Jou Keuse: Die Burger-lesers het gestem; kyk wie het gewen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Burger se lesers het gestem vir hul gunsteling-ondernemings. Kyk wie het gewen!
Die Burger se lesers het gestem vir hul gunsteling-ondernemings. Kyk wie het gewen!

Dit is weer Die Burger se voorreg om Jou Keuse 2022 te publiseer en op dié manier ’n welverdiende kopknik te gee aan die ondernemings wat op dié lys gunstelinge verskyn.

Baie geluk aan iedereen.

Dit is welverdiend omdat julle voortgaan om, ten spyte van uiters moeilike handelsomstandighede, kliënte te bedien en jul ondernemings te bou.

Beurtkrag tref elkeen op verskillende wyses en knel ’n ekonomie wat reeds noustrop trek nog verder. Die stygende-rentekoers-siklus waarin ons is, gaan groei verder strem. Terselfdertyd beteken ’n hoë inflasiesyfer dat besteebare inkomste in huishoudings steeds krimp, en almal weet hoe brandstofpryse die beursie ruk.

Dít is alles gister bevestig deur ons minister van finansies, Enoch Godongwana, in sy ­mediumtermynbegroting.

Daar is wel ook goeie nuus: die ondernemings wat vandag vereer word en jul wil om nie net te oorleef nie, maar van krag tot krag te gaan. Dit is ’n bydrae tot ’n gedeelde nasionale belang.

Juis in omstandighede soos dié moet ondernemings wat verbete bly veg om die aandag van hul mark - en in die proses ook ’n belangrike bydrae tot ekonomiese groei lewer – aangeprys en aangemoedig word. Dit word bepaald nie naastenby genoeg gedoen nie.

Dié peiling onder Die Burger se lesers oor hul gunsteling­ondernemings­ gee nie voor om ’n wetenskaplike studie te wees nie. Tog is dit ’n interessante “kiekie” van die handelsmerke wat op ’n bepaalde oomblik ons lesers se aandag trek.

Willem Jordaan
Willem Jordaan is redakteur van Die Burger.

Met die ekonomie wat druk, is baie verbruikers genoodsaak om die gordel stywer te trek. In sulke omstandighede word die lat waaroor sakelui moet seil om kommersieel te slaag, al hoër gestel. Des te meer dan ’n pluimpie om deur ons lesers raakgesien en uitgesonder te word! Suksesvolle sakelui weet immers dat dit juis in die moeilike tye is dat jy jou markaandeel moet uitbrei.

Hierdie bylae is om verskeie ander redes ook ’n belangrike projek.

Die Burger se lesers en die Afrikaanse mark bly steeds ’n baie vername teikengroep vir ondernemings en as sulks is die koerant ’n belangrike vennoot om dié groep te bereik.

Uiteraard is reklame ’n belangrike instrument om lesers se aandag te trek, maar dit speel ook ’n breër rol in die ekosisteem van die koerant. Die inkomste wat daaruit voortvloei, maak die bedryf van goeie joernalistiek moontlik. Dit maak dit vir ons moontlik om ’n regering verantwoordbaar te hou as ons dink hulle maak droog op ekonomiese gebied.

Dit gee ons ’n stem om te kan sê ons dink ondernemings verdien ’n omgewing waarin dit veel makliker is om sake te doen. Die geskiedenis het bewys dit help.

En ofskoon mense in die eerste plek dalk die koerant koop vir die nuus, vermaak en sport daarin, is die reklame daarin ook onteenseglik deel van die algehele inligtingsaanbod van die publikasie. Ondernemings wat deur ’n kombinasie van gehalte-produkte, goeie diens en slim advertensieboodskappe daaroor ons lesers se aandag trek, is ’n bate vir die koerant, bo en behalwe die finansiële voordeel wat die koerant trek uit vertoonadvertensies.

Kortom: Hoe nuttiger die onderneming, hoe nuttiger is hul advertensies en hoe meer relevant is die koerant. Advertensies in hierdie koerante moet immers nie net munt slaan uit die geleenthede wat in die Afrikaanse nismark geskep word nie, hulle moet ook waarde toevoeg tot die bestaande redaksionele inhoud.

En bowendien is dit vir Die Burger ’n hartsaak om sy lesers in Afrikaans te kan bereik en dié mooi taal ook tot beskikking van adverteerders te stel om met dié mark te praat.

Die waarde van moedertaal­reklame word internasionaal erken, maar soms sien jy plaaslik ondeurdagte voorkeur vir Engels “omdat die meeste mense Engels verstaan”. Slim adverteerders weet egter jou produk of diens kry soveel meer aandag as jy in ’n moedertaal tot die hart van ’n mediaverbruiker spreek.

Baie geluk, nogmaals! Ek wens u alle sukses en voorspoed toe.

Lesers wat gewen het nadat hulle gestem het
In die jongste Jou Keuse-peiling kon lesers van Die Burger oudergewoonte hul stem aanlyn uitbring vir hul gunsteling-sakeondernemings.
’n Gelukstrekking is gehou om deelnemende lesers te beloon vir hul tyd.
Die volgende lesers het elk kontantpryse gewen:
. Eerste prys: Philippus Immelman van Vermont het R10 000 gewen.
. Tweede prys: Roelie Steyn van Riviersonderend het R3 500 gewen.
. Derde prys: Mike Kuhn van Stellenbosch het R2 000 gewen.
. Ander pryse: Suretha Rossouw van die Paarl, Zehnda Wessels van Vishoek, Barend van der Merwe van Brackenfell, Riana Lourens van Somerset-Wes, Wion Brooks van Bredasdorp, Bouwer Schoonwinkel van Brackenfell en John McGregor van Malmesbury het elk R600 gewen.
Dié gelukkige wenners is reeds telefonies in kennis gestel en sal eersdaags hul kontantpryse ontvang.

HIER IS DIE WENNERS!

A

AANLYN VERBLYF                         

  1. LEKKESLAAP
  2. BOOKING.COM
  3. AIRBNB

APTEEK              

  1. DISCHEM
  2. CLICKS
  3. ESSENTIAL HEALTH

AANLYN AANKOPE                       

  1. TAKEALOT
  2. CHECKERS 60SIXTY
  3. AMAZON | PICK N PAY

AANLYN ETES                  

  1. MR D
  2. UBER EATS
  3. DEBONAIRS

AFSLAERS/VEILINGS                     

  1. MICHAEL JAMES
  2. BIDORBUY
  3. AUCOR

AFTREEOORD                 

  1. KLARADYN
  2. HELDERBERG VILLAGE
  3. OTHELLO


B

BED- EN MATRASWINKEL                          

  1. TAFELBERG
  2. DIAL-A-BED
  3. THE BED CENTRE

BEGRAFNISDIENSTE                     

  1. AVBOB
  2. DOVES
  3. MARTIN'S

BLOEMISTE                     

  1. NETFLORIST
  2. WOOLWORTHS
  3. BUNCHES FOR AFRICA


D

DAGHOSPITAAL              

  1. MEDICLINIC DURBANVILLE-DAGHOSPITAAL
  2. CURE DAY HOSPITALS
  3. MEDICLINIC CAPE GATE-DAGHOSPITAAL

DRANKWINKEL               

  1. TOPS AT SPAR
  2. CHECKERS LIQUOR
  3. PICK N PAY LIQUOR


E

EIENDOM - VERHURING              

  1. SEEFF PROPERTIES
  2. RAWSON PROPERTIES
  3. PAM GOLDING PROPERTIES

EIENDOM - VERKOPE                   

  1. SEEFF PROPERTIES |  PAM GOLDING PROPERTIES
  2. RAWSON PROPERTIES
  3. REMAX

EIENDOM - ONTWIKKELAAR                     

  1. VAL DE VIE
  2. PAM GOLDING PROPERTIES |  SEEFF PROPERTIES
  3. ZEVENWACHT

EIENDOM - VERBANDBEMIDDELAARS                  

  1. ABSA
  2. BETTERBOND
  3. OOBA |  SA HOME LOANS


G

GESINSVAKANSIEOORD              

  1. ATKV-HARTENBOS
  2. ATKV-GOUDINI
  3. CLUB MYKONOS

GIMNASIUM                   

  1. VIRGIN ACTIVE
  2. PLANET FITNESS
  3. ZONE FITNESS


H

HOËRSKOOL                    

  1. DF MALAN
  2. DURBANVILLE
  3. STELLENBERG

HOSPITAAL                      

  1. MEDICLINIC DURBANVILLE
  2. MEDICLINIC VERGELEGEN
  3. MEDICLINIC PANORAMA


K

KAGGELS                          

  1. JETMASTER
  2. MEGAMASTER
  3. BUILDERS WAREHOUSE | HOME FIRES

KAMPEERSLEEPWA                      

  1. JURGENS
  2. GYPSEY
  3. BUSH LAPA

KASINO              

  1. GRANDWEST
  2. CALEDON
  3. MYKONOS

KLEREWINKELS               

  1. WOOLWORTHS
  2. MILADYS
  3. MR PRICE

KLEUTERSKOOL              

  1. PIKKIE PARADYS
  2. KARLIEN EN KANDAS STELLENBOSCH
  3. BABBEL EN KRABBEL HERMANUS

KOERIERDIENS                

  1. THE COURIER GUY
  2. DHL
  3. POSTNET

KOLLEGE                          

  1. BOLAND KOLLEGE
  2. NORTHLINK KOLLEGE
  3. HUGENOTE KOLLEGE

KUNSGALERY                  

  1. STRAUSS & CO
  2. RUST-EN-VREDE-KUNSGALERY
  3. SOTHEBY'S

KWEKERY                         

  1. STODELS
  2. CAPE GARDEN CENTRE
  3. SWANS KWEKERY HARTENBOS |  WALKER BAY KWEKERY HERMANUS


L

LAERSKOOL                     

  1. DURBANVILLE
  2. GENE LOUW |  STELLENBOSCH
  3. EIKESTAD


M

MEDIESE FONDS                           

  1. DISCOVERY
  2. GEMS
  3. BONITAS

MOTORS - BANDEVERSKAFFER                

  1. TIGER WHEEL & TYRE
  2. HI-Q
  3. SUPA QUICK

MOTORS - 4X4-TOEBEHORE                     

  1. 4X4 MEGA WORLD
  2. SAFARI CENTRE
  3. TOYOTA

MOTORDIENSTE                           

  1. TOYOTA
  2. VOLKSWAGEN |  HYUNDAI
  3. FORD | HONDA

MOTORFABRIKAAT                      

  1. TOYOTA
  2. VOLKSWAGEN
  3. MERCEDES-BENZ

MOTORFIETSFABRIKAAT                           

  1. BMW
  2. HONDA
  3. SUZUKI

MOTORHANDELAAR - GEBRUIK               

  1. WE BUY CARS BRACKENFELL
  2. ROLA TOYOTA SOMERSET-WES
  3. WE BUY CARS KUILSRIVIER

MOTORHANDELAAR - NUUT                     

  1. ROLA TOYOTA SOMERSET-WES
  2. BARONS BELLVILLE
  3. MOTUS TOYOTA CAPE GATE

MOTORONDERDELE                    

  1. MIDAS
  2. GOEIE HOOP
  3. AUTOZONE

MUSEUMS                       

  1. IZIKO
  2. STELLENBOSCH-MUSEUM
  3. AFRIKAANSE TAALMUSEUM


O

OLYFOLIE - PLAASLIK                    

  1. WILLOW CREEK
  2. MORGENSTER
  3. B-WELL |  CLOVER OLIVE PRIDE

OOGKUNDIGE                 

  1. SPEC-SAVERS SOMERSET-WES
  2. SPEC-SAVERS TYGERVALLEI
  3. SPEC-SAVERS CAPE GATE |  MULLERS TYGERVALLEI


P

PANEELKLOPPERS                         

  1. DE JONGH'S | DURBANVILLE-PANEELKLOPPERS
  2. STASIE MOTORS
  3. EIKESTAD-PANEELKLOPPERS


R

RADIOLOGIE                   

  1. SCP RADIOLOGY
  2. WINELANDS RADIOLOGY
  3. MORTON & PARTNERS

REHABILITASIESENTRUM                          

  1. RAMOT
  2. SPESCARE
  3. HARMONY CLINIC

RESTAURANT - AANSIT-ETES                    

  1. SPUR
  2. HUSSAR GRILL
  3. CATTLE BARON

RESTAURANT -  WEGNEEMETES              

  1. KFC
  2. STEERS
  3. MCDONALD'S


S

SEKURITEIT                      

  1. ADT
  2. SJC
  3. VETUS SCHOLA

SELFOONNETWERKVERSKAFFERS                          

  1. VODACOM
  2. MTN
  3. CELL C

SLAGHUIS                        

  1. JOEY'S
  2. DIE VLEISWINKEL
  3. BOER & BUTCHER

SWEMBADDENS                           

  1. SUNDANCE POOLS
  2. PENGUIN POOLS
  3. PERFECT POOLS


T

TEATERS                          

  1. ARTSCAPE
  2. BAXTER
  3. DIE BOER

TANDARTS                       

  1. DENTALWISE
  2. INTERCARE |  DR. STANDER SOMERSET-WES
  3. MEDICROSS

TROETELDIERWINKEL                  

  1. PETWORLD
  2. ABSOLUTE PETS
  3. BRACKENFELL PETS | PANORAMA PETSHOP

TROETELDIERVERSEKERING                      

  1. DOTSURE
  2. MEDIPET
  3. OUTSURANCE

TROULOKAAL                  

  1. EENSGEZIND | D'ARIA
  2. ZEVENWACHT
  3. EUREKA

TUISVERPLEGING                         

  1. MEDWELL SA
  2. HOSPICE
  3. HELDERBERG PRIVATE NURSING HOME

TV-KANAAL                     

  1. KYKNET
  2. SUPERSPORT
  3. NETFLIX


U

UNIVERSITEIT                 

  1. UNIVERSITEIT STELLENBOSCH
  2. UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD
  3. UNIVERSITEIT VAN DIE WES-KAAPLAND


V

VEEARTS                          

  1. TAH
  2. BRACKENFELL-DIEREKLINIEK
  3. STELLENBOSCH-DIEREHOSPITAAL

VESELVERSKAFFERS                     

  1. VUMATEL
  2. TELKOM
  3. VOX

VUURWAPEN & AMMUNISIE                   

  1. SAFARI OUTDOOR
  2. WILDMAN HUNTING & OUTDOOR
  3. CAPE GUNS & AMMO


W

WILDRESERVAAT                          

  1. KRUGER-WILDTUIN
  2. ADDO-OLIFANTPARK
  3. AQUILA

WINKELSENTRUM                        

  1. TYGERVALLEI
  2. SOMERSET MALL
  3. CANAL WALK

WINKEL - BLOMME & GESKENKE                           

  1. WOOLWORTHS
  2. NETFLORIST
  3. BUNCHES FOR AFRICA

WINKEL - FIETSRY                         

  1. CHRIS WILLEMSE
  2. FLANDRIA
  3. CYCLO SPORT

WINKEL - HARDEWARE               

  1. BUILDERS
  2. BRIGHTS
  3. MICA

WINKEL - MEUBELS                      

  1. TAFELBERG
  2. KLOPPERS | LEWIS STORES
  3. HOUSE & HOME

WINKEL - SKOENE                         

  1. SHOE CITY
  2. TEKKIE TOWN
  3. WOOLWORTHS

WINKEL - SKRYFBEHOEFTES                      

  1. PNA
  2. WALTONS
  3. CNA

WINKEL - SPORT                           

  1. SPORTSMAN'S WAREHOUSE
  2. MR PRICE SPORT
  3. TOTALSPORTS

WINKEL - SUPERMARK                 

  1. CHECKERS
  2. SPAR
  3. PICK N PAY

WINKEL - VARSPRODUKTE                        

  1. FOOD LOVER'S MARKET
  2. WOOLWORTHS
  3. CHECKERS

WYN - BESTE WYNPLAASERVARING                      

  1. SPIER
  2. JAKKALSVLEI
  3. DE GRENDEL | VAN LOVEREN

WYN - BESTE RESTAURANT                       

  1. DE GRENDEL
  2. JAKKALSVLEI
  3. VERGELEGEN

WYN - KINDERVRIENDELIKE WYNLANDGOED                    

  1. SPIER
  2. SPICE ROUTE
  3. BLOEMENDAL

WYN - SUID-AFRIKAANSE WYN                 

  1. KWV
  2. VAN LOVEREN
  3. ROBERTSON WINERY

Rand - Dollar
17.21
-0.1%
Rand - Pond
21.32
+0.1%
Rand - Euro
18.70
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.24
-0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,016.00
+1.2%
Palladium
1,617.34
-3.0%
Goud
1,929.54
+0.0%
Silwer
23.58
-1.4%
Brent-ruolie
87.47
+1.5%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos