Die vakbonde wat lid is van die vakbondfederasie Fedusa, asook die onderwysersvakbond Sadtu, het Woensdag beklemtoon hulle het nog nie enige loonooreenkoms met die staat gesluit nie.
Dit volg op mediaberigte wat hul lede verwar, wat lui dat hulle wel al met die staat op ’n loonverhoging van 7,5% ooreengekom het vir die 2023-’24-boekjaar.
Maar Mugwena Maluleke, hoofsekretaris van Sadtu, sê die “ooreenkoms” wat verlede week bereik is, was bloot ’n skikking tussen die stakende vakbonde en die regering dat die vakbonde na die onderhandelingstafel sal terugkeer.