Suid-Afrikaanse spoorwegamptenare het nuwe lokomotiewe ter waarde van honderde miljoene rand na die land ingevoer – ondanks uitdruklike waarskuwings dat die lokomotiewe nie geskik is vir plaaslike spoorlyne nie.
Rapport berig vandag eksklusief oor bes moontlik die land se grootste en duurste onlangse tenderblaps.
Dit kan tot gevolg hê dat belastingbetalers minstens R600 miljoen sal moet opdok vir lokomotiewe wat te hoog is vir die spoorlyne waarvoor hulle bestem is.