakuumereksie-apparaat, soos die Vacurect, werk deurdat ’n vakuum in ’n silinder geskep word wat bloed na die are in die penis trek. Dit word beskou as ’n langtermynherstelproses. Vacurect is ook ’n trots Suid-Afrikaanse produk.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10 & 116/5
India A 276/10
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 345/9
West Indies 253/10 & 65/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.92
+0.0%
Rand - Pond
21.16
+0.1%
Rand - Euro
17.99
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.27
+0.2%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,773.88
+0.3%
Silwer
22.46
+0.3%
Palladium
1,814.26
+1.7%
Platinum
952.00
+1.2%
Brent-ruolie
69.67
+1.2%
Top-40
64,555
0.0%
Alle aandele
71,021
0.0%
Hulpbronne 10
67,557
0.0%
Industriële 25
93,673
0.0%
Finansiële 15
13,890
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos