Die Suid-Afrikaanse fliek Treurgrond, wat fokus op plaasmoorde in Suid-Afrika, het twee pryse losgeslaan op die International Filmmaker Festival of World Cinema in Amsterdam.
Die fliek, wat in 2015 plaaslik uitgereik is, is aangewys as die beste buitelandse fliek en Pierre Smith is uitgesonder vir sy kinematografie. Steve Hofmeyr vertolk die hoofrol. Dit het vroeër altesaam vyf benoemings op die Nederlandse fees ingeoes. Buiten die benoemings as beste fliek en vir kinematografie, is dit ook uitgesonder met benoemings vir oorspronklike draaiboek, die regie van Darrell Roodt, en Jana Strydom is as beste vroulike byspeler benoem.
Dit is ook onlangs op die Richard Harris-rolprentfees in Ierland as beste fliek vereer.