Is dit tyd om jou volwasse kinders uit die finansiële nes te skop?

akkreditasie
Met kostes wat deesdae dakhoogtes bereik het, is jong volwassenes nie meer so bevoorreg soos 20 jaar gelede nie. Raadpleeg gerus 'n adviseur om jou te help met besluitneming rondom jou finansies.

Anekdoties beleef ek in die onlangse verlede dat diegene wat op die punt staan om af te tree, of reeds afgetree het, ewe skielik ’n skerp styging in hul verlangde inkomste met aftrede beleef.

Maar waar kom hierdie skielike ekstra behoefte aan inkomste vandaan? Ons weet pryse en veral elektrisiteitstariewe het die afgelope jaar of twee skerp gestyg. Verder styg mediese uitgawes ook baie meer as die inflasiekoers – en dan is daar die kwessie van volwasse kinders.

Jong volwassenes sukkel om werk te kry of ’n werk wat hulle genoegsaam vergoed sodat hulle uit hul ouers se sakke kan kom. Deesdae bly hierdie jong volwassenes langer in hul ouerhuis as wat 20 jaar gelede die geval was. As hulle dit dalk wel kan bekostig om uit te trek, beteken dit nie dat hulle verantwoordelikheid vir alle uitgawes neem nie, veral nie as hul selfone en versekering nog op hul ouer se naam is nie.

Dawie Klopper
Dawie Klopper is ’n beleggingsekonoom en welvaartbestuurder by PSG Wealth Pretoria-Oos.

En al hierdie ekstra uitgawes kom op ’n tyd waarin baie mense, wat in die verlede hul spaargeld kon gebruik vir daardie ekstra hupstoot om vir ’n behoorlike oudag voorsiening te maak, nou swaar trek.

’n Suksesvolle nyweraar het baie jare gelede, net nadat die laaste van sy vier kinders klaar gestudeer het en 100% verantwoordelikheid vir hul eie finansiële behoeftes geneem het, tong in die kies vir my genoem dat “sy geld nou by sy ore uitloop”. Hy het skielik ekstra fondse tot sy beskikking gehad wat ons toe vir hom vir sy aftrede belê het.

Ongelukkig lyk dit nie vir my of baie mense hulle deesdae in so ’n gunstige finansiële posisie bevind nie. Inteendeel, die meeste mense sukkel om kop bo water te hou. En die vraag is dan wat gedoen kan word om die situasie te verbeter.

Hier is ’n paar idees om beheer te neem van jou finansies:

• Skryf al jou uitgawes op en maak seker dat jy nie fondse op onnodige uitgawes vermors nie.

• Stel ’n begroting op. Baie mense leef nog van oomblik tot oomblik en het tot dusver nie nodig gehad om by ’n begroting te hou nie.

• Probeer om jou uitgawes te beperk. Hersien jou versekering, skakel oor na ’n meer bekostigbare televisiepakket, vergelyk jou bank se dienskoste met dié van ander banke. Daar is heelwat wat jy kan doen om jou uitgawes te beperk.

• As dit hoegenaamd moontlik is, skakel oor na ’n meer ekonomiese mediesefondsopsie.

• Wees eerlik met jouself en jou gesin oor jou finansiële posisie en watter opofferinge gemaak sal moet word om die begroting te laat klop.

• Stel ’n afsnydatum vas waarop jou kinders vir hul eie uitgawes moet begin verantwoordelikheid aanvaar.

• Laat jou kinders wat reeds suksesvolle loopbane het, toe om af en toe vir ’n ete te betaal. Hulle wil dit graag doen en dit sal hulle ook laat goed voel om iets terug te gee.

• Moenie die genot wat jou kinders daaruit put om self vir hulle iets te koop van hulle ontneem deur te veel vir hulle te gee nie.

• Werk langer indien dit moontlik is, of ondersoek die moontlikheid van ’n tweede loopbaan.

• Beplan betyds vir jou aftrede – begin reeds op ’n jong ouderdom. Dit raak nie makliker om te spaar as jy ouer en meer welgesteld is nie omdat jou uitgawes ook proporsioneel meer word.

• Kry ’n professionele adviseur wat jy vertrou en wat jou met die beplanning van jou beleggings kan bystaan.

* Dawie Klopper is ’n beleggingsekonoom en welvaartbestuurder by PSG Wealth Pretoria-Oos. Tree met hulle in verbinding by 086 177 4000.

besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos