Somervakansie: Ervaar die Boland met dié 2 uitstappies

akkreditasie

As jou vakansie nie vandag begin nie, is dit seker om die draai. Hierdie twee bestemmings is net die plek om dit te gaan vier.

Bellevue

’n Besoek aan die Bellevue-wynlandgoed in Stellenbosch is ’n móét vir hierdie feestyd.

Behalwe vir heerlike kos, bekroonde wyne en ’n ontspanne atmosfeer, bied hulle ook daagliks spesiale aanbiedinge van 26 Desember tot 8 Januarie.

Met spesiale aanbiedinge by Bellevue kan jy geld spaar hierdie vakansie én lekker eet en drink.Foto’: VERSKAF

Op 26 en 27 Desember en 1 Januarie kry jy 20% afslag op jou rekening.

Op 28 Desember, 2 en 6 Januarie koop jy ’n pizza en kry een gratis. Op 29 Desember, 3 en 7 Januarie kry jy ’n bottel sauvignon blanc gratis vir elke tafel van vier of meer volwassenes.

Op 30 Desember, 4 en 8 Januarie koop jy een burger en kry een gratis. Op 31 Desember en 5 Januarie kry jy gratis nagereg saam met elke hoofgereg (kinderspyskaart uitgesluit).

Langs Bottelaryweg wag hierdie bederf vir jou.

  • Skakel 021 865 2054 vir besprekings.

Le Bonheur

Le Bonheur Reptiles and Adventures in Simondium, tussen die Paarl en Franschhoek, vier hul betowerende someraande met toere van die krokodilpoele saans, hokduike snags tussen die krokodille, sonsak-pieknieks en etes op die terras.

Die sonsak-pieknieks by Le Bonheur is gepas vir ’n romantiese ervaring of saam met vriende en familie.

Kry ’n mengeldrankie en sluit aan by ’n krokodilpoeltoer terwyl die son sak. Hierdie toere van die buitepoele begin 18:30 op Vrydae en Saterdae en beloof om ’n fassinerende kykie te bied op die nagtelike gewoontes van ons top-roofdiere. Die nagtelike krokodil-hokduike bied aan avontuurlustiges die geleentheid om Afrika se grootste roofdier se jaggewoontes te ervaar.

Hierdie beperkte duike, wat vanaf middel Desember aangebied word, beloof om sowel ’n veilige as vreesaanjaende ervaring te wees wat jy nooit sal vergeet nie. Kombineer hierdie avonture met ’n romantiese sonsak-piekniek in die betowerende waterfront-tuin of bespreek ’n tafel in die opelugrestaurant wat met ’n nuwe spyskaart en wynlys spog.

  • Besoek www.lebonheuradventures.co.za of kontak info@lebonheuradventures.co.za, 021 863 1142 of 073 074 1004 (Whats­App).

Hierdie twee plasings is promosies deur die betrokke kliënte.

besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 297/10
India A 198/5
besig om te laai... Regstreeks
Sri Lanka 204/10 & 46/2
West Indies 253/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
16.04
-1.0%
Rand - Pond
21.28
-0.7%
Rand - Euro
18.15
-0.8%
Rand - Aus dollar
11.39
-0.6%
Rand - Jen
0.14
-1.3%
Goud
1,781.01
+0.3%
Silwer
22.26
-2.5%
Palladium
1,736.96
-0.3%
Platinum
935.00
-0.6%
Brent-ruolie
69.23
-5.5%
Top-40
64,786
+1.1%
Alle aandele
71,198
+1.0%
Hulpbronne 10
67,859
+0.9%
Industriële 25
93,997
+0.9%
Finansiële 15
13,880
+2.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos