
Rabie se nuwe spogontwikkeling in Century City, Nine Palms, sal ’n moderne woonstelblok wees wat uit 125 woonstelle bestaan.
Dit lê teen die water in die nuwe Ratanga Park en is binne stapafstand van geriewe soos die Canal Walk-winkelsentrum, verskeie restaurante en koffiewinkels.
Die amptelike bekendstelling vind vandag, Donderdag 26 Mei, plaas. Belangstellendes kan eenhede reserveer deur met die ontwikkelaar in verbinding te tree. Konstruksie begin September 2022 en jy sal teen die begin van 2024 kan intrek.
Belê in jou leefstyl
Alles is op jou drumpel. Geniet die ontspanne, gerieflike leefstyl van Kaapstad se slimstad.
Met ’n uitsonderlike ligging reg langs Ratanga Park, kombineer dié ontwikkeling natuurskoon met die gerief van ’n staproete. Hier vind jy die ware definisie van ’n moderne stadslewe, waar balans noodsaaklik is.
Begin jou dag met die rustigheid van die park wat jou omring. Stap gimnasium toe of gaan draf langs die kanale. Geniet ’n wegneemkoffie op pad terug. Stap kantoor toe. Ontmoet jou vriende vir drankies teen sononder en stap veilig huis toe.
Hoekom Nine Palms?
Nine Palms se drie woonstelblokke gaan uit 125 moderne woonstelle bestaan wat om ’n sentrale parkeerterrein met pragtige tuine vou.
Hierdie private lushof en tuine stel die indrukwekkende nege palmbome ten toon wat eens deel van die ou Ratanga Junction se ingang was. Dié reuse is reeds meer as 20 jaar oud, en vorm die middelpunt en identiteit van die ontwerp van die ontwikkeling. Dit dien ook as skakel tussen die private tuine en die openbare piazza langs die waterfront.
Wat bied die gebou?
Die hele gebou sal van noodkrag voorsien word, wat beteken dat jy nie onderhewig is aan beurtkrag nie. Hulle bied ook:
- veilige parkering;
- moderne afwerkings;
- ruimte-slim ontwerp;
- alle een- en- tweeslaapkamerwoonstelle het balkonne en die studio’s het Juliette-balkonne;
- hoëspoed-internetvesel; en
- toegangsbeheer en kringtelevisie, bo en behalwe Century City se slim veiligheidsmaatreëls.
Omgewingsvolhoubaarheid
Die volhoubare ontwerp is gemik op EDGE-sertifisering wat insluit:
- groenenergie-inisiatiewe;
- volhoubare water-tegnieke soos herwinde gryswater vir besproeiing;
- laer bedryfskoste; en
- waterslim-tuinuitleg.
Geldsake
- Studio’s beslaan 30 m² en is beskikbaar vanaf R1,175 miljoen.
- Eenslaapkamers is tussen 46 m² en 54 m² groot en beskikbaar vanaf R1,7 miljoen.
- Tweeslaapkamers van tussen 66 m² en 96 m² is beskikbaar vanaf R2,7 miljoen.
- Reserveer aanlyn of deur ’n agent.
- Koop teen vandag se pryse en die eiendom dra eers oor in 2024.
- Geen oordragskoste nie (prokureursfooie steeds betaalbaar).
- BTW is ingesluit, wat beteken dat indien jy vir ’n 100%-lening kwalifiseer, jy die hele koopbedrag kan finansier. Kopers moet ook ’n 10%-deposito betaal.
Vir meer inligting, besoek gerus www.ninepalms.co.za.