Die fietstoer word met trots aangebied deur De Villiers National Cycling, Drakenstein-munisipaliteit en Netwerk24. Jy kan kies of jy 105 km of 45 km wil trap.
“Die reaksie van die fietsrygemeenskap is oorweldigend en ons wil baie dankie sê vir die geweldige ondersteuning van die wedren,” sê Wynand de Villiers, wedrendirekteur.
Jaers wat wil inskryf, kan De Villiers National Cycling se webtuiste by www.devilliersnationalcycling.co.za besoek.