
As jou kind of kleinkind in 2023 in gr. 6 in die Kaap gaan wees, sal jy vroeg volgende jaar moet besluit na watter hoërskool hulle moet gaan.
Vir diegene wat nog kopkrap oor die ideale Kaapse hoërskool vir jou kind of kleinkind, publiseer Die Burger elke jaar ’n bylae waarin hoërskole se spesialiteitsvakke, skoolgelde vir die volgende jaar, matriekslaagsyfers, opedae en dies meer gelys word om jou by te staan met hierdie keuse.