Kyk met nuwe oë na die manier hoe jy oefen en eet

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Dis harde werk om gesond te leef veral as jy dit alleen moet doen. Oefen dus saam met ’n groep vriende of sluit by ’n fiksheidsgroep aan sodat jy dit nie alleen hoef deur te maak nie. Foto: iSTOCK
Dis harde werk om gesond te leef veral as jy dit alleen moet doen. Oefen dus saam met ’n groep vriende of sluit by ’n fiksheidsgroep aan sodat jy dit nie alleen hoef deur te maak nie. Foto: iSTOCK

’n Gesonde leefstyl is soms moeilik om te handhaaf en dit is dus geen wonder soveel mense gooi die handdoek in nie!

Olivia du Plessis, ’n persoon­like afrigter, en geregistreerde dieetkundige Magda Pieters, deel wenke oor hoe jy met jou gesonde leefstyl kan volhou. Op hierdie manier kan jy jou oefen- en eetprogram met nuwe ywer aanpak.

Word fiks

Indien jy nie aan oefening gewoond is nie, kan dit aan die begin moeilik wees, maar na ’n tydjie sal jy die vrugte daarvan begin pluk.

Olivia sê oefening is ’n viering van wat jou liggaam kan doen.

“Dit is nie ’n straf nie. Dit moet deel van jou lewe wees, soos byvoorbeeld stort en tande borsel. Die enigste tyd wanneer jy nie moet oefen nie, is wanneer jy siek is. Oefening hou jou jonk, vol energie, positief, sterk en gesond.”

Indien jy belangstelling in jou oefeninge begin verloor, volg gerus Olivia se wenke:

  • Probeer iets nuut.
  • Dink aan hoekom jy oorspronklik begin oefen het.
  • Doen iets wat jy geniet, byvoorbeeld boks, dans, swem of aërobiese oefening.
  • Kry ’n oefenmaat of sluit aan by ’n fiksheidsgroep.
  • Dink positief. Waardeer die feit dat jy lewe en alles wat jou liggaam kan doen.
  • Stel realistiese weeklikse, maandelikse en jaarlikse doelwitte.

Oefening is nie kinderspeletjies nie, maar met die regte ingesteldheid kan jy jou doelwitte bereik. Volgens Olivia kan jy só meer uit jou oefensessies kry:

  • Let op hoe jy jou oefeninge doen. Postuur is belangrik.
  • Haal asem. Baie mense konsentreer so hard dat hulle vergeet om asem te haal. Tel jou repetisies hardop – wanneer jy praat, haal jy outomaties asem.
  • Gee jou bes gedurende elke sessie.
  • Strek na elke sessie.
  • Drink genoeg water voor en tydens jou oefensessie.
  • Voeg weekliks een of twee repetisies by jou sessies. Draf ’n bietjie verder. Stap ’n bietjie vinniger.

Jou eetplan

Die ideale liggaamsgrootte is binne jou bereik met ’n goeie oefen- sowel as eetplan. Maar om gesond te eet en daarby te hou, raak vir die meeste van ons ’n bietjie moeilik.

Magda meen voordat jy met ’n nuwe eetplan begin, evalueer eers of jy permanent so sal kan eet. “Indien nie, los liewer. Tydelike dieetveranderinge gee tydelike resultate of veranderinge aan jou gewig.”

Sy deel ’n paar wenke indien jy sukkel om jou eetplan te volg:

  • Maak seker dit is wel ’n gesonde eetplan en nie net ’n gewilde nuwe eetgier wat almal wil volg nie. Soms is daar ’n groot verskil tussen gesond eet en dit wat gewild is of in die pers opgehemel word.
  • Eet stadig by ’n tafel en kou goed. Proe jou kos, waardeer dit – al is dit ’n eenvoudige maaltyd by jou huis. Kos wat goed gekou word, verteer beter en meer voedingstowwe word opgeneem. Dit laat jou ook vinniger versadig voel omdat jou brein die boodskap kry dat jy genoeg geëet het.
  • As jy in ’n situasie beland waar jy nie beheer het oor die soort kos wat jy wil eet nie, byvoorbeeld ’n ete by vriende, skep dit wat jy wel wil of mag eet, eet dit eerste en probeer die verbode of ongesonde kosse vermy.
  • Eet soos die Franse, ’n bietjie van alles. Met ander woorde, jy eet so min van dit wat vet maak of ongesond is, dat dit nie te veel skade kan doen nie.

Magda meen indien jy voel jy nie met jou gesonde eetplan kan volhou nie, jy eers moet dink aan die redes en dan die situasie moet ontleed.

“Vra jouself vrae, soos is dit te min kos? Is dit ongebalanseerd? Is ek ’n emosionele eter? Is daar geen ander keuse nie?

“Probeer die oorsaak vasstel en vind ’n oplossing. Daar is gewoonlik ’n goeie rede voor. Moenie jouself as ’n mislukking sien, en dan wegtrek en alles eet wat jy moes prysgee nie. Kry so gou as moontlik hulp, voordat jy al jou harde werk (byvoorbeeld gewigsverlies) ongedaan maak.”

Magda voeg ook by dat jy hulp by ’n professionele dieetkundige kan kry.

“Dit is die moeite werd en mediese fondse betaal vir konsultasies. Dit kan jou ’n hele ander blik of insig op jou probleem gee.”

Die belangrikste aspek van ’n gesonde leefstyl handhaaf, is dat dit presies soos saamgestelde rente in die bank werk, meen Magda.

“Elke bietjie wat jy doen om gesonder te eet en te leef, het ’n impak op jou toekoms. Dit is daardie klein verskille wat saam ’n groot verskil maak. Mense dink dikwels wanneer hulle ouer word, gaan dit nie meer saak maak hoe jy lyk nie, maar glo my, dit is juis dan wat dit saak maak.

“Ouer persone wat ‘jonger’ is, lyk en voel beter omdat hulle vir baie jare na hul gesondheid omgesien het. Hulle kan hul gesondheid en ander dinge geniet, of dit nou stokperdjies, vriende, reis of sport is. Dit teenoor die persoon wat sy gesondheid verwaarloos het, en nou weens allerhande probleme sy tyd by dokters moet deurbring. Daar is wonderlike belonings vir gesond lewe. Doen dit net dag vir dag.”

As jy goed voel en gesond is, is die lewe mos ’n lied propvol lekkertes om te ontdek, sluit Magda af.


GEBORG

Sportsnation

Foto: Getty Images

Aandag alle Impi’s, rugbystryders en superondersteuners! Sportsnation is besig om hul eie regiment op die been te bring om die manne te gaan ondersteun terwyl hulle hul droom najaag om die enigste nasie ooit te word om die rugbywêreldkampioenskappe vir die vierde keer te wen. As jy hou van glans en ’n eiesoortige rugbytoer wil ervaar terwyl jy sjampanje geniet is hierdie toer vir jou. Die Springbokke gaan in 2023 hul titel in Frankryk verdedig en Sportsnation gee jou die kans om deel van die ervaring te wees. Klik hier vir meer inligting.

Woodland

Woodland is geposisioneer as ’n buitelug-handelsmerk – een met die natuur en met ’n gees van avontuurlustigheid. Hul produkte word ontwerp om aan entoesiaste van die buitelewe en avontuur, funksionele oplossings te bied om die buitelug aan te durf. In hul ontwerpe is Woodland toegewyd tot die vervaardiging van die beste gehalte, gemaklikste en stylverwante aksie-skoeisel teen die mededingendste pryse op die mark. Daar is twee belangrike insigte in die gedrag van verbruikers wat veral nou in die Covid-19-tyd van toepassing is en wat belangrike kwessies rakende die natuur is. Klik hier vir meer inligting.

besig om te laai... Regstreeks
Knights 0
Titans 314/3
besig om te laai... Regstreeks
Western Province 306/6
Lions 0
besig om te laai... Regstreeks
Boland 310/2
North West 0
besig om te laai... Regstreeks
Dolphins 0
Warriors 343/6
besig om te laai... Regstreeks
Mpumalanga 224/10
Easterns 62/3
besig om te laai... Regstreeks
Limpopo 227/10
South Western Districts 2/1
besig om te laai... Regstreeks
Border 86/10
Northern Cape 179/2
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.51
-1.1%
Rand - Pond
20.75
-0.4%
Rand - Euro
17.28
-0.2%
Rand - Aus dollar
10.89
+0.2%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Goud
1,793.67
-1.4%
Silwer
22.66
-3.6%
Palladium
2,374.00
+1.7%
Platinum
1,022.50
-1.1%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
67,070
-0.4%
Alle aandele
73,504
-0.4%
Hulpbronne 10
75,094
-0.2%
Industriële 25
90,477
-1.1%
Finansiële 15
15,064
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos