Nuwe Toyota Corolla Cross versit grense

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Toyota se kompakte nuwe Corolla Cross is in petrol- en hibriedformaat beskikbaar. Foto: Toyota
Toyota se kompakte nuwe Corolla Cross is in petrol- en hibriedformaat beskikbaar. Foto: Toyota

Die Corolla-naam spog met ’n ryk, diverse geskiedenis wat oor 12 geslagte strek. Met meer as 50 miljoen voertuie wat in dié tyd wêreldwyd verkoop is, is dit een van die mees geslaagde modelreekse ooit.

Hoewel die Corolla in 1966 as ’n kompakte stadsryding die lig gesien het, het dit sedertdien heelwat gedaanteverwisselings ondergaan in ooreenstemming met kopersbehoeftes in veranderende tye.

Die Corolla Cross is Toyota se pionier in die mark vir kompakte sportnutsvoertuie wat die gerespekteerde kernprodukkenmerke waarvoor Corolla so bekend is, kombineer met ’n byderwetse nuwe bakvorm wat verbeterde werkverrigting en bruikbaarheid verseker.

Veral Suid-Afrika het ’n groot belang in die Cross, aangesien dit ’n lang geskiedenis van plaaslike Corolla-vervaardiging in Toyota se Prospecton-aanleg in Durban voortsit.

Dit is die eerste hibriede Toyota-model om in Suid-Afrika gebou te word en meer #TrotsSuidAfrikaans as dit kan jy beslis nie in Mzansi kry nie!

Die vasmaak van ’n vervaardigingskontrak vir hierdie model is vir Suid-Afrika belangrik, aangesien dit ’n direkte impak op werkskepping, industriële lewensvatbaarheid en ekonomiese ondersteuning het, nie net vir Suid-Afrika nie, maar ook Afrika as geheel. Om dit te benadruk, het president Cyril Ramaphosa sy goedkeuring getoon deur die Corolla Cross-produksielyn amptelik op 26 Oktober vanjaar te open.

Die onderstel

Die Cross se ontwerp is geskoei op Toyota se gevierde TNGA-platform, wat staan vir Toyota New Global Architecture. Dit verteenwoordig ’n modulêre platform wat geskik is vir luikrug-, sedan- en nutsvoertuig-modelreekse soos gesien in die C-HR, Prius, RAV4 en 12de geslag Corolla-modelle.

TNGA verseker ’n uitstekende bestuurervaring, sonder om ratsheid in te boet. Geraas en vibrasie word daardeur tot ’n minimum beperk, terwyl dit ook bydra tot ’n ruim binnekajuit en bagasiekapasiteit wat in ’n klas van sy eie is. Uitstekende sigvermoë en kajuit-ergonomika is vanselfsprekend deel van die pakket.

Die lae swaartepunt beteken meer gemak vir die bestuurder en dra ook by tot beter hantering en minder bakrol.

Die McPherson-voorvering en draaidissel-agtervering sorg verder vir uitstekende rygerief op die oop pad.

Die voorkoms

Die Corolla Cross smelt die treffende kenmerke van die Corolla-sedan- en luikrugmodelle saam in ’n harmonieuse nutsvoertuigontwerp. Die groot verlengde kopligte, prominente trapesoïde sierrooster en breë, opwaarts gekurfde buffer met vertikale aksentlyne trek dadelik die aandag, terwyl groot elliptiese agterligte met trapesoïde detail, voulyne agter en modderskermrondings wat die voertuig breër laat vertoon, die prentjie netjies afrond.

Die binneruim

Die Cross se binneruim herinner sterk aan dié van die Corolla-luikrug en -sedan. Die ontwerpers het gemik vir elegansie met uitstekende ergonomika en genoeg plek vir insittendes. Sagte elemente soos leersitplekke met stikwerk en stylvolle metaalafwerking (afhangend van die afwerkingsvlak) dra by tot die premium-gevoel van die voertuig.

’n Groot sentraal-gemonteerde informaaklikheid-raakskerm, onbelemmerde sig, groot deuropeninge, 440 liter-kattebak en 60/40-verdeelbare agtersitplekke is alles deel van die gerief wat jy in ’n Cross sal ervaar.

Die kragoorbringstelsel

Siende dat die Corolla Cross bedoel is om ’n nuwe era vir Corolla in te lui, is dit belangrik dat hierdie model Toyota se New-Energy-filosofie omarm. Die handelsmerk is dus trots om aan te kondig dat konvensionele petrol- sowel as hibriede petrol-elektriese kragoorbringstelsels in die Corolla Cross gebruik word.

Albei weergawes is eksklusief tot Toyota se jongste geslag CVT-kragoorbringstelsels, wat reaksie doeltreffender maak en die gebruiker ook die gerief van outomatiese ratwisseling bied.

Die petrolmodel met sy 1,8-liter VVTi 2ZR-FE-enjin lewer 103 kW @ 6 000 rpm en 173Nm @ 4400 rpm. Dit is ontwerp om krag, reaksie en doeltreffendheid te balanseer en spog met brandstofverbruik van ongeveer 6,8 liter per 100 km en ’n redelik lae CO2-uitlating van 154 g/km. Die palwisselratkas bied sewe vooraf geprogrammeerde stappe in handratmodus.

Die vlagskip-hibried word aangedryf deur ’n 1,8-liter 2ZR-FXE Atkinson-siklus-petrolenjin met ’n kraguitset van 72kW en 142Nm (suiwer ICE-modus), gekombineer met ’n elektriese motor met kraguitset van 53kW en 163Nm, met onmiddellike wringkrag-aanjaging wat versnelling aanhelp (soortgelyk aan turbo/drukaanjaer). Saam lewer die twee ’n totale uitset van 90kW.

Versnelling is seepglad en bykans oombliklik, veral in die EV-modus, en die elektriese motor skakel ook heelwat geraas uit.

Die kompakte, dog doeltreffende batterypak word outomaties deur die petrolenjin en terugvoerremming gelaai, terwyl die geslote kringstelsel beteken dat jy die voertuig nie êrens hoef in te prop om die battery te laai nie.

Met ’n brandstofverbruik van 4,3 liter per 100 km en 98 g/km CO2-uitlating, bied die Cross-hibried nie slegs beter werkverrigting nie, maar ook veel beter brandstofverbruik as die konvensionele petrolmodel.

Drie afwerkingsvlakke

Die Cross kom in drie afwerkingsvlakke, naamlik die Xi, Xs en Xr, ’n benaming wat ook vir Corolla- en ander Toyota-passasiersvoertuie gebruik word.

Die Xi as intreemodel is gemik op diegene wat na waarde soek, die middelvlak Xs bied ekstra gemak en gerief, terwyl die vlagskip Xr opgegradeer is met bykomende toerusting en buite-afwerking asook groter allooiwiele.

Standaardtoerusting

Die Corolla Cross is mildelik toegerus, maak nie saak watter model jy kies nie. Standaardtoerusting vir die Xi sluit in kleurpassende bakpanele, sleutellose toegang, elektriese kantspieëls, 17 duim-allooiwiele met 215/60/R17-bande, LED-agterligte en outomatiese kopligte. Binne bied die Xi vier bekerhouers, stoorplek vir los goedjies, 60/40-verdeelbare agtersitplekke, stuurwielbeheerknoppe, spoedbeheer, lugversorging, ’n 12 V-kragsok, elektriese vensters, ’n inligtingskerm op die instrumentpaneel vir die bestuurder, asook Toyota Connect.

Die Xs kry misligte en opgegradeerde LED-kopligte by, asook parkeerhulp en reënsensors vir die ruitveërs. In die binneruim is daar swart leersitplekke, lugversorging wat na tweesone-klimaatbeheer opgegradeer is, asook ’n TFT-raakskerm wat ’n tru-kamera, Apple CarPlay/Android Auto-aanpasbaarheid en twee bykomende USB-sokke insluit. Toyota Connect is ook ingesluit.

In die Xr kan jy ekstras soos 18 duim-allooiwiele met 225/50/R18-bande, ’n swart en grys sierrooster, Toyota Safety Sense, keuse van swart of terra rossa (rooi) leersitplekke, LED-beligting in die kajuit en Toyota Connect verwag.

Veiligheid eerste

Met jou veiligheid in gedagte, bied alle Corolla Cross-modelle ’n omvattende veiligheidspakket. Daar is onder meer ’n teendiefstalstelsel, deure wat outomaties sluit, ISOFIX-ankerpunte, bestuurder-, passasier- en kantlugsakke, voertuigstabiliseringskontrole, asook ABS-remme, ’n elektroniese remstelsel en afdraandbeheer.

Die Toyota Safety Sense waarmee die Xr-modelle toegerus is, behels aanpasbare spoedbeheer, blindekolspeuring, baanwisselinghulp en ’n botsingwaarskuwingstelsel.

Modelle en pryse

Die Toyota Corolla Cross is in vyf verskillende weergawes beskikbaar:

  • Corolla Cross 1,8 Xi - R349 900
  • Corolla Cross 1,8 Xs - R390 100
  • Corolla Cross 1,8 XR - R425 400
  • Corolla Cross 1,8 Hybrid Xs - R413 000
  • Corolla Cross 1,8 Hybrid XR - R448 300

Diensplan en waarborg

’n Diensplan van ses dienste/90 000 km kom standaard saam met alle Corolla Cross-modelle, asook ’n driejaar-/100 000 km-waarborg.

Aanbevole dienstydperke is elke 12 maande of 15 000 km. Hibriedmodelle geniet ’n bykomende agt-jaar-waarborg op die hibriede battery.

Vir bykomende gemoedsrus kan jy die diensplan en waarborg by enige van Toyota se 220 takke landwyd laat verleng.

Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.20
+0.8%
Rand - Pond
20.67
+1.0%
Rand - Euro
17.19
+1.1%
Rand - Aus dollar
10.99
+0.6%
Rand - Jen
0.13
+0.7%
Goud
1,838.17
-0.1%
Silwer
24.47
+1.3%
Palladium
2,065.50
+3.1%
Platinum
1,042.50
+1.5%
Brent-ruolie
88.44
+1.1%
Top-40
69,587
+0.1%
Alle aandele
76,233
+0.1%
Hulpbronne 10
77,182
+0.2%
Industriële 25
95,831
+0.2%
Finansiële 15
15,111
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos