Reeds meer as ’n kwarteeu betrokke

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Toe die 17-jarige Sobeth Bester op Vrydag 24 April 1981 haarself op die voorblad van Die Volksblad sien oor die skouer van ’n mede-passasier op ’n Bloemfonteinse munisipale bus, sou sy nooit kon raai dat sy daar en dan deel geword het van iets waarby sy eindelik altesaam 28 jaar betrokke sou wees nie.

Die twee organiseerders van die Matrikulant van die Jaar-kompetisie in 2019 saam met die seuns-finaliste. Van links is Dano Sadie, Linda Greyling van die UV wat al sowat 26 jaar by die kompetisie betrokke is, Pieter Hoogenboezem (wenner), Abdul Adam, Sobeth Jordaan, wat vanjaar na 28 jaar van betrokkenheid die laaste keer die kompetisie help organiseer, en Katlego Kere.

Sobeth, deesdae Jordaan, was in 1981, as ’n prefek aan die Hoërskool J.B.M. Hertzog in Bloemfontein, die eerste inskrywing vir Die Volksblad se splinternuwe Matrieknooi van die Jaar-kompetisie. Sy was ook een van die tien finaliste waaruit die eerste wenner, Irma van Aswegen van die Hoërskool Willem Pretorius in Heilbron, gekies is.

Eindelik was Sobeth, wat haar in 1988 as verslaggewer by Die Volksblad aangesluit het, vir meer as ’n kwarteeu by die kompetisie betrokke. As redaksionele skakelbeampte van Die Volksblad sedert 1998 is sy vanjaar nog saam met Linda Greyling van UV Studentewerwing een van die organiseerders van die kompetisie van die Universiteit van die Vrystaat, Netwerk24 en Volksblad.

Sy word dikwels beskou as ’n wandelende ensiklopedie oor die kompetisie en kan enige vraag oor die afgelope 40 jaar van die kompetisie beantwoord. Sobeth was immers daar toe die blonde Suzanne Mulder van Potchefstroom-Gimnasium in 1996 as die laaste Matrieknooi van die Jaar aangewys is. Die volgende jaar het dit die Matrikulant van die Jaar-kompetisie geword en kon seuns ook aan dié spogkompetisie deelneem.

Sobeth was by toe Rabeen Lutchman van die Hoërskool Dundee in KwaZulu/Natal in 2000 die eerste seun was wat die 20ste Matrikulant-kompetisie gewen het. Sy onthou nie net elke wenner nie, maar ook elke finalis. Loop sy iemand raak wat oor die jare ’n finalis was, is haar reaksie gewoonlik: “Hy/sy is ook een my kinders…”

Dié foto van ’n jong Sobeth Bester het in 1981 op die voorblad van Die Volksblad verskyn. “My ma was baie vies vir my omdat ek nie ’n rok aangetrek het vir die foto nie. Maar ek moes fiets ry om by die huis te kom waar die fotograaf my afgeneem het – ek het gedink dit is ’n goeie plan!” vertel Sobeth.
Só het Sobeth Bester op die voorblad van Die Volksblad verskyn as die eerste inskrywing van die eerste Matrieknooi van die Jaar-kompetisie in 1981.
besig om te laai... Regstreeks
Bangladesh 76/0
Sri Lanka 397/10
Rand - Dollar
16.21
-0.2%
Rand - Pond
19.86
-0.4%
Rand - Euro
16.86
-0.4%
Rand - Aus dollar
11.24
-0.5%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,814.48
+0.2%
Silwer
21.49
+1.8%
Palladium
1,986.00
+2.0%
Platinum
943.50
-0.2%
Brent-ruolie
111.22
+3.4%
Top-40
62,553
+0.9%
Alle aandele
69,263
+0.9%
Hulpbronne 10
72,034
+1.8%
Industriële 25
77,060
+0.0%
Finansiële 15
15,959
+1.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos