Keer die winterkoue uit met heerlike wyne wat jou van binne sal verhit en bederf in Junie die man(s) in jou lewe met een van die volgende opsies:
Overhex
Wat is ’n goeie geskenk vir ’n rots? Nie ’n rots van klip nie, maar die rots van jou gesin, die steunpilaar en anker, die pa wat jou alles geleer het, ook van die perfekte balans in die lewe . . .
Bederf jou pa dié Vadersdag met ’n spesiale Balance-geskenkpak: ’n gemengde kis (ses bottels) van die Balance Winemaker’s Selection Sauvignon Blanc 2023 en Balance Winemaker’s Selection Merlot 2022, met ’n splinternuwe Balance-oopmaker en ’n 20%-afslagkode geldig vir sy volgende aankope by www.shipnsip.com.
Koop dit teen slegs R550 en gebruik die kode mixbal3x3 vir gratis aflewering.
Wys jou pa jy waardeer hom!
Besoek www.shipnsip.com of skakel 023 347 501.
Le Pommier
Le Pommier-wynlandgoed is buite Stellenbosch teen die Helshoogtepas in die rigting van Franschhoek geleë. Dié gesinsvriendelike wynplaas spog met manjifieke berguitsigte, ’n restaurant, verskeie verblyfopsies insluitend selfsorg-eenhede, ’n wynproe¬lokaal, asook twee geleentheidslokale.
Dié winter bied hulle hierdie parings teen R105 per persoon:
- Wyn en pizza,
- Wyn en sop, en
- Wyn en Suid-Afrikaanse kos.
Daar is ook ’n paring vir kinders teen R75 elk. Bespreek gerus by 021 885 1269.
Le Pommier se spesiale winterverblyftariewe is soos volg:
Bly vir drie nagte, maar betaal vir slegs twee nagte. Dit sluit in bed en ontbyt vir net R2 850 per persoon.
Aandete, bed en ontbyt vir slegs R1 175 per persoon.
Bespreek by info@lepommier.co.za of besoek gerus hul webtuiste by www.lepommier.co.za.
Koelenhof
Kom geniet hierdie Winter tussen Mei en Augustus ‘n hartlike wynervaring by Koelenhof Wynkelder, Stellenbosch. Die atmosfeer is intiem en gesellig, perfek vir ‘n ontspanne geleentheid van sop en wynproe.
Die eerste keuse wat vir jou wag, is om te kies tussen Bottelskorsie of Biltong sop. Geniet hierby enige 5 wyne van ons Koelenhof wynreeks, terwyl jy langs die kaggel sit en ontspan.
Om jou smaakervaring te voltooi, word ‘n vars Roosterkoek bedien. Hierdie gebakte goedheid is sag en warm, soos die atmosfeer.
Die prys is R140 per persoon vir hierdie wonderlike Winter ervaring.
Bespreek nou by 021-865 2020 of sales@koelenhof.co.za of aanlyn by www.koelenhof.co.za
Strandveld
’n Toevlug vir wyn- en natuurliefhebbers is Strandveld Vineyards aan die mees suidelike punt van Afrika beslis. Daar is twee knus kothuise vir diegene wat ’n rustige winterwegbreek in die natuurskoon benodig.
Die gerieflike uitleg straal warmte en gemak uit, met ’n kaggel as middelpunt.
Omring deur fynbos en savannalandskappe kan gaste die skouspel van Suid-Afrikaanse herfskleure geniet en ontspanne deur die wingerde wandel of asemrowende sonsondergange gade slaan.
Verken die wynlandgoed en proe bekroonde wyne wat die sintuie betower. Die harmonieuse band tussen die natuur en die wyne daaruit, bied ’n onvergeetlike Overberg-ervaring. Bespreek vandag nog jou verblyf hier.
Skakel 028 482 1902 of besoek www.strandveld.co.za.
Cavalli
Kom krul op voor die vuur in Cavalli se ondergrondse proe-lokaal en geniet hul pasbekendgestelde oester-en-wynparing. Sjef Lucas Carstens gebruik interessante geure vir die oesters, soos tempura en mebos; pynappel en sitrus; speserypruim; en laastens 'n innoverende nuutskepping, nostalgies geïnspireer deur ’n Suid-Afrikaanse peuselhappie-gunsteling: geblikte oesters op soutbeskuitjies.
Wandel deur die eienaar se persoonlike versameling sport- en ander gedenkwaardighede met ’n helm van Michael Schumacher, oorspronklike krieketkolwe en bokshandskoene, en selfs kitare van The Rolling Stones en Billy Joel.
Die kunsgalery is 600 m2 groot en is trots om plaaslike kunstenaars te ondersteun. Die kunsstukke word versigtig gekies deur die besturende direkteur Lauren Smith en Cavalli se kunskurator Amy Lyn Eveleigh.
Besoek gerus hul webtuiste by www.cavalliestate.com
Diemersfontein
Diemersfontein-wynlandgoed, geleë in die hartjie van die Kaapse Wynlande, is net die plek vir jou as jy op soek is na knus verblyf en heerlike rooiwyn hierdie winter.
Maak gebruik van hul winterpakket: twee nagte se bed-en-ontbyt-verblyf vir twee gaste in een van hul “Garden Rooms”, asook ’n kis van hul Ovation-reeks (drie bottels Ovation Merlot 2020 en drie bottels Ovation Shiraz/Cabernet Sauvignon 2022) teen slegs R3 850. Hierdie aanbod geld tot einde Augustus 2023 en is onderhewig aan beskikbaarheid.
Om jou plek vandag nog te bespreek of vir meer inligting, skakel gerus 021 864 5050 of stuur e-pos na reception@diemersfonfein.co.za. Besoek www.diemersfontein.co.za vir meer inligting.