Vakbonde wat net meer as die helfte van staatsamptenare verteenwoordig, het Vrydag ’n tweejaarloonooreenkoms met die staat onderteken.
Dit beteken dat alle staatsamptenare vanjaar ’n verhoging kry wat op nagenoeg 7,5% neerkom. Dit sluit in ’n verhoging van 3,3% in hul basiese salaris en die voortsetting van die kontanttoelae van R1 000 per maand, wat gemiddeld ’n verhoging van 4,2% beteken, volgens die bedingingsraad vir die openbare sector.
Dié verhogings word op 1 April van krag.