Die regering speel met vuur deur aan te hou swig voor die dreigemente van militante vakbonde, waarsku die DA.
In ’n vurige verklaring Donderdag vaar dr. Michael Cardo, DA-LP, uit teen die regering se “ruggraatlose” besluit om die knie te buig voor onder meer Nehawu, wat Woensdag ná byna twee weke sy verwoestende onwettige staking beëindig het.
Die regering het nou nie net Nehawu se eis dat weer oor die 2022-loongeskil onderhandel moet word, gelegitimiseer nie, maar ook dat buitensporige verhogings in vanjaar se loononderhandelinge gewaag kan word.