Nuwelinge op die mark: Maak dié produkte deel van jou inkopielys

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
nuut op die rak

As jy op soek is na gehalteprodukte wat jou geregte kan opkikker, ’n selfoon-app wat jou veiliger sal laat voel, gesondheidstee wat jou welstand kan verbeter en hope meer, kan jy gerus die volgende produkte by jou inkopielys voeg:

1. Rio Largo

Rio Largo is ’n besonderse internasionaal bekroonde ekstrasuiwerolyfolie uit een van Suid-Afrika se vooraanstaande landgoedere. Dié olie word deur Nick Wilkinson (Master Miller UC Davis USA 2015) op die oewer van die Breërivier geproduseer. Die Italiaanse-styl kultivars word op die landgoed gegroei, met die hand gepluk en gebotteleer. Hulle waarborg heerlike vars ekstrasuiwerolyfolie in uitsonderlike verpakking wat tot die laaste druppel vars bly – werklik ’n geskenk van gesondheid. Ook beskikbaar by @Home, uitgesoekte kettingwinkels en kan aanlyn bestel word. 

2. Captain Joe Pilchards

Wanneer jou energievlakke laag is, kry jou krag terug met proteïen-belaaide, vars verpakte, reg-om-te-hap Captain Joe Pilchards. Dit is propvol Omega-3-vetsure wat ’n baie belangrike rol in die regulering van bloedcholesterolvlakke speel. Captain Joe kom in drie smullekker geure: In hot chilli sauce, In tomato sauce en In brine. Volg hulle op Instagram @captainjoefoods en Facebook @CaptainJoePilchards vir meer inligting en kompetisies.

3. Banhoek Chilli Oil

Geskep in die vallei met dieselfde naam, bied Banhoek Chilli Oil jou die perfekte byt. Dié olie word met die hand in klein hoeveelhede met plaaslike bestanddele gemaak.

Ideaal vir kosliefhebbers, huiskokke en braai-entoesiaste, is hul pragtig toegedraaide bottels ook ’n ideale fynproewersgeskenk – nuttig om byderhand of in die spens te hê. Dit is geskik vir vegetariese, halaal- en kosjer-diëte. Hierdie heerlike olie behoort binnekort jou gunsteling te word!

4. Two in a Bush

Two in a Bush-rooibos-ystee, ’n heerlike nuwe aanmaakkoeldrank, is ’n gesonder alternatief met ’n lae suikerinhoud en 100% natuurlike bestanddele. Die koeldrank, gebrou van rooibosstokkiestee, is propvol antioksidante en ’n veelsydige drankie. As jy nie net koeldrank wil drink nie, probeer dit in hul G & Dubbel T (tee en tonikum) saam met jou gunsteling-jenewer. Klik hier vir die resep.

Vir meer inligting, stuur e-pos na info@barkerandquin.co.za of info@twoinabush.co.za.

5. Netstar Companion

Kry gemoedsrus in jou gatsak met Netstar Companion, ’n nuwe gewapende- en mediese reaksiediens op jou slimfoon! Wanneer jy onveilig voel of noodbystand benodig, klik net op jou app of skud jou foon om hulp te ontbied, waar ook al jy is! Kry dit vandag teen slegs R69 per maand of R198 per maand vir ’n gesin van vier.

6. BioSeal Skincare

BioSeal het ’n passie vir mense en velsorg. Hul doelwit is om lewens te verander, een vel op ’n slag. By Bioseal word natuurlike velsorgprodukte geskep met een doel voor oë – om jou lewe te verbeter. Hulle glo dat as jy beter voel oor jou natuurlike voorkoms, die innerlike jy tot sy volle reg kom.

Hul hoëgehalte- natuurlike produkte bevat geen paraben-chemikalieë, wat skadelik vir jou vel is, nie. Bederf jouself met eg Suid-Afrikaanse, luukse velsorgprodukte.

7. Happy Culture Kombucha

Happy Culture Kombucha is ’n vonkelende probiotiese tee, propvol heilsaamheid om gesondheid van die spysverteringstelsel en algehele welstand te verbeter. Dit is heerlik, suikervry en ’n gesonde alternatief vir gaskoeldrank vol suiker en alkoholiese drankies. Die reeks is beskikbaar in ’n reënboog van heerlike geure om enige luim, oomblik of persoonlikheid te pas. Die produkte kan oral in Suid-Afrika by verskillende winkels gekoop word. Rakpryse wissel van R25 tot R30.

8. Bybel-Media 

Ligland is waar almal leef met lig, lag en liefde. Hierdie reeks van vier kleurryke boeke help kinders om verlies, angstigheid, boeliegedrag en eensaamheid te hanteer en te verwerk. Die Ligland-karakters lei almal, klein en groot, deur die lewe en sy uitdagings. Hulle wys hoe om met mekaar oor die moeilike ervarings van die lewe te praat en om in geloof geanker te bly. Dit is geskryf deur ’n bekende spelterapeut en is beskikbaar in Afrikaans, Engels, isiXhosa en Sesotho. Die prys beloop R99 per boek.

besig om te laai... Regstreeks
England 84/5
India 416/10
Rand - Dollar
16.50
-1.3%
Rand - Pond
19.96
-1.0%
Rand - Euro
17.21
-1.0%
Rand - Aus dollar
11.24
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-1.0%
Goud
1,810.71
0.0%
Silwer
19.89
0.0%
Palladium
1,964.46
0.0%
Platinum
892.00
0.0%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-4.1%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos