Die totale hulppakket wat die regering ná die onluste van 9 tot 14 Julie saamgestel het, beloop meer as R36 miljard.
Dis geld wat uit verskillende departemente herprioritiseer moet word, maar word ook deels moontlik gemaak omdat meer belasting die afgelope jaar ingevorder is as waarvoor begroot is.
Geen nuwe lenings sal aangegaan word nie, het Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, Woensdag op ’n nuuskonferensie gesê waarin die hulp uiteengesit is.