
Suid-Afrika het volgens Statista tans sowat 10 miljoen inwoners wat 50 jaar en ouer is.
Hierdie groep het gemiddeld meer kontant beskikbaar en baie minder skuld. Verbande en motors is afbetaal, kinders het klaar studeer en die huis verlaat.
Nou is daar meer om te bestee aan dit wat die lewe die moeite werd maak – stokperdjies, reis, toebehore wat die lewe makliker maak ...
Navorsing oor die afgelope twee dekades toon dat die koopkrag van seniors beduidend groei. Internasionaal word daar ag geslaan hierop en meer maatskappye ontwikkel produkte en dienste wat spesifiek op seniors gemik is – Revlon se Age Perfect-produkte is net een voorbeeld hiervan.
Bron: Statista is ’n Duitse maatskappy wat spesialiseer in mark- en verbruikersdata. Hul platform bevat meer as 1 000 000 statistieke oor meer as 80 000 onderwerpe uit meer as 22 500 bronne en 170 verskillende bedrywe, en Brookings.
LAAI HIER BEELD SE INTERAKTIEWE KOOPGIDS IN PDF-VORM AF EN KLIK OP DIE SKAKELS VIR VERSKEIE SPESIALE AANBIEDINGE VIR SENIORS!