
Wêreldwyd verloor maatskappye jaarliks 5% of meer van hul inkomste weens bedrog in die werkplek. Hulle word ook al hoe meer blootgestel aan finansiële- en kubermisdaad.
Benewens al die ander nadele van die Covid-19-pandemie, het dit ook die deur wyer oopgegooi vir aanvalle deur bedrieërs van binne én buite maatskappye, asook kubermisdadigers.
Indien jy nie ernstig oor jou veiligheid is nie, is dit nie meer ’n kwessie van óf jy ’n slagoffer gaan word nie, maar wanneer.
XTND tot die redding
XTND het homself gevestig as ’n wêreldleier in die voorkoming en opsporing van ’n wye spektrum van finansiële- en kubermisdade. Dit word vermag deur oplossings en kenners bymekaar te bring wat ondernemings help om dit te behou waaraan hulle so hard gewerk het en dit ook op te bou.
Gerugsteun deur die Vereniging van Gesertifiseerde Bedrogondersoekers (ACFE), en met toegang tot gesertifiseerde veiligheidspesialiste, forensiese kundiges en ander bedryfskenners, kan XTND probleme identifiseer wat jou onderneming skade berokken, dit oplos en, die belangrikste van alles, verhoed dat dit weer gebeur.
Die maatskappy se aanbod van gevorderde oplossings berus op drie vlagskipprodukte: Veritas Bedrogwaarskynlikheidsmodel; die ExposeIT- 100% anonieme fluitjieblaas-toepassing; en die ExposeIT Misdaad Intel Platform.
In data, Veritas
Die Veritas-platform is spesifiek ontwerp om bedrieglike versekeringseise te identifiseer en bedrog uit te roei. Sedert dit in Mei 2012 aan die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel is, het Veritas die uitbetaling van bykans R9 miljard se oneerlike eise verhoed.
Kunsmatige intelligensie word gebruik om besigheidsprosesse te outomatiseer en inligting oor data in te win. Die platform ontleed dan die data volgens bedrog-modelle met spesifieke algoritmes met honderde patrone om moontlike oneerlike versekeringseise te identifiseer – of dit nou die werk van sindikate is of opportunisties van aard. Veritas bereken die waarskynlikheid vir bedrog terwyl inligting van die eis ingesleutel of afgeneem word en gee onmiddellike resultate.
Die risiko van nuwe eise kan ook binne sekondes bepaal word, en eise kan dus blitsvinnig uitbetaal word.
Vir kliënte wat Veritas as ’n risikoverkleiningsplatform aanwend, is dit ’n reuse-markvoorsprong. Laerisiko-eise kan spoedig uitbetaal word, wat verkope en die behoud van kliënte dryf. Eise met ’n hoë geneigdheid vir bedrog word gemerk en meer as 80% hiervan word uiteindelik verwerp, wat verseker dat geen oneerlike eise deurglip nie.
Die uiteinde is dat XTND die enigste maatskappy in Suid-Afrika is wat ’n positiewe koste-opbrengs-verhouding vir sy kliënte waarborg, want Veritas sal verliese weens bedrog verhoed wat die koste van XTND se oplossings en dienste by verre oortref.
Fluitjieblasers bemagtig
Die sukses van die Suid-Afrikaanse gemeenskap hang af van ons vermoë om kwaaddoenery in die kiem te smoor en die dapper mense te beskerm wat oneerlikheid ontbloot. Die ExposeIT-toepassing, wat mense toelaat om misdrywe anoniem aan te meld, is die wêreld se voorste fluitjieblaasplatform om verskeie redes:
- Die belangrikste hiervan is die versekering dat fluitjieblasers ten alle koste beskerm word. ExposeIT berg geen persoonlike inligting nie en gebruikers kan nie opgespoor word nie.
- Tweedens is dit ongelooflik maklik om die toepassing te gebruik. Jy kan toegang deur jou selfoon verkry en dokumente soos video’s, foto’s en stemnotas oplaai. Alles word veilig in IBM se beveiligde wolkbedieners geberg.
- Laastens bied die toepassing ’n volledige ouditspoor met instrumentpaneel wat inligting bestuur sodat ondersoekers en fluitjieblasers kan saamwerk om ’n sterk saak te bou.
ExposeIT kan volgens jou behoeftes aangepas word en word reeds deur verskeie multinasionale maatskappye as hul eie produk bemark. In Julie 2021, toe Suid-Afrika deur gewelddadige onluste en plundery geruk is, is die toepassing vinnig aangepas en deur EOH aan besorgde lede van die publiek beskikbaar gestel om voorvalle vinnig en veilig aan te meld.
Versteekte patrone in ons data ontbloot
Die grootste uitdaging vir die meeste ondernemings is om sin te maak van al hul data. Veelvuldige datalêers, argaïese stelsels, verskeie raakpunte en data-gehalte is van die kwessies wat hierdie taak so moeilik maak.
Om ondernemingswye insigte te verkry, benodig jy kragtige oplossings – ’n oplossing soos die ExposeIT Misdaad Intel Platform, gedryf deur IBM i2.
ExposeIT Misdaad Intel Platform laat jou toe om bykans onmiddellik onreëlmatighede te identifiseer, byvoorbeeld sindikate wat swakhede in jou prosesse, toepassings of beheerstelsels teiken. Dit kan die vloei van geld naspoor en medewerkers met mekaar verbind.
Die platform se toepassing strek egter veel wyer as net om forensiese ondersoekers te ondersteun – die vermoë om ’n ingewikkelde vloei van inligting veilig te ontsyfer maak dit ook ideaal vir speurwerk soos ondersoekende joernalistiek. Danksy ExposeIT Misdaad Intel Platform se vermoë om verhoudings tussen veelvuldige datalêers uit te pluis, kan dit byvoorbeeld ook riskante krediteure identifiseer of gekoördineerde sosiale media-rekeninge skep.
Só bou ons beter maatskappye
In ’n omgewing wat voortdurend deur ontwikkelende veiligheidsbedreigings geraak word, is voorsorg duidelik beter as nasorg. Maatskappye is dikwels onwillig om proaktiewe, voorkomende stappe te neem tot dit ’n bedryfsmaatstaf word. Hierdie wag-en-kyk-benadering plaas jou vol in die visier van misdadige aktiwiteite.
XTND se reeks topklas-oplossings laat maatskappye toe om beheer te neem. Pleks van uitgelewer te wees aan kansvatters en misdadige sindikate, plaas XTND se oplossings die mag en kennis in sy kliënte se hande.
Die opsporing van bedrog en IT-beveiliging is nie net ’n manier om jou onderneming terugwerkend skoon te kry nie, dit sal jou ook sterker maak en help groei.
- Servaas du Plessis is uitvoerende hoof van XTND, ’n trotse lid van die EOH-groep.