Wat as . . . ek wegneemetes elke maand uitsny en daardie geld belê?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Met slegs die kleinste verandering aan jou uitgawes kan jy ’n groot verskil maak aan jou finansies. Amanda Gqoli (links) vertel vir Graeme Richards en Nedbank hoe sy met haar JustInvest-rekening ’n ommeswaai gaan maak.
Met slegs die kleinste verandering aan jou uitgawes kan jy ’n groot verskil maak aan jou finansies. Amanda Gqoli (links) vertel vir Graeme Richards en Nedbank hoe sy met haar JustInvest-rekening ’n ommeswaai gaan maak.

Om te praat oor geld en spaar kan dikwels intimiderend voel, maar dit hoef glad nie te wees nie.

Wat as jy net een slegte gewoonte verander en dit plaas jou dadelik in die vinnige baan na belegging en die bereik van jou finansiële doelwitte?

Graeme Richards en Nedbank het die strate ingevaar om gewone Suid-Afrikaners hierdie eenvoudige vraag te vra: Wat as jy ’n slegte gewoonte uit jou begroting sny en daardie geld eerder belê?

Toe hy op Seepunt se promenade gaan stap het, ontmoet Graeme vir Amanda Gqoli, ’n 24-jarige bemarkingsbestuurder wat onlangs van Gqeberha (Port Elizabeth) na Kaapstad verhuis het. Hier is haar storie.

Kyk die video hierbo en staan ’n kans om een van vyf beleggingpryse* ter waarde van R5 000 te wen deur hul te vertel hoe jy jou begroting laat klop het . . .

Amanda is ’n nuweling in Kaapstad en het baie drome. Een van hierdie drome is om eendag haar eie woonstel te besit, maar dit behels bykomende koste soos om regsgelde vir oordrag en registrasie te betaal.

As Amanda wil begin belê om ’n langtermyndoelwit te bereik, sal sy klein moet begin deur te kyk watter slegte gewoontes tans maak dat haar begroting nie altyd klop nie. In haar geval is een van hierdie gewoontes om wegneemetes te bestel.

Amanda reken sy gee tot R700 per maand uit aan wegneemetes wat sy laat aflewer en dit dra by tot ’n yslike R8 400 per jaar! “Ek het nie gedink ek verkwis soveel geld nie,” erken sy.

Indien Amanda daardie R700 per maand oor twee jaar spaar, sal dit selfs meer kan raak: R16 800 oor 24 maande.

Met Nedbank se JustInvest-rekening kan sy as deel van hul promosie ’n spesiale rentekoers van 5,5% oor die eerste jaar verdien, wat R460 ekstra in die bank beteken. Dit sal dan elke jaar wat sy dit belê meer rente dra.

Die rentekoers word ook versprei, wat beteken dat jou rentekoers styg hoe meer jou belegging groei.

As jy Amanda se voorbeeld volg, kan jy ook ’n verskil aan jou finansies sien.

GELDSPAARWENK #1
 Kom ons wees nou eerlik met mekaar, die lewe werk nie altyd uit soos jy dit beplan nie en ’n tuisgemaakte maaltyd is nie elke aand moontlik nie. Wanneer jy in die knyp is, spaar geld deur die prys van die wegneemete wat jy wil bestel te vergelyk op verskillende afleweringsapps. Elke app bereken hul koste verskillend, dus gaan die prys soms verskil sodat jy die goedkoper opsie kan kies.

Amanda kan hierdie geld aanhou belê en laat toeneem totdat dit hopelik eendag genoeg is om die regskoste te dek wanneer sy haar eie woonstel koop.

Met Nedbank se JustInvest-rekening kan jy binne 24 uur nadat jy kennis gegee het, toegang kry tot jou belegging en daar is geen maandelikse of diensgelde nie.

So, watter slegte gewoonte hou jou terug? Dis nou jou beurt om jouself af te vra: “Wat as?”

Doen aansoek vir ’n JustInvest-rekening deur HIER TE KLIK.

Kyk weer na die episode en staan ’n kans om een van vyf beleggingspryse* ter waarde van R5 000 te wen sodat jy aan jou finansiële doelwitte kan begin werk.

Besoek News24 se “What If?”- spesiale afdeling om meer hieroor te lees en in te skryf vir die kompetisie waarin jy ’n kans staan om R5 000 te wen wat jy kan belê in jou eie beleggingsdoelwitte.

* Prysgeld sal uitbetaal word in ’n JustInvest-rekening. Jy hoef nie ’n bestaande Nedbank-kliënt te wees om ’n JustInvest-rekening oop te maak nie.

* Nedbank Bpk. (registrasienommer 1951/000009/06) is ’n gelisensieerde finansiëlediensteverskaffer (FDV9363) en ’n geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP16). B’s en V’s geld.

* Rentekoerse was korrek teen druktyd.


Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

besig om te laai... Regstreeks
India 0
Australia 76/2
Rand - Dollar
17.72
+0.2%
Rand - Pond
21.43
+0.0%
Rand - Euro
19.02
+0.0%
Rand - Aus dollar
12.32
-0.2%
Rand - Jen
0.13
+0.2%
Platinum
976.77
-1.0%
Palladium
1,660.55
+0.4%
Goud
1,878.26
+0.1%
Silwer
22.38
+0.3%
Brent-ruolie
85.09
+1.7%
Top-40
73,968
0.0%
Alle aandele
79,976
0.0%
Hulpbronne 10
74,722
0.0%
Industriële 25
103,851
0.0%
Finansiële 15
16,339
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos