Swartland: Riebeekvallei bekoor met wyn en olywe

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die tweelingdorpies Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel lê knus teen die hange van Kasteelberg, ongeveer 20 km vanaf Malmesbury, in die hartjie van die Swartland.

Die Pulpit Rock-voetslaanroete op Kasteelberg bied asemrowende uitsigte oor die Riebeekvallei.

Die bekoring van die gebied lê in die pragtige omgewing en die persoonlike aandag wat besoekers by elke besoekpunt beleef. Kunsgalerye, dekor- en snuisterywinkels staan sy-aan-sy met gesellige restaurantjies wat jou uitnooi vir ’n lekker stoepkuier met ’n goeie bottel wyn uit die kontrei.

Weens die nuutste koronavirus-regulasies word wynproeë en -verkope nie tans toegelaat nie en restaurante is slegs oop vir wegneemetes. Die Swartland Wyn- en Olyfroete hoop egter om spoedig weer besoekers te kan ontvang.

Wyn en olywe te kies en te keur

Besoek Olive Boutique vir ’n olyfproe en koop sommer ook van die vele ander olyfprodukte. Derek van der Riet en Khanya Mbongo, toerismebeampte van Riebeekvallei besig om ’n olyfproe te doen.Foto: SWARTLAND TOERISME
In die omgewing is daar verskeie kunsgalerye waar jy foto-uitstallings soos hierdie by Pictorex kan sien. Foto: Johann Viljoen

Allesverloren se bekende shiraz en port-styl wyne is te proe by hul pragtige proelokaal in Riebeek-Wes. Die Malan-familie se historiese plaas het ook ’n familierestaurant, ’n onthaalsaal en buitelug bos-kapel. Pleasant Pheasant Restaurant is oop van Woensdae tot Sondae.

Net om die draai van Allesverloren is Marras-wyne hard aan die bou aan ’n splinternuwe proelokaal en intieme restaurantjie wat eersdaags sal oop wees vir die publiek. Tot dan kan privaat proeë per afspraak gereël word.

Pulpit Rock-wynkelder se 4 km- (retoer) voetslaanpad begin agter die proelokaal, kronkel deur bergfynbos tot bo-op die kruin van Kasteelberg en verras met asembenemende uitsigte. Voordat hulle die roete aandurf, moet stappers liefs by die proelokaal registreer. ’n Wynproe van hul wye reeks wyne word ook aangebied.

Die Riebeek Valley Wine Co Tasting Emporium in Riebeek-Kasteel se middedorp is ’n lekker kuierplek. Stapafstand van al die klein winkeltjies in Hoofstraat kan jy nie net die wyne van die kelder daar proe nie, maar ook aansit vir iets te ete.

Langsaan bedryf plaaslike wynkenner Anton Estpost die Wine Kollective, ’n spesialis-wynwinkel wat net wyne uit die Swartland verkoop. Hier kan skaars wyne bekom word van kelders wat weg van die hoofroetes in die streek geleë is. Kelders soos Porseleinberg, wat onlangs ’n 100-punt-toekenning van die bekende buitelandse wynjoernalis Tim Aitkin vir hul shiraz ontvang het, en Rall-wyne se wyne is hier te koop. Albei hierdie kelders is slegs oop per afspraak.

Wynmaker Wilhelm de Vries besig om ’n wynproe aan te bied by Allesverloren. Foto’s: SWARTLAND WYN- EN OLYFROETE

’n Olyf- en olyfolieproe by die Olive Boutique in Riebeek-Wes is ’n onvergeetlike ervaring. Dit is waar eienaars Derek en Susan hul kennis met ongeëwenaarde passie deel.

’n Hanetree van daar is die Het Vlock Casteel-winkel van die Vlok-familie waar die rakke swaar gelaai is met die lekkerste olyf- en ingelegde produkte en tuisgebak – die perfekte plek om jou spens se voorraad aan te vul. Vlock Casteel het ook ’n onthaalsaal, ideaal vir ’n romantiese troue.

Kloovenburg Wyn- en Olyflandgoed het twee nuwe toevoegings tot hul aanbieding, die familievriendelike Kringe in die Bos-restaurant langs die proelokaal en Eight Feet Village, ’n moderne koffiewinkel en restaurant geleë in Botmaskloofpas. Die uitsig van daar oor die Riebeekvallei nooi jou om vir ure daar te kuier. Olyf- en wynproeë kan steeds by die proelokaal geniet word. Die Kloovenburg Pastorie is ’n luukse gastehuis op die plaas.

Die plaas Roundstone op die Riebeeksrivierpad, aan die weste van Kasteelberg, is die tuiste van Mullineux Wyne. Dit is hier waar Chris en Andrea Mullineux hul passie vir wyn uitleef deur volhoubaar te boer met wingerde wat afwisselend met stroke fynbos aangeplant word. Die kragpaar geniet internasionale bekendheid in wynkringe en is ware ambassadeurs vir die Swartland. Besoeke aan die plaas is slegs per afspraak.

Kom kuier gerus hierdie winter in die Swartland en besoek die kelders en olyfprodusente op die Swartland Wyn- en Olyfroete. Skakel 022 487 1133 of besoek www.swartlandwineandolives. co.za vir meer inligting.

Geborg deur:

Besoek Riebeek Valley Wine Co vir heerlike proe-ervaring

Jy kan ’n Wine Blending-sessie by Riebeek Valley Wine Co Tasting Emporium in Riebeek Kasteel gaan geniet.Foto: VERSKAF

Geen besoek aan die Riebeekvallei is voltooi sonder ’n stop by die Riebeek Valley Wine Co Tasting Emporium in Shortstraat, Riebeek-Kasteel, nie.

Riebeek Valley Wine Co Tasting Emporium bied aan besoekers ’n uitgesoekte keuse van handgemaakte Swartlandwyne uit hul kern- en uitgesoekte reekse.

Gestig in 1941 deur familieboere van die Riebeekvallei, is Riebeek Valley Wine Co ’n familiebesigheid wat fokus op gehaltewyne met ’n sin van plek.

Jy sal ook plaaslike Riebeekvallei-olyfprodukte, vlytbier, jenewer en vele meer hier kry.

As die perfekte metgesel vir ’n glas wyn, kan jy jou eie kaas- en olyfbord bou met hul keuse van plaaslik vervaardigde kaas, olywe en kouevleise.

Op die eerste Sondag van elke maand word jy genooi om saam met hul wynmaker jou eie versnit te skep tydens die Wine Blending-sessie.

Byna al die wyne uit die kelder is versnitte Z sommige is van verskillende vate, wingerde of blokke van ’n enkelvariëteit, terwyl ander ’n mengsel van verskillende variëteite is.

Die kuns van ’n goeie versnit is om individuele dele te neem en die somtotaal beter as die individuele dele te maak.

Besoek Riebeek Valley Wine Co en ervaar ware Swartland-gasvryheid. Hulle is normaalweg oop Maandag tot Donderdag vanaf 09:00 tot 17:00, Vrydag van 10:00 tot 18:00, Saterdag van 10:00 tot 16:00 en Sondag vanaf 10:00 tot 15:00.

Besprekings is noodsaaklik. Stuur gerus e-pos na tastingroom@riebeekwineco.co.za om jou tafel te bespreek.

Smullekker geregte en koffie in Riebeekvallei

Besoek gerus Riebeekvallei se Beans about Coffee vir heerlike gehaltekoffie en The Barn vir watertandgeregte. Foto: VERSKAF

Buiten die ongelooflike mooi uitsig oor die Riebeekvallei, bied The Barn ook ’n smaaklike bistro-styl spyskaart en wynlys wat die Swartland-terroir ten toon stel.

Die spyskaart ontwikkel namate die seisoene verander om so slegs die heel beste seisoenale produkte in te sluit.

Smul hier aan tuisgemaakte, grofgemaalde biefburgers of dik steaks, lam- of hoendersosaties – alles oor ’n oopvlam vuur gebraai. Probeer gerus ook die stadige oondgebraaide lams­nek met wortelgroentes en dekadente kapokaartappels voorberei in hul vuurhert. Die fontein, grasperk en klimraam vir klein voetjies, tesame met ’n kinderspyskaart, sorg vir die perfekte, ontspanne restaurantervaring vir die hele gesin. Daar is ook ’n gewilde koffiewinkel in die dorp, Beans about Coffee, wat ’n verskeidenheid heerlike ontbyte, middagetes en ligte etes aanbied.

Etes word daagliks voorberei en die koeke en pasteitjies is vars en heerlik.

Die kersie op die koek is natuurlik die koffie, met ’n wye reeks keuses tot jou beskikking. Om perfeksie uit die beste bone te kry verg passie, kreatiwiteit en vasberadenheid. As koffiebranders, skep hulle besonderse koffiemengsels wat uitgesoek is vir rykheid en geur. Al die koffiemengsels word met die hand gebrand in klein brousels, wat dit gerieflik maak vir individuele sowel as korporatiewe kliënte om te geniet. By Beans About Coffee het hulle ’n obsessie om jou die perfekte aanbieding te gee in terme van gehalte, geur, varsheid en ondersteuning. Jy het ’n keuse van vooraf gemengde koffie of jy kan jou eie besonderse mengsel skep, wat jy herhaaldelik kan bestel om elke keer die perfekte konsekwentheid te verseker.

Beans About Coffee is normaalweg oop van Maandae tot Sondae en The Barn van

Woensdae tot Sondae. Sien asb COVID-19 ure.

Kontak The Barn telefonies of via Whats­App op 071 844 2726. Volg ook @thebarncafe.co.za op Facebook of @thebarnriebeek op Instagram.

Kontak ook Beans About Coffee by 022 448 1653 of besoek www.beansaboutcoffee.co.za.

Nuweplaas

Nuweplaas-padstal is 'n familiebesigheid geleë tussen Malmesbury en Riebeek-Kasteel in die Swartland.

Hulle bied iets vir almal en strewe om 'n paradys vir die hele gesin te skep. Hier kan jy eet, speel en aankope doen.

Besoek www.nuweplaas.co.za vir meer inligting of kontak hulle by 021 007 1330 of info@nuweplaas.co.za.

Rand - Dollar
17.26
-0.4%
Rand - Pond
21.37
-0.1%
Rand - Euro
18.77
-0.3%
Rand - Aus dollar
12.26
-0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.6%
Platinum
1,002.76
-3.4%
Palladium
1,669.75
+0.1%
Goud
1,924.29
-0.3%
Silwer
23.71
-0.9%
Brent-ruolie
87.47
+1.5%
Top-40
74,676
+0.3%
Alle aandele
80,702
+0.2%
Hulpbronne 10
78,428
+0.3%
Industriële 25
103,480
+0.3%
Finansiële 15
16,199
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos