
Nooitgedacht Village is in ’n pragtige landelike omgewing, met asemrowende uitsigte op Stellenbosch se plaaslandskappe en die indrukwekkende Simonsberg, geleë. Of jy jou eerste of jou vir-altyd-huis soek, Nooitgedacht Village bied ’n reeks eietitel- en deeltitelwonings – van kontemporêre woonstelle tot luukse pasgemaakte huise – in ’n beveiligde leefruimte, met die wêreld op jou drumpel! Die perfekte plek om ’n Kaapse Wynland-leefstyl op sy beste te ervaar.
’n Nuwe hoofstuk
Op 13 September 2022 is ’n nuwe hoofstuk by die verhaal van Nooitgedacht Village ingelyf toe die Rémey Eiendomsgroep van Stellenbosch die grond en ontwikkelingsregte vir Nooitgedacht Village bekom het.
Dit is Rémey se visie om hierdie beveiligde multigenerasie-bestemming te koester en te ontwikkel deur die eiendomsaanbod te verbreed, die bestaande infrastruktuur te verbeter en leefstylgeriewe te ontwikkel wat waarde tot Nooitgedacht Village sal toevoeg. Die 25 ha-ontwikkeling is reeds die tuiste van 350 gesinne. Met die volgende ontwikkelingsfase sal nog 600 geleenthede beskikbaar gestel word vir voornemende kopers wat Nooitgedacht Village hul eerste of vir-altyd-tuiste wil maak, of in die ontwikkeling wil belê.
Leef die mooi lewe
Omdat Nooitgedacht Village uit verskillende buurte bestaan, sal jy hier ’n geskikte woning kan vind ongeag jou eiendomsbehoeftes. Die volgende opsies is direk van die ontwikkelaar te koop, wat beteken dat jy geen hereregte op die transaksie hoef te betaal nie.
Die Village Terrace bied ’n unieke ervaring binne ’n gevestigde en florerende buurt. Hier is nog net 13 (van die oorspronklike 69 eenhede) eietitel-drieslaapkamer-meenthuise beskikbaar, elkeen met ’n groot dubbelmotorhuis en privaat tuin. Die grootte van hierdie meenthuise wissel van 148 m² tot 183 m² met pryse wat by R3,295 miljoen begin. Teen Julie 2023 sal 10 van die eenhede gereed wees vir intrekkers.
Die Simonsberg Manor-buurt is reeds byna ten volle ontwikkel met slegs ses van die 20 eietitel-eiendomme wat nog beskikbaar is. Die buurt word deur wingerde begrens en bied nie net maklike toegang tot die dorpspark en -tuine nie, maar het ook asemrowende uitsigte in die rigting van Simonsberg. Die erwe, wat almal noordwes front, wissel van 252 m² tot 263 m² en kos R1,65 miljoen per erf. Vir hierdie erwe is daar ’n verskeidenheid huisplanne en boupakkette beskikbaar met huisgroottes wat van 196 m² tot 234 m² wissel en die 196 m²-huis wat by R4,4 miljoen begin. Jy kan ook saam met die projekargitek werk om die vloerplanne volgens jou spesifieke vereistes aan te pas.
Village Close, met sy luukse gesinshuise, is naby die pragtige ingang van Nooitgedacht Village geleë. Hier is slegs vyf groot eietitel-erwe (van die oorspronklike 20) op ’n plot-en-plan basis beskikbaar. Die erwe is tussen 375 m² en 539 m² groot en kos R1,75 miljoen per erf. ’n Groot verskeidenheid huisplanne met boupakkette, wat van 200 m² tot 342 m² groot is, is hier beskikbaar. ’n Huis van 245 m² se prys begin byvoorbeeld by R5,4 miljoen. Indien jy egter die bestaande planopsies wil aanpas, kan jy gerus met die projekargitek gesels.
Om ’n moeitelose ervaring te verseker, kan kopers vir Rémey as hul boukontrakteur aanstel. Rémey is daarvoor bekend dat hulle geboue van uitstaande gehalte lewer danksy hul noue samewerking met kliënte en professionele konsultante.
Die pad vorentoe
Vir 2023 beplan Rémey om die kommersiële ruimte waarin die Ruck & Maul-restaurant geleë was, te herontwikkel in ’n leefstylsentrum met ’n koffiewinkel, wynkroeg en deli, ’n volledig toegeruste binnenshuise gimnasium, kontemporêre kantore, ’n wassery en ’n kleuterskool met dagsorggeriewe. Rémey se vyf-jaar-meesterplan sluit die bou van ’n klubhuis, meer gesinshuise, meenthuise, woonstelle en ’n leefstylbuurt vir seniors in, wat van Nooitgedacht Village ’n ware leefstyldorpie met alles tot jou beskikking sal maak.
Jy is uitgenooi
Hierdie vooraanstaande leefstylbestemming bied die volgende voordele aan kopers en inwoners: ’n gevestigde dorpie met uitstekende bestuur, gevorderde beveiliging, elektriese omheining, veselkabelverbinding, dorpspark en -tuine van meer as 2,2 ha groot, en gratis toegang tot verskeie bergfiets- en staproetes op die aangrensende Nooitgedacht plaas.
Met Nooitgedacht Village se uitstekende ligging het jy ook maklike toegang tot Stellenbosch, die N1-snelweg, topklas- akademiese instellings, bekende wynlandgoedere, gholfbane, mediese sorg, veilige strande en ’n internasionale lughawe. Dit alles met die gemoedsrus dat Rémey se dienste as ontwikkelaar en boukontrakteur tot jou beskikking is.
Vir meer inligting oor Nooitgedacht Village en hoe jy deel kan word van hierdie suksesverhaal, bel gerus vir Dune Kahlau-Burger by 082 853 7938, Kem Westdyk by 083 406 3961, of Rita Garrod by 082 371 3616. Andersins, stuur e-pos na sales@nooitgedachtvillage.co.za, skakel 021 010 1654, of besoek Nooitgedacht Village se webtuiste by nooitgedachtvillage.co.za.
Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.