SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue bou voort op wegholsukses

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Van links bespreek Warrior Ric, ambassadeur van SPAR se veldtog teen geslagsgeweld, Thandy Matlaila, ambassadeur van die SPAR Grand Prix-reeks, Shireen Noble, adjunkpresident van Atletiek Suid-Afrika, Sean Komlosy, borgskapbestuurder van SPAR Laeveld, en Elana Afrika-Bredenkamp, programdirekteur, die reeks wedlope by die bekendstelling.  Foto’s: Reg Caldecott| Gallo Images
Van links bespreek Warrior Ric, ambassadeur van SPAR se veldtog teen geslagsgeweld, Thandy Matlaila, ambassadeur van die SPAR Grand Prix-reeks, Shireen Noble, adjunkpresident van Atletiek Suid-Afrika, Sean Komlosy, borgskapbestuurder van SPAR Laeveld, en Elana Afrika-Bredenkamp, programdirekteur, die reeks wedlope by die bekendstelling. Foto’s: Reg Caldecott| Gallo Images

Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue maak op Saterdag 3 September vir die derde keer sy buiging as simbool van hoe die land bo gesamentlike en persoonlike swaarkry kan uitstyg.

Die 2022-weergawe van die gewilde virtuele wedloop is op Dinsdag 10 Mei in Kaapstad bekendgestel.

Daar is onthul dat die ikoniese SPAR Grand Prix-uitnodigingsreeks terug sal wees vir nog ’n aflewering van wêreldklas-padwedlope met die voorste vroueatlete in Suid-Afrika en elders.

Die reeks brei uit na Mpumalanga, wat vir die eerste keer as een van die ses wedlope aangekondig is. Mbombela is by die kalender gevoeg en vervang Pietermaritzburg.

Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 sal voortbou op die wegholsukses van verlede jaar se wedloop, toe inskrywings landwyd oopgestel en die land se mooiste wedloop na alle uithoeke van die land (en selfs die buiteland) geneem is.

As ’n virtuele wedloop is daar geen geografiese grense nie, terwyl deelnemers kan besluit oor hul roete, die pas waarteen hulle dit wil voltooi en of hulle dit alleen, saam met vriende, familie of as ’n gemeenskap wil aanpak.

Styg uit bo uitdagings

Vanjaar se tema, #IRise, is ’n viering van hoe Suid-Afrikaanse vroue uitdagings die hoof bied. Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 moedig alle deelnemers aan om hul innerlike krag in te span, die #IRise-filosofie te eien en deel te word van ’n gemeenskap wat gesamentlik bo hul uitdagings uitstyg.

Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue is in 2020 bekendgestel as ’n eerbetoon aan Suid-Afrikaanse vroue se veerkragtigheid te midde van die onsekerheid wat die Covid-19-pandemie meegebring het.

Hoewel die regering die ramptoestand opgehef het, bly die pandemie in ons midde, wat SPAR weereens aangespoor het om die pragtige wedloop die virtuele ruimte in te neem.

“Vir die veiligheid van ons deelnemers, gegrond op die wisselende Covid-19-regulasies en die ongekende tye waarin ons leef, het ons besluit om vanjaar weer die virtuele pad te stap,” sê Charlene Subbarayan, SPAR-groepborgskap- en geleentheidsbestuurder.

“Dit beteken egter nie ons mag nie pret hê nie. So, kry jou vriende bymekaar, werk ’n roete in jou plaaslike gemeenskap uit en deel al die pret deur jou foto’s met #IRise #YourRaceYourPace te merk en deel te wees van ons aanlyn gemeenskap.”

Aanlyn inskrywings is nou oop vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022. SPAR nooi vroue van oor die land heen om aan te sluit op Saterdag 3 September, enige tyd tussen 06:00 en 18:00 (onderhewig aan die regering se inperkingsregulasies). Deelnemers kan enige plek in Suid-Afrika hul virtuele uitdaging teen hul eie pas hardloop, draf of stap.

Yolanda Bukani, kankeroorwinnaar en inspirasie-ambassadeur van die SPAR-uitdaging, by die bekendstelling van hierdie reeks wedlope op 10 Mei by Infinity Studios in Kaapstad.
Thandy Matlaila, ambassadeur van die SPAR Grand Prix-reeks, in ’n tafelgesprek by die bekendstelling.

Meer as net ’n wedloop

Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue is meer as ’n wedloop, dit is ’n viering van vroulike kameraadskap en ’n sosiale ooreenkoms wat daarop gemik is om die lewe van jou medemens te verbeter. Elke jaar neem die uitdaging ’n liefdadigheidsorganisasie aan wat ’n breër kwessie in ons gemeenskappe aanspreek.

Deur in te skryf vir vanjaar se SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue, sal deelnemers ’n betekenisvolle bydrae tot die lewens van jong meisies maak. Vir elke inskrywing sal ’n pak sanitêre doekies geskenk word om ’n dogter in die skool te hou deur die SPAR Petals Project. Die projek pleit vir ’n skaamtevrye opvoeding vir alle jong vroue, en deur hul bydraes sal deelnemers hierdie meisies help om bo hul uitdagings uit te styg.

“Die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 steek nie net geografiese grense oor nie, maar dien ook as ’n skakel tussen gemeenskappe. Dit is ’n beweging wat die veerkragtigheid van vroue oor die lengte en breedte van die land vier,” sê Mike Prentice, SPAR-groepbemarkingsbestuurder.

“Om te sien hoe vroue uit verskillende agtergronde die strate en roetes van Suid-Afrika invaar, vul ons met geweldige trots. SPAR sien uit na die duisende kleurvolle plasings op sosiale media-platforms van hoe vroue van alle agtergronde die wedloop aanpak.”

Die uitdaging spog ook met ’n toegewyde groep ambassadeurs wat help om die #IRise-boodskap te versprei en die liefdadigheidsorganisasies wat hulle ondersteun, te bevorder. Daar is verskeie bekende gunstelinge en ’n paar nuwe gesigte op die lys wat gretig is om Suid-Afrikaners opgewonde te maak oor die uitdaging.

Lebo Mashile was die gaskunstenaar.
Queen Ntokozo Mayisela Zulu het ’n video geskiet by die bekendstellingsgeleentheid.

Almal is welkom!

Uitdagings inspireer almal om op te staan, en uit hierdie opstaan leer jy waartoe jy in staat is. Die tema van die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 is gewortel in die konsep van opstaan ten spyte van uitdagings, soos ’n feniks wat uit die as verrys.

Dit is dan ook wat die uitdaging self gedoen het te midde van ’n wêreldwye pandemie. In uitdagings lê daar ’n geleentheid, en daar is ’n oorvloed van geleenthede vir kreatiwiteit te midde van die uitdagings wat ons tans in die gesig staar.

Vanjaar verwag die organiseerders om weer op te staan ter viering van ’n Suid-Afrikaanse staatmaker. Tesame met ’n kragtige digitale veldtog poog die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 om die mees inklusiewe uitdaging ooit in Suid-Afrika te wees.

Oor die jare het die uitdaging vroue van alle vlakke van die samelewing bymekaar gebring om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak. Vanjaar is geen uitsondering nie, want ons pak die uitdaging as ’n nasie aan en geen vrou (of man) word agterlaat nie. Terwyl die uitdaging steeds ten volle op vroue gefokus is, word deelnemers aangemoedig om hul gesinne, vriende en diere te bring. Almal is welkom om aan hierdie inklusiewe uitdaging deel te neem, ongeag hul geslag.

Skryf só in

Inskrywings vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue 2022 beloop R120. As deel van die inskrywingsfooi kry elke deelnemer ’n wedlooppakkie met ’n amptelike T-hemp, toegang tot die My Virtual Challenge-tydskrif, ’n gesigbof en medalje.

Vanjaar is daar selfs meer maniere hoe jy aanlyn kan deel wees van die pret. Deelnemers kan die amptelike webwerf, sparvirtualchallenge.co.za, besoek om hul wedloopnommer en eindstreepsertifikaat te genereer – perfek vir selfies voor en na die wedloop!

Gebruik #IRise en #SPARVirtualChallenge wanneer jy jou deelname op sosiale media deel en by hul aanlyn gemeenskap inskakel.

Vir meer inligting en om uit te vind hoe om in te skryf, besoek www.sparvirtualchallenge.co.za. Inskrywings is beperk tot 60 000 deelnemers. Skryf dus so vinnig moontlik in om teleurstelling te voorkom.

Bly ook op hoogte van al die nuutste verwikkeling op Instagram en Facebook.

Vir meer inligting oor die SPAR Grand Prix-reeks, besoek gerus https://sparwomensrace.co.za of volg die reeks op sosiale media by Facebook of Instagram.

besig om te laai... Regstreeks
United States of America 310/5
Scotland 206/10
Rand - Dollar
15.57
+1.0%
Rand - Pond
19.66
+0.2%
Rand - Euro
16.71
+0.1%
Rand - Aus dollar
11.15
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.2%
Goud
1,853.66
0.0%
Silwer
22.12
0.0%
Palladium
2,076.50
0.0%
Platinum
956.50
0.0%
Brent-ruolie
119.43
+1.7%
Top-40
63,883
+1.4%
Alle aandele
70,486
+1.4%
Hulpbronne 10
76,948
+0.6%
Industriële 25
76,115
+1.3%
Finansiële 15
16,257
+2.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos