GEBORG | Kripto-arbitrage kan rande laat inrol

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Future Forex help kliënte om hul winste teen ’n minimale risiko te laat groei deur ’n proses bekend as digitale bate-arbitrage.Foto: iSTOCK
Future Forex help kliënte om hul winste teen ’n minimale risiko te laat groei deur ’n proses bekend as digitale bate-arbitrage.Foto: iSTOCK

Die Kaapstad-gebaseerde beleggingsmaatskappy Future Forex maak gebruik van ’n arbitrage-beleggingstrategie om van die allerbeste opbrengste relatief tot risiko in die Suid-Afrikaanse mark vir kliënte te verseker.

Future Forex, ’n gemagtigde finansiëlediensteverskaffer (51884) wat in valuta-omsetting spesialiseer, skat dat kliënte jaarliks tot R150 000 deur hul geoutomatiseerde laerisikobeleggingsproses kan verdien. Met die skryf van hierdie artikel, het Future Forex reeds meer as R2,7 miljard in verhandelings verwerk en ’n gemiddelde geannualiseerde wins van meer as 90% vir kliënte gegenereer. Die maatskappy spog verder ook met 100% kliëntewinsgewendheid.

Future Forex help kliënte om hul winste teen ’n minimale risiko te laat groei deur ’n proses bekend as digitale bate-arbitrage. In Suid-Afrika verhandel digitale bates soos Bitcoin tipies teen ’n premie van 2% tot 4%. Dit beteken dat, indien jy Bitcoin met ’n oorsese waarde van R100 000 op Suid-Afrikaanse beurse koop, dit jou ongeveer R103 000 uit die sak sal jaag. Future Forex slaan munt uit hierdie ondoeltreffendheid in die mark deur geld namens kliënte oorsee te stuur, die Bitcoin daar teen R100 000 aan te koop en dit dan teen R103 000 in Suid-Afrika te verhandel. Die kliënt maak dus ’n stewige wins deur die verskil in sy sak te steek.

Relatief tot ander beleggingsopsies waaruit Suid-Afrikaners kan kies, soos byvoorbeeld ’n 8%-rentedraende spaarrekening, belegging in die JSE of selfs die koop van dikwels wisselvallige Bitcoin, bied Future Forex se kripto-arbitrage jou bestendige winste wat stof in die oë van ander markte skop.

Die grafika hieronder vergelyk Future Forex-kliënte se kripto-arbitrage-winste sedert begin verlede jaar met ander beleggingsopsies. Met ’n aanvanklike belegging van R200 000 op 1 Januarie 2021, oortref Future Forex die ander by verre met ’n bestendige opwaartse kurwe.


Harry Scherzer, ’n gekwalifiseerde aktuaris en uitvoerende hoof van Future Forex, sê hulle het ’n ten volle verskanste handelstelsel ontwikkel wat verseker dat kliënte nie blootgestel word aan enige skommelinge in buitelandse valuta of digitale bates tydens digitale bate-arbitrage nie.

“Een van ons span se fokuspunte was om te verseker dat die risiko so ver moontlik beperk word. Ons volledig verskanste stelsel verseker dat beleggers geen markverwante risiko’s loop nie, aangesien ons reeds vooraf weet wat die wins gaan wees,” sê Scherzer.

Dit verseker dat die diens “prys-agnosties” is, wat beteken dat jy steeds geld sal maak, ongeag of Bitcoin se prys verdubbel of halveer ten tyde van handel. Anders as met die koop van regte digitale bates, wat baie wisselvallig kan wees, is belegging in digitale bate-arbitrage ’n laerisiko-proses.

Die winste wat jy uit digitale bate-arbitrage kan verdien, hang af van die bedrag wat jy jaarliks belê, asook die deel van jou jaarlikse buitelandse beleggingstoelaag wat gebruik word. Suid-Afrikaners mag volgens wetgewing tot R11 miljoen per kalenderjaar oorsee stuur. Dit bestaan uit ’n enkele diskresionêre toelaag van R1 miljoen en buitelandse beleggingstoelaag van R10 miljoen. Wanneer jy in digitale bate-arbitrage belê, word ’n deel van jou buitelandse beleggingstoelaag gebruik elke keer wanneer jy fondse oorsee stuur om digitale bates te koop.

Future Forex se interne belastingspan en belastingpraktisyn-vennoot hanteer al die aansoeke en toelaag-nasporing namens jou, teen geen bykomende koste nie. Dit kom neer op ’n jaarlikse wins van ongeveer R150 000 per individu of R300 000 per getroude paartjie.

Future Forex het stelsels ontwikkel om die handelsproses seepglad te laat verloop en die ervaring so moeiteloos moontlik vir jou te maak. Kliënte word gehelp om ’n Future Forex-rekening te registreer en ’n buitelandse valuta-rekening by Mercantile Bank (’n afdeling van Capitec) oop te maak. Hierna begin Future Forex die marktoestande monitor. Sodra toestande gunstig is, word hul gepatenteerde sagteware ingespan om namens kliënte te begin handel dryf. Hierdie proses word deur die jaar verskeie kere vir elke kliënte herhaal. Sedert dit in gebruik geneem is, het die stelsel ’n gemiddelde jaarlikse beleggingsopbrengs vir meer as 90% van kliënte verseker.

Future Forex verdien slegs ’n fooi wanneer kliënte ’n wins maak. “Eerder as om ’n bestuursfooi te hef, neem ons ’n persentasie van winste wat deur die arbitrage-proses verdien is. Dit verseker dat ons kliënte se belange met ons eie ooreenstem – ons wen wanneer hulle wen,” verduidelik Scherzer.

Kliënte ontvang uitvoerige state met inligting oor hul opbrengste en die koste verbonde aan die voltooiing van elke handelsiklus. Hulle kan op aanvraag enige tyd toegang tot die beleggingsfondse verkry.

“Ons vereis ’n minimum beleggingsbedrag van R100 000 weens die vaste kostes, hoofsaaklik bankfooie met die stuur van fondse oorsee, wat kleiner beleggings minder haalbaar maak,” sê Scherzer.

Future Forex het ongelooflik vinnig gegroei danksy die uitsonderlike lae-risiko-opbrengste waarvan hulle kliënte kan verseker. Die toegewyde span van 23 finansiële kenners staan oorgehaal om markverskuiwende winste aan sy Suid-Afrikaanse kliënte te bied.

Indien jy van hierdie puik beleggingsgeleentheid gebruik wil maak, besoek gerus hul webwerf en registreer om weg te spring. Andersins kan jy met die Future Forex-span in verbinding tree by info@futureforex.co.za of 021 518 0558.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteer. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos