
Veganisme is toe veel meer voordelig as wat jy gedink het en nou wil jy die heeltyd ’n plantgebaseerde dieet volhou. Jy het besluit om ’n volwaardige veganis te wees. Hoe maak jy nou?
“ ’n Veganistiese dieet moet deeglik beplan word om te verseker dat geen voedingstoftekorte ontstaan nie,” sê Claudine Ryan, ’n geregistreerde dieetkundige van Gqeberha. “ ’n Plantgebaseerde dieet kan maklik te min proteïene, vitamien B12, kalsium en yster bevat. Aanvullings of verrykte veganistiese voedselprodukte word dikwels benodig. Dit is belangrik om voedseletikette te verstaan sodat jy ’n produk se geskiktheid kan nagaan. Jy sal moet leer waarna jy op ’n etiket moet kyk.”
Voordele wat jy ná ’n maand sal sien en beleef
Ryan sê omdat ’n veganistiese dieet minder sout bevat, kan dit waterretensie en hipertensie verbeter indien jy daarmee sukkel.
“Dit verminder ook bloedcholesterolvlakke drasties omdat ’n veganistiese dieet baie min versadigde vette bevat. Die mikroflora in jou derm sal gesonder wees, wat jou spysvertering en algemene gesondheid sal bevorder. Indien jy inflammatoriese toestande soos artritis het, sal dit aansienlik verbeter omdat ’n veganistiese dieet anti-inflammatories van aard is. Jy sal dus byvoorbeeld minder gewrigspyn ervaar.”
Nog ’n voordeel van ’n plantgebaseerde dieet is dat dit baie anti-oksidante bevat en daarom sal jou veganistiese dieet jou kankerrisiko verlaag, sê Ryan. “ ’n Gebalanseerde veganistiese dieet kan jou ook laat gewig verloor omdat dit baie minder vet bevat en omdat die hoë veselinname jou eetlus kan verminder.”
Maaltyd-idees vir voltydse veganiste
Ryan sê jy moenie moed verloor wanneer jy nie aan idees kan dink vir jou volgende maaltyd nie. Daar is hope webtuistes waarop jy resepte kan kry en soveel geriefskosse om van te kies by Checkers.
Indien jy egter ’n paar idees soek om die dinkwerk uit jou eerste weke as volwaardige veganis te haal, kies gerus uit die volgende voorstelle van Ryan.
Ontbyt:
• Veganistiese ontbytgrane met Simple Truth-nie-suiwelmelk en sojajogurt
• Hawermoutpap met Simple Truth-grondboontjiebotter en piesang
• Vrugteslaai met sojajogurt en neute
• Roosterbrood met Simple Truth-grondboontjiebotter
• Roosterbrood met margarien en Pot O’ Gold-gebakte bone in tamatiesous
• Roosterbrood met Deli-hoemoes
• Vrugteskommels met veganistiese proteïenpoeier, nie-suiwelmelk en nie-suiweljogurt
Middagete:
• The Bakery-tortilla gevul met slaai, avokado en Pot O’ Gold-kekerertjies
• Lensieslaai
• Bakkie met Meksikaanse bone, bruinrys, salsa en avokado
• Veganistiese soesji met boontjiemelk (bean curd)
• Botterskorsie en quinoaslaai met Simple Truth-tofoe
• Toebroodjie met avokado en Deli-hoemoes
• Sojaburger
• Pastaslaai met geroosterde groente en Pot O’ Gold-swartbone
• Ryskoekies met Deli-hoemoes, tamatie en komkommer
• Botterskorsiesop met ciabatta-brood
Aandete:
• Indiese bonekerrie met bruinrys en groente
• Lensiebolognaise met pasta en ’n groenslaai
• Appel-en-kekerertjie-kerrie met basmatirys en geroosterde groente
• Groentelasagne met voedingsgis
• Lensie-en-aartappelbredie
• Groenteroerbraai met Simple Truth-tofoe
• Veganistiese brijani met sojamaalvleis en lensies
• Lensie-en-soetpatat-herderspastei
• Groentekorma met Pot O’ Gold-kekerertjies
• Sojaschnitzel met oondgebakte baba-aartappels en groente
• Thaise kekerertjie-en-groente-kerrie met Simple Truth- veganistiese-sampioen-noedels
Ryan stel voor jy doen navorsing oor restaurante voordat jy gaan uiteet, om te verseker dat die spyskaart veganistiese geregte beskikbaar het. “Baie restaurante bied vegetariese opsies, maar dit is nie geskik vir ’n veganis nie.”
Wenke om jou nuwe leefstyl vol te hou
“Moenie tou opgooi as jy dit nie elke dag volmaak regkry nie,” sê Magda Pieters, geregistreerde dieetkundige in Bellville. “Fokus op elke ete wat jy dit wel regkry.
“Beplan jou eie groentetuin. Selfs groente in ’n houer is ’n goeie begin. Plant aartappels of patats in ’n ou emmer met ’n paar gaatjies onderin, en plant sommer tamaties, groenboontjies, ertjies en appelliefies in plantpotte. Plant ook kruie,” stel Pieters voor. “Voeg peulgewasse en neute by jou groente om te verseker al nege aminosure word ingeneem. Gebruik lekker geure. Leer watter kruie pas by watter groente. Eksperimenteer en maak notas oor wat lekker smaak.”
Sy stel voor jy belê in ’n versapper om heerlike gekleurde sappe en koue soppe in die somer te maak. “Hou boek van hoeveel jy bestee aan kruideniersware en vergelyk dit met wat dit voorheen was toe jy vleisprodukte gekoop het. Spaar die verskil ’n jaar lank en bederf jouself met ’n groentetuin of ’n groentebak en skadunette.”
Hierdie artikel is die laaste een in ’n reeks van vier artikels oor ’n plantgebaseerde dieet. Indien jy die eerste drie artikels misgeloop het en dalk dié dieet wil probeer of meer wil uitvind, sien hieronder die eerste drie artikels in volgorde.
Hierdie artikel is geborg deur Checkers. Sou jy veganisme op die proef stel, probeer gerus Checkers se Simple Truth-reeks wat ’n verskeidenheid gesonder en veganistiese produkte insluit.