Vroue, kom sprei jul vlerke by Vroueoggend in Oktober

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ná ’n Covid-droogte, is die Netwerk24/Die Burger-vroueoggend terug met mening. Elke ma, dogter, vriendin, ouma, kleindogter, tante en sommer net ’n ieder en elke volbloed-vrou word uitgenooi om ’n heerlike vroueoggend op Saterdag 29 Oktober by Kronenburg in die Paarl by te woon.

Tracey Lange gaan vanjaar die seremoniemeester by die vroueoggend wees.

Die tema is Vroue met Vlerke, want:

  • soms het jy jou vlerke nodig om uit die as te verrys,
  • soms beskerm jy jou geliefdes of kinders soos ’n volstruis met haar groot vlerke,
  • soms vlieg jy sommer net hoog omdat die lewe so wonderlik is en wanneer jy trots is op jou geliefdes en kinders,
  • soms slaan jy jou engelvlerke om iemand om te help of te troos,
  • soms gebruik jy jou vlerke om jou net in die lug te hou as dinge dol gaan, en
  • soms vou jy jou vlerke oor jou eie oë omdat jy ’n bietjie moedeloos is.

Die seremoniemeester vir die dag is die nimlike Tracey Lange van KFM en Bravo-faam.

Die gasspreker is Bianca Bezuidenhout, Mej. SA-top-vyf-finalis en motiveringspreker, en Olivia Losper, persoonlike afrigter met ’n passie om mense touwys te maak oor ’n gesonde leefstyl. Bianca en Olivia is albei betrokke by liefdadigheidswerk en Forward Foundation, waarvan Bianca die ambassadeur is. Forward Foundation is ook die amptelike liefdadigheidsorganisasie vir die geleentheid.

Die immergewilde Leah sal sorg vir die vermaak op die dag.

Elke gas sal oudergewoonte ’n stampvol geskenksak kry en op smullekker eet- en drinkgoed trakteer word.

Daar sal stalletjies wees waar gaste kan snuffel en koop. Heelwat pryse is ook op die spel in gelukstrekkings.

Kaartjies is reeds beskikbaar op Quicket.co.za teen R395 per persoon. Spring gou, want sitplek is beperk!

Vir meer inligting of om as borg betrokke te raak, stuur vir Courtney Cupido e-pos na courtney.cupido@media24.com of bel haar by 021 406 2054.

Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos