Diegene wat in die mark is vir ’n huisie by die see, kan gerus volgende week Bidders Choice se veilings aan die suidkus van KwaZulu-Natal bywoon. Dié afslaer bring dan drie wooneenhede – een in Margate en twee in Uvongo – onder die hamer.
Op 12 Julie om 11:00 word ’n tweeslaapkamereenheid van sowat 90 m² ten volle gemeubileerd op die perseel aangebied. Dié eenheid is in die Chesapeake Bay-kompleks in Marinerylaan. Die eenheid kan op 11 Julie tussen 14:00 en 16:00 besigtig word.
Op dieselfde dag om 13:00 word twee ruim tweeslaapkamereenhede in die Nautilus-kompleks in Shepstonestraat in Uvongo op die perseel verkoop. Dié eenhede van 115 m² elk, is ook ten volle gemeubileerd.