
Organiseerders word oorval deur fietsryers wat versoek dat voorafinskrywings vir die Netwerk24 Paarl-fietstoer oopgehou moet word tot die einde van die maand. Daar is dus besluit om die afsnydatum vir doutrappers na 31 Mei te skuif.
Meer as 1 000 fietsryers het reeds vir die Paarl se groot wedren ingeskryf en die reaksie vanuit die fietsrygemeenskap is oorweldigend!
Jaers wat op 4 Desember by die Faurestraat-stadion wil aantree, het tot 31 Mei kans om munt te slaan uit die bekendstellingsaanbod, waarvolgens ryers 20% afslag op hul inskrywings kry asook twee maande se gratis toegang tot Netwerk24 se digitale aanbieding.
Vir al die wedreninligting en om in te skryf, besoek www.devilliersnationalcycling.co.za. Jy kan kies uit ’n 105 km- en 45 km-roete.
Die wedren word met trots deur Netwerk24 en De Villiers National Cycling aangebied, en deur die Drakenstein-verkeersdepartement ondersteun.