Deel

KYK | Skryf nou in vir SPAR Wedloop vir Vroue, want #ItsPersonal

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister


Ná ’n drie jaar lange leemte weens die Covid-19-pandemie, is SPAR baie opgewonde om aan te kondig dat sy reeks vrouewedlope vanjaar weer in lewende lywe sal plaasvind.

In Kaapstad ontvou al die aksie op Sondag 23 April. Die stad se vroue kan Suid-Afrika se “mooiste padwedloop” saam met mede-deelnemers in Groenpunt en omgewing kom geniet.

Jy kan solank aanlyn inskryf by www.sparwomensrace.co.za.

Inskrywings is nou oop, so skryf in vir die SPAR Wedloop vir Vroue wat vanjaar weer in Groenpunt wegspring en al langs Seepunt se promenade af loop op Sondag 23 April.Foto’s: VERSKAF

Die inskrywingsfooi beloop slegs R150, wat ’n T-hemp, piekpet, medalje, tydskrif en ander bederfies insluit – alles verpak in ’n pragtige herbruikbare sak.

Jy kan die 10 km-draf- of staproete aanpak, of aan die 5 km-pretdraf deelneem. Die uitdaging het ook ’n virtuele komponent, waar jy ’n afstand van jou eie keuse teen jou eie pas kan hardloop, draf of stap.

Saam met jou geskenkpak wat jy met registrasie ontvang, kry jy hierdie gratis T-hemp wat jy op die dag van die wedloop kan dra.

“Ons is so bly dat ons die geleentheid weer in lewende lywe by ons gunstelingvenue hier in die pragtige Moederstad kan aanbied,” sê Elsabé van Zyl-Félix, advertensiebestuurder van SPAR Wes-Kaap en Namibië.

“Ons besef egter dat klante in verafgeleë gebiede nie altyd by Kaapstad kan uitkom nie, en dat daar mense is wat nog nie gemaklik voel om deel te neem aan aktiwiteite waar daar groot getalle deelnemers is nie. Of jy nou inskryf om in Groenpunt deel te neem of dit iewers virtueel wil doen, fokus net op die pret!”

Buiten kategoriepryse vir die topdeelnemers, is daar ook ’n ongelooflike gelukstrekkingsprys van SPAR-geskenkbewyse ter waarde van R30 000 op die spel ter viering van die Kaapstad-wedloop se 30ste bestaansjaar.

Die tema van vanjaar se SPAR Wedloop vir Vroue is #ItsPersonal, met die onderliggende boodskap om bymekaar te kom, saam te draf en mekaar te ondersteun op ’n manier wat vir jou werk.

Vroue van alle ouderdomme en fiksheidsvlakke word aangemoedig om deel te neem aan die pret!

Die SPAR Wedloop vir Vroue ondersteun natuurlik ook elke jaar liefdadigheid. Vir elke inskrywing wat ontvang word, sal SPAR ’n pakkie sanitêre doekies skenk wat deur hul Petals-projek aan Running4Pads en die Boland-krieketveterane se Women’s Dignity Programme geskenk sal word.

Ook Operation Smile SA word vanjaar ondersteun. Deur in te skryf, help alle deelnemers om ’n verskil in die lewe van kinders te maak wat met gesplete verhemeltes en lippies gebore is, en nie toegang tot mediese behandeling het nie.

Die 10 km SPAR Wedloop vir Vroue en Grand Prix-reeks, een van die grootste vrouepadwedloopreekse ter wêreld, word landwyd gehou – in Kaapstad asook Gqeberha, Durban, Pietermaritzburg, Mbombela, Tshwane en Johannesburg.

Vanjaar is daar ’n groot prys van SPAR-geskenkbewyse ter waarde van R30 000 in ’n gelukstrekking by die prysuitdeling na afloop van die wedloop op die spel. Lena Boonzaaier van Atlantis was in 2019 ’n gelukstrekkingwenner.

Dié blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
Rand - Dollar
18.35
-1.0%
Rand - Pond
22.52
-1.2%
Rand - Euro
19.80
-1.0%
Rand - Aus dollar
12.18
-0.7%
Rand - Jen
0.14
-0.1%
Platinum
972.95
+0.5%
Palladium
1,405.88
+0.4%
Goud
1,954.97
-1.2%
Silwer
23.01
-1.0%
Brent-ruolie
74.99
-1.2%
Top-40
69,785
+0.9%
Alle aandele
75,284
+0.8%
Hulpbronne 10
64,924
+1.0%
Industriële 25
102,191
+0.6%
Finansiële 15
15,417
+1.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos