Swartland: Malmesbury is skatkis van kos, wyn, kultuur en buitelug-pret

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Slegs 40 minute noord vanaf Kaapstad is die historiese sakedorp Malmesbury, die hartklop van die Swartland en tuiste van die Swartland Wyn- en Olyfroete, se hoofkantoor.

Die historiese sakesentrum en die wilde Paardeberg

Swartland
Swartland Wyn- en Olyfroete

Malmesbury het ’n baie ryk geskiedenis wat terugdateer na die vroeë 1700’s, toe die eerste vryburgerplase in die omgewing toegeken is. Vandag spog die dorp steeds met pragtige historiese geboue wat te sien is langs die Erfenisroete.

Die dorp is die poort na die res van die Swartland, ’n omgewing wat al hoe meer bekend raak vir sy wêreldklas-wyne, olywe, kuns en kultuur, asook buitelugaktiwiteite.

Verken die agter- en grondpaaie van die aangrensende Paardeberg en ontmoet die sout-van-die-aarde mense en bekroonde wyne wat hierdie streek so interessant maak. Sinoniem met ou, droëland bosstokwingerde wat geplant is in van die oudste granietverweerde grond in Suid-Afrika, is die mooie Paardeberg beslis ’n besoek werd.

Die meerderheid van hierdie wynkelders en plase kan slegs per afspraak besoek word en jy moet verkieslik vooraf reëlings tref.

Dit is wat jy alles in dié omgewing kan aanpak:

  • Hofstraat-wynkelder in Malmesbury is ’n garagiste-wynmakery wat al verskeie kere die Garagiste-wyn-kategorie van die bekende Michelangelo-wynkompe­tisie gewen het. Myrtledene, die tuiste van Hofstraat-kelder, het onlangs uitgebrei en sluit nou ook ’n restaurant in. Café Myrtledene is oop vir middag- en aandete van Woensdag tot Sondag.
  • ’n Besoek aan die ikoniese Swartland-wynkelder, net buite Malmesbury, is beslis die moeite werd. Hul verskeidenheid wyne bied iets vir elke smaak en hul heerlike kaasborde is beslis nie te versmaai nie. (Weens Covid-19 word die kaasborde tans nie bedien nie, maar sal hopelik eersdaags weer beskikbaar wees.)
  • Die historiese plaas Lammershoek, wat se grense eens op ’n tyd tot teenaan die Kasteelberg naby Riebeek-Kasteel gestrek het, bied deesdae een keer ’n maand ’n braai-en-wyn-opedag aan waartydens smulpape hulle kan verlustig aan ’n heerlike spitbraai onder die koeltebome, met uitsigte wat tot op die horison strek.
  • Die Paardeberg is ook die tuiste van The Sadie Family Wines, wat wêreldwyd erkenning geniet as een van Suid-Afrika se topwynprodusente. Dit is hier waar Eben Sadie sy filosofie om vir die toekoms te boer uitleef, deur te eksperimenteer met die aanplant van onder meer kultivars soos alicante bouschet en garnacha tintorera.
  • Babylon’s Peak-privaatkelder, verder af in die Aprilskloof, is waar die Basson-familie al vir vier generasies hul merk maak. Hier word daar nie net met wyndruiwe geboer en wyn gemaak nie, maar ’n volwaardig gesertifiseerde Vititec-wingerdstokkwekery word ook bedryf. Dit verseker natuurlik dat hierdie boerdery altyd aan die voorpunt van innovering bly.
  • Indien jy in die bui is vir lekker kuier, kan ’n ontspanne middagete op Kalmoesfontein, waar Adi Badenhorst van AA Badenhorst Family Wines sy wyne, meskal en eg Kaapse vermoet maak, net die regte plek wees. Bespreek vooraf en geniet die varsgebakte brood en onpretensieuse geregte uit Kalmoesfontein se kombuis saam met die kelderpersoneel. Eiesoortige selfsorgwooneenhede, tot in die fynste besonderhede toegerus, nooi jou om sommer lank te kuier en die plaaslewe te geniet. Kalmoesfontein se plaashuis is ook perfek vir die hou van intieme troues en feesvieringe.
  • David en Nadia Sadie, die egpaar agter David & Nadia-wyne, werk sy-aan-sy op die plaas Paardebosch waar hul wyne gemaak word. Nadia fokus hoofsaaklik op die versorging van die grond, terwyl David omsien na die wingerd en die produksieproses. Hoewel die David & Nadia-handelsmerk meestal op ou wingerde fokus, is hulle hard aan die werk om nuwe wingerde te vestig wat in die streek aard.
  • Nog ’n historiese plaas in die omgewing is Leeuwenkuil Family Vineyards wat op die grens tussen die Swartland- en die Paarl Wyn van Oorsprong-gebiede geleë is. Die nuwe, moderne kelder is enige wynmaker se droom en beskik oor geriewe wat vermorsing in die produksieproses tot die minimum beperk.
  • Fynbos Estate, bekend vir sy veganistiese wyne en olyfolie wat onder die Dragonridge-etiket verkoop word, spog met volledig toegeruste selfsorgeenhede asook geriewe vir die aanbied van werksessies en intieme troues. Die plaas grens aan die Simon-Simons-natuurreservaat, ’n voëlkykparadys met staproetes wat deur fynbos kronkel en die belofte inhou van asembenemende uitsigte wat vir kilometers ver strek.
  • Wightman & Sons, Intellego, FRAM en City on a Hill is kleiner produsente in die omgewing wat spesialiseer in die maak van natuurlik-gegiste wyne wat met die minimum inmenging in die wynmaakproses gemaak word. Hierdie wynmaakgier is besig om al hoe meer veld te wen en het ’n byna kultusstatus en aanhang. 

An outdoor exploration of some of the adventure op
Kom smul aan heerlike eetgoed en proe lekker wyn in die Swartland-omgewing.
Ander besienswaardighede in die onmiddellike omgewing

  • Langs-die-Bos-mark vind elke Saterdag in die Voortrekkersaal in die dorp plaas.
  • Malmesbury-museum is oop Maandag tot Vrydag van 09:00 tot 13:00.
  • Malmesbury-gholfklub se negeputjiebaan.
  • Valskermspring saam met Mother City Skydiving.
  • First Fridays – sommige van die wynprodusente wat gewoonlik slegs per afspraak oop is, bied gedurende die eerste naweek van die maand spesiale wynproeë aan as deel van die First Fridays-veldtog.
An outdoor exploration of some of the adventure op
Jurgen Gouws van Intellego-wyne, een van die kleiner produsente in die omgewing, besig om ’n wynproe aan te bied.
An outdoor exploration of some of the adventure op
Kom stap in die Simon-Simons-natuurreservaat, ’n voëlkykparadys met staproetes wat deur fynbos kronkel. Foto: Jacques Marais

Vir meer inligting oor alles in hierdie omgewing, besoek Swartland Wyn- en Olyfroete se webblad by www.swartlandwineandolives.co.za.

Skakel gerus ook 022 487 1133 met navrae oor hierdie besonderse wynstreek en alles wat daar in die omgewing te sien en te doen is.

Geborg deur:

Babylon’s Peak op kruin van sukses

Babylon
Van agter links is Kobus Basson en Stephan Basson. Van voor links is Christiaan en Matthys Basson.

Die Basson-familie is al vir meer as ’n eeu die passievolle eienaars en rentmeesters van Babylon’s Peak in die Paardeberg-streek in die hartjie van die Swartland.

Huidige eienaar en stuurman, Stephan Basson, se oupagrootjie het die spog-eiendom in 1919 gekoop om ’n familie-boerdery te begin.

As vierde-generasie boer en wynmaker is  Stephan vandag trots daarop om aan die stuur te staan van ’n kelder wat jaarliks tot 400 000 bottels wyn produseer.

As vooruitstrewende boere het die Bassons die grootste hoeveelheid hektaar van enige agri-besigheid in die nuut-gestigte W.O. Paardeberg-wyk tot hul beskikking, wat die Babylon’s Peak-wynmaak-span in staat stel om uitgesoekte blokke en terreine te identifiseer waar daar pronk-druiwe groei om sodoende groter volumes bekostigbare, dog uiters spesiale wyne te berei.

Besoek gerus www.babylonspeak.co.za/shop om hierdie wyne aanlyn te bekom.

Besoek tuiste van Renosterbos-wyn

Hofstraat-kelder
Geniet heerlike Renosterbos-wyne by Hofstraat-kelder buite Malmesbury.

Hofstraat-kelder is ’n klein, intieme kelder aan die buitewyke van Malmesbury.

Dit is op ’n pragtige kleinhoewe genaamd Myrtledene geleë en dus maklik bereikbaar.

Die kelder spesialiseer in rooiwyne met die oog op hoë gehalte in klein hoeveelhede.

Hofstraat-kelder is deel van die Swartland se wyn- en olyfroete. Hul druiwe kom meestal uit die Swartland-streek.

Omdat die kelder nie op ’n wynplaas is nie, koop hulle dus druiwe van plase in die omgewing aan.

Hul restaurant, Café Myrtledene, is oop vir middag- en aandetes.

Proe gerus van die Renosterbos-wyne terwyl jy daar is. Die kelder se leuse is: Liefde, lewe, geluk en goeie gesondheid?.?.?. Hier by die tuiste van Renosterbos-wyne geniet hulle hul wyn saam met hartsvriende en lewenslustige mense met ’n liefde vir wyn en kosmaak.

Proeë word slegs op bespreking aangebied. Bel gerus vir Wim Smit by 083 270 2352 om ’n afspraak te maak.

Goeie kos en wyn by Cherry Lane

Cherry Lane
Cherry Lane Bistro & Deli bied heerlike geregte in die hartjie van Malmesbury.

In die hartjie van die Swartland, tussen die graanlande  en olyfboorde, lê die sjarmante Cherry Lane bistro en deli in die middel van Malmesbury.

Hierdie besonderse eetplek is die dorp se oudste bistro.

Dit is die ideale plek vir stomende plaassop met vars, tuisgebakte brood of lamskenkel wat bedien word met parmesaankapokaartappel. Of dalk sal jy ’n rit na die verlede geniet met ’n “tee vir twee” in fyn porselein en silwer uit die ou dae, tesame met smullekker soetgoed uit ouma se kombuis.

Die deli is ’n hawe vir enige kosliefhebber, waar plaaslike varsprodukte aangeskaf word en te verseker dat daar vars lekkernye is vir die naweek.

Of jy in die bui is vir ’n vinnige kafeïen-inspuiting, agteroor wil sit voor die kaggel of net die water in die fontein wil sien dans, die keuse is joune!

Cherry Lane Bistro & Deli is Maandag tot Vrydag vanaf 07:00 tot 17:00 en Saterdag vanaf 08:00 tot 14:00 oop.

Vir meer inligting skakel 022 482 2877 of stuur e-pos na info@cherrylaneontop.co.za of hul Facebook-blad (Cherry Lane).

besig om te laai... Regstreeks
Pretoria Capitals 16/0
MI Cape Town 159/10
besig om te laai... Regstreeks
Zimbabwe 0
West Indies 112/0
besig om te laai... Regstreeks
Marumo Gallants FC 0
Sekhukhune United FC 0
besig om te laai... Regstreeks
Newcastle United 1
West Ham United 0
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
0.0%
Palladium
1,623.95
0.0%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos