Deel

Maak só gereed vir die 2023-jagseisoen

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
As jy ’n jagliefhebber is, maak seker jy is voorbereid en het al die nodige toebehore vir die nuwe jagseisoen wat voorlê. Foto: ISTOCK
As jy ’n jagliefhebber is, maak seker jy is voorbereid en het al die nodige toebehore vir die nuwe jagseisoen wat voorlê. Foto: ISTOCK

Met die dae wat krimp, die hoogsomer iets van die verlede, en die winter wat wink, is die volgende groot geleentheid op elke jagter se kalender die 2023-jagseisoen. Vanjaar is Nasionale Jagdag op 1 Mei. Soos jagters weet, is beplanning een van die sleutelfaktore van ’n suksesvolle jag, en daarom moet daar nou al aan die werk gespring word.

Kies jou jagbestemming

Vir ’n welverdiende en lekker jagervaring, is die beste moontlike jagbestemming ’n baie goeie beginpunt.

Menige jagter het al ’n stel afgetrap deur pragtige foto’s en beskrywings vooraf te glo, net om by die bestemming uit te vind die werklikheid is ’n perd van ’n heel ander kleur.

Pasop vir wildpryse wat te goed klink om waar te wees, terwyl die verblyf effe fel klink in vergelyking. Dit beteken gewoonlik daar is nie genoeg wild nie, al is dit ’n pragplaas met luukse verblyf en geriewe. Jy soek nie ’n vakansiebestemming nie – jy soek wel ’n onvergeetlike jagervaring met oorgenoeg wild, veral as jy in ’n groep jag. Agt jagters moenie vir vier dae die bosse en vlaktes fynkam sonder eens ’n stoffie of ’n spoor in sig nie, maar saans slaap jy doeksag en die spyseniering is uit die boonste rakke. Oppas ook vir die ander kant van die munt. Indien verblyf te billik klink, maak seker wat daarby ingesluit is en dat daar nie soos alte dikwels verskuilde ekstra onkostes, byvoorbeeld hout, ys en skoonmaakdienste is nie. As daar ekstras is wat jy in ag moet neem, voeg dit by die aanvanklike prys en bring dit in berekening by jou begroting.

Maak ook seker jy weet hoe ver en hoeveel daar gery moet word. Jy wil nie ’n uur voordat die jag begin, uitvind dat daar nou eers na ’n ander plaas of tussen verskeie plase gery moet word nie. Jy wil ook nie hoor jy moet sommerso van die bakkie af korrel en skiet net omdat daar nie genoeg gidse is om julle te lei om self deur die veld te stap nie.

Hoewel dit eerder die uitsondering as die reël is, kan baie jagters van bogenoemde getuig.

Ervare jagters se raad is altyd: verwysings bly ’n wenner. Luister na medejagters wanneer hulle vertel watter jagplase hulle beïndruk het en waarde vir geld bied. Moenie goedkoop pryse najaag nie. Die doelwit wat bestemming betref, moet ’n kolskoot wees, nie ’n gelukskoot nie. Jy wil nie die kans waag om reiskoste, verblyf, spys en drank te betaal, net om sonder biltong of droëwors tuis te kom nie.

Ken jou jagbestemming

Om jou jagbestemming te ken, is van kardinale belang. Dit beteken jy moet weet wat die bestemming jou bied en wat jy daar gaan benodig. Jy span nie jou grootwild-kaliber vir ’n springbok wat jy oor 250 meter of meer moet skiet in nie. Netso gebruik jy nie jou verskiet-kaliber om gevaarlike wild te skiet nie.

Die jagbestemming bepaal ook jou kleredrag en toerusting. Gladde, uitgetrapte platsool-vellies gaan nie die ding doen op ruwe terrein soos ’n bergagtige plaas in Groblersdal nie. Voete vóél die vorige dag se loop en gly oor klippe vroeg die volgende oggend, en saans gaan hulle jou laat verstaan hulle is seer as jy wil slaap.

Maak vooraf seker of ’n afstandmeter, verkyker, ensovoorts, nodig is om saam te dra. Is dit ’n uitstapjag of ’n voorsitjag? Wat verkies die plaaseienaar? Watter opsies is moontlik?

Die geheim is weereens om jou huiswerk te doen, te beplan en met medejagters te gesels. Nog beter: gesels met die plaaseienaar, bestuurder of professionele jagter in beheer.

Rifle Range
Om die beste uit jou ervaring te kry, maak seker dat jy jouself genoegsaam voorberei deur oefening.

Oefen vooraf

Doen die moeite om al jou toerusting voor die tyd na te gaan. Maak seker jou geweer skiet waar hy moet voordat jy op die jagplaas aankom. Met vandag se gejaagde lewe is dit nie altyd moontlik nie, maar probeer jou bes.

Moenie die jagmaat wees wat met aankoms net gou eers sy nuwe teleskoop wil monteer en probeer inskiet met vier verskillende soorte ammunisie nie. Hierdie oefening moet vooraf gedoen word. Almal is daar om te jag. Om ’n dag op die plaas se skietbaan deur te bring as almal dit nie nodig het nie, is nie noodwendig die beste idee nie.

’n Ander fout wat baie jagters begaan, is om vooraf skietbaan toe te gaan en jouself met sandsakke vas te pak. Stel jou geweer in op jou verkose afstand en oefen dan op ander afstande totdat jy gemaklik is om te skiet op die maksimum afstand wat jou toerusting en vaardighede toelaat. Oefen daarna volgens veldtoestande.

Moenie jou heel eerste skoot vir die seisoen van ’n skietstok af skiet terwyl jy aanlê na ’n koedoebul van R20 000 nie. Oefen voor die tyd van jou skietstok af. Wanneer julle op die plaas nagaan of jul gewere skiet waar hulle moet, doen dit indien moontlik van die skietstokke af.

Dit sal ook help met selfvertroue as jy voordat jy in die veld uitgaan, kan oefen. Kwes is nooit reg of lekker nie, maar met oefening is dit binne jou vermoë om dit te probeer verhoed. Dit is in niemand anders se hande nie – net jou eie. Jý is die een wat die sneller trek.

Sien uit daarna

Nadat jy sekergemaak het jy is voorbereid vir die 2023-jagseisoen, is al wat oorbly dat jy terdeë daarna moet uitsien. Mag al die jagters wat hierdie jaar gaan jag, ’n geseënde jagseisoen hê. Mag jou skote val waar hulle moet, en mag jy nie net terugkom met vleis nie, maar ook met herinneringe wat ’n leeftyd saam met jou sal bly. Geniet dit!

Jacques Boshoff is die hoof van Beeld se digitale verkoopspan asook ’n jarelange ywerige jagter.


GEBORG

WILD & JAG/GAME & HUNT

Wild en Jag

Is jy ’n wildboer, jagter of kompetisieskut? Dan is Wild & Jag vir jou. Dié gedrukte tydskrif, sowel as die interaktiewe en digitale weergawe met video’s en skakels na webwerwe, verskyn maandeliks vir die breë wild- en jagbedryf in Suid-Afrika. Dit is ook ’n tydskrif vir die hele gesin – van kleinboet en kleinsus tot ouma en oupa.

Hul kundige skrywers en lojale adverteerders bied insiggewende artikels oor nuus in die wild- en jagbedryf, die nuutste jag- en skiettoerusting op die mark, praktiese wenke vir die wildboer, wildveilingsverslae en -ontledings, en lewer verslag oor landwye skietbyeenkomste

Kom jag, boer en skiet saam aanlyn op Facebook, Instagram, die digitale tydskrif en webwerf.


Helicon

Helicon

Helicon-wildvangdienste staan sedert 1985 bekend vir die vang, vervoer, koop en verkoop van wild regoor Suid-Afrika.

2022 was een van Helicon se beste vangjare met ’n besonderse vanggetal van meer as 7 000 bokke. Jagters en wildboere wat Helicon voortdurend ondersteun, maak hierdie sukses moontlik. Helicon het vier vragmotors met waens, asook hul eie helikopter en vlieënier, wat dit vir hul span moontlik maak om ’n groot getal wild op een slag te kan vang en vervoer. Helicon sien uit na die 2023-jagseisoen wat voorlê.


Redback

Redback

Australiese Redback-stewels is ’n gewilde keuse vir diegene wat duursame, gemaklike en veilige skoene verkies.

Een van die hoofkenmerke van Australiese Redback-stewels is die hoëgehalte-materiaal, soos volgraanleer en oliebestande rubber, wat uitstekende duursaamheid en beskerming teen die elemente bied.

Dié stewels is prakties en gemaklik met ’n opgestopte kraag en tong wat help om die enkel te beskerm en ekstra ondersteuning bied. Die stewels is ook ontwerp om liggewig en buigsaam te wees, wat moegheid verminder en die draer makliker laat beweeg.

Redback is beskikbaar by kleinhandelaars, soos Trappers, Kaap Agri, Expedition North, Safari Outdoor en Overland.

Klik hier vir meer inligting. 


NextHunt

NextHunt

NextHunt is ’n verblyfbesprekingswebtuiste in die jagbedryf. Sedert 2015 het NextHunt al duisende jagters gehelp met besprekings by honderde jagplase in Suid-Afrika en Namibië. Die meeste van die plase word ook persoonlik deur NextHunt-personeel besoek en gekontroleer.

NextHunt se doel is om jagters te beskerm deur onsekerheid tydens die besprekingsproses uit te skakel, maar ook om ekstra blootstelling te gee aan wildplase.

Buiten die jagverblyfbesprekingskant van die onderneming, verkoop NextHunt ook jagbaadjies, jagklere en jagtoerusting, soos messe en karkassakke.

Skakel NextHunt by 065 639 8167 of stuur e-pos na info@nexthunt.co.za vir voorstelle of pasgemaakte jagtogte.


SA Hunt & Gun Auction

sa hunt

SA Hunt & Gun Auction bied ’n veilige aanlyn handelsplatform vir jagentoesiaste en kliënte wat hul wapens, jagtoerusting en verwante artikels wil verkoop.

Beskikbare items is heeldag op die webtuiste gelys vir kopers wat vroeg ’n bod wil insit, maar die werklike aksie vind tydens die regstreekse aanlyn veilings elke Dinsdag- en Donderdagaand van 17:00 tot 20:00 plaas.

SA Hunt & Gun het ook ’n nuttige WhatsApp-groep waarop verkopers hul goedere kan lys.

Benewens die veilings, het die webtuiste ’n handige produkindeks en ’n jagplaasgids met volledige besonderhede van wild, geriewe, ens. Besoek gerus www.huntandgun.co.za vir meer inligting.


Mabula Hunt

Mabula Hunt

Mabula Hunt is ’n privaat wildplaas 34 km vanaf Bela-Bela, in die bekende Mabula-distrik, in die mees ongerepte jaggebied in Limpopo, minder as 90 minute se ry vanaf Pretoria.

Die jagplaas grens aan die Mabula-wildreservaat, die Mabalingwe-natuurreservaat en Zebula Golf Estate & Spa.

Mabula Hunt is trots op die topgehalte-diere wat hier gejag word en bied ’n onvergeetlike jagervaring. Jy sal hulle beslis weer wil besoek.

Vir meer inligting, besoek www.mabulahunt.co.za.


CON-TAC

jag

CON-TAC se drie-in-een-jagtersbaadjie is geskoei op die valskermsoldaatbaadjie en slytwerend, wat ’n bonus is vir die ernstige jagter. Dit het ’n moulose binnebaadjie met vliesstofvoering wat losgerits en op sy eie gedra kan word. Die buitebaadjie apart is ideaal in warmer toestande, terwyl die binne- en buitebaadjie saam weerstand bied teen uiterste koue.

Dit is gemaklik, tog ekstra sterk met dubbelstiksels vir verbeterde gehalte en uitstekende kleurintegriteit. Die beskikbare kleure is grys ("stone"), bruin (“oak”), kakie, olyfgroen, tabakkleurig, vlootblou, swart en kamoeflering.

Die prys beloop R1 800 per baadjie.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerders. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

heading
description
username
Wys Kommentaar ()
besig om te laai... Regstreeks
Australia 469/10
India 67/3
Rand - Dollar
18.82
+1.5%
Rand - Pond
23.59
+0.8%
Rand - Euro
20.27
+0.9%
Rand - Aus dollar
12.62
+0.7%
Rand - Jen
0.14
+0.7%
Platinum
1,016.39
-0.5%
Palladium
1,382.71
-0.8%
Goud
1,966.01
+1.3%
Silwer
24.26
+3.5%
Brent-ruolie
76.95
+0.9%
Top-40
71,573
-0.4%
Alle aandele
76,887
-0.3%
Hulpbronne 10
69,086
-1.6%
Industriële 25
103,198
-0.3%
Finansiële 15
15,541
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos