Deel

Kry Blomus-eetware danksy Food Lover's Market

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Food Lover’s Market, Suid-Afrika se grootste kleinhandelaar in privaat besit, het onlangs sy nuutste lojaliteitsveldtog van stapel gestuur. Met hierdie program kan jy tot 75% afslag kry op Blomus-eetware. Dié sjiek, moderne oond-tot-tafel-reeks bestaan uit ontbytborde, bakkies, groot borde, pastabakke, ’n oondbak, opdienbak en oondskottel met deksel.

Is inkopies by Food Lover's Market die moeite werd?

Food Lover's Market is regdeur sy 30-jarige bestaan bekend vir die skep van ’n inkopieteater in al sy winkels. Dit bied ’n inkopie-ervaring wat ongelooflike waarde, verskeidenheid en gehalte bied. Die groep het ook onlangs koning gekraai toe The Outlier, ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse data-gedrewe publikasie, die pryse van basiese kruideniersware by verskillende winkels vergelyk het. Vir drie maande agtereenvolgens – Desember, Januarie en Februarie – kon Food Lover's Market bewys dat hy vergeleke met vyf ander groot kleinhandelaars die mees bekostigbare in Suid-Afrika is. Basiese kruideniersware sluit witbrood, sonneblomolie, mieliemeel, suiker, rys, meel, seep en toiletpapier in.

Hoewel daar reeds onafhanklik bewys is dat dit in ’n taai ekonomiese klimaat ligter op jou sak is om by Food Lover's Market inkopies te doen, wil die kleinhandelaar met sy lojaliteitsprogram die ervaring nog soeter maak deur benewens die daaglikse inkopie-ervaring en weeklikse winskopies, nóg ’n bonus in jou mandjie te plaas.

Meer oor Blomus

Blomus is bekend vir intelligente, minimalistiese, funksionele ontwerpe vir die moderne huishouding. Hierdie eetware verseker ’n onverbeterlike eetervaring, waar verskillende elemente mekaar estesties aanvul en saamwerk om jou etenstafel so elegant moontlik te laat lyk.

Al Blomus se produkte word in Portugal vervaardig. Dit is krapbestand, skerf nie sommer af nie en is veilig in die skottelgoedwasser, mikrogolf en gewone oond. Jy sukkel ook nie om dit skoon te kry nie, danksy die matafwerking aan die buitekant en glansafwerking binne. Die moderne 100%-erdeware is beskikbaar in verskeie meng-en-pas-kleure: krytwit (groot borde, ontbytborde en groot oondbak), klipgrys (bakkies, pastabakke en ’n vlak opskepbak) en donkerskadu (oondskottel met deksel).

Hoe om te versamel?

Inkopiegangers kan tot 75% op Blomus-eetware spaar deur 15 plakkers te versamel en dan die bykomende fooi per item te betaal, van R79,99 vir ’n ontbytbord tot R249,99 vir die oondbak en oondskottel met deksel. Jy kry ’n plakker vir elke R100 wat jy by Food Lover's Market-winkels in Suid-Afrika en Namibië, asook by Food Lover’s Eatery-winkels in Suid-Afrika, bestee.

Vennote

Om dit vir jou makliker te maak om genoeg plakkers binne die promosietydperk te versamel, bied Food Lover's Market spesiale aanbiedings op ’n wye reeks kruideniersware in hul winkels.


Hou gerus hul rakke dop vir die volgende winskopies:
  • 2 x 150 g Cadbury-sjokolades
  • 1 x 800 g Clover-kaas
  • 2 x 600 g Lancewood Cheddar, Wit Cheddar of Gouda
  • 6 x 1,5 liter Aquelle Sparkling of Still Water
  • 1 x 2 kg Spekko-rys & 1 x 2,5 kg Sasko-koekmeel
  • 4 x 1 liter Fitch & Leedes, verskeie
  • 2 x 340 ml Knorr-slaaisouse, verskeie
  • 2 x 500 g Food Lover’s-eiernoedels
  • 3 x 400 ml Food Lover’s-klappermelk
  • 2 x 750 g B-Well-kanolamayonnaise
  • 2 x 470 g Mrs. Balls-blatjang, verskeie
  • 1 x 500 g Kewpie-soesji-mayonnaise of 1 x Kewpie-sesamsous
  • 1 x 200 g Nescafé Gold, verskeie
  • 2 x 400 g Denny Mushroom Bolognaise-, Macaroni Cheese-, Garlic & Herb- of Tomato & Basil-pastasous
  • 2 x 70 g Food Lover’s Prosciutto Crudo
  • 2 x 400 g Gastro Sandwich Ham en 200 g Pizza Salami
  • 1 x 2 kg Bulk Rib eye steak or Bulk oukraal wors 2kg
  • 1 x 250–350 g Clove & Cleaver-biltong
  • 3 x 1 kg Food Lover’s-spek
  • 2 x 1 kg Food Lover’s-Weense worsies, verskeie


Besoek Food Lover’s Market se webtuiste vir meer inligting oor weeklikse winskopies. Om meer uit te vind oor die Blomus-promosie, klik hier.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
19.68
-0.1%
Rand - Pond
24.32
-0.2%
Rand - Euro
21.08
+0.1%
Rand - Aus dollar
12.87
-0.4%
Rand - Jen
0.14
-0.3%
Platinum
1,024.92
-0.5%
Palladium
1,420.02
-0.7%
Goud
1,943.52
-0.2%
Silwer
23.17
-0.6%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,444
+0.1%
Alle aandele
76,613
+0.0%
Hulpbronne 10
67,920
+0.7%
Industriële 25
106,261
-0.1%
Finansiële 15
14,582
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos