Fokus | Bou aan rykdom in Mauritius

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Kunstenaarsvoorstelling van die eiendomsontwikkelaar 2Futures se La Pirogue Residences op Mauritius.
’n Kunstenaarsvoorstelling van die eiendomsontwikkelaar 2Futures se La Pirogue Residences op Mauritius.

Mauritius is ’n prima­beleggingsbestemming vir Suid-Afrikaners – ’n bestemming waar kopers goeie opbrengs op belegging en kapitale wins sal geniet, sowel as verskeie verblyfreg- en visum-opsies tot hul beskikking het.

Daarbenewens is dit nie net ’n kort vlug vanaf Suid-Afrika nie, maar dit bied kopers ook ’n gehaltelewenstyl in ’n multikulturele samelewing wat vriendelik en veilig is, verduidelik Mukhtar Joonas, erekonsul van Mauritius in die Wes-Kaap en die strategiese sakeontwikkelingsadviseur vir die eiendomsontwikkelaar 2Futures in Mauritius. Hy woon in Clifton.

“Jy hoef niks op te gee as jy hier kom woon nie. Benewens soortgelyke lewenskoste, bied die eiland ook gratis gesondheidsorg, onderwys en gratis vervoer vir studente en senior burgers. Die padinfrastruktuur is baie goed en die winkelsentrums is ten volle toegerus met alles van ’n Woolworths tot ’n Food Lover’s Market, sowel as bekende Suid-Afrikaanse restaurante soos Ocean Basket en Nando’s. Die selfoon- en internetnetwerke is bekostigbaar, en ons onderwysstelsel is uit die boonste rakke.

“Daarbenewens het ons ook ’n baie goeie regstelsel, uitstekende boekhoudingstrukture en ’n opgevoede bevolking,” sê Joonas.

Hy meen hoewel die bogenoemde faktore baie aanloklik is, die florerende eiendomsmark en die beleggingswaarde wat dit bied, sowel as Mauritius se gunstige belastingwette, die ware trekpleisters is. Daarmee saam kom daar ook verblyfreg.

“Daar is verskeie beleggingskemas wat in kopers se behoeftes en vereistes voldoen. Hetsy jy hier wil kom leef, werk en uitspan, net vir ’n jaar wil bly of wil aftree – daar is belegging­skemas met gepaardgaande verblyfregte. Daar is regtig iets vir almal en ons wil die hele proses maklik, eenvoudig en aangenaam maak vir mense wat hulself hier wil kom vestig.”

Die jongste beleid vir fraksionele eienaarskap in Mauritius maak dit byvoorbeeld vir nie-burgers moontlik om een eiendom saam te koop en só verblyfreg vir hulself en hul gesinne in Mauritius te bekom.

Elkeen van die vennote moet $375 000 (sowat R6,5 miljoen) of meer in die eiendom belê, ten einde vir permanente verblyfreg vir hulself, hul ouers, eggenote en kinders te kwalifiseer.

Volgens Joonas is Mauritius se eiendomsmark ook uitstekend vir diegene wat wil belê en rykdom wil bou. “Jy stel dalk nie belang in die aandelemark of die kommersiële sektor nie, en oorweeg eiendom as belegging – iets wat jy kan verhuur of self in kan woon en al die leefstylvoordele kan geniet. Eiendom in Mauritius bied kopers ’n goeie opbrengs op belegging – dikwels tussen 2% en 5%, en dit is op ’n euro- en dollar-basis. Mense wat byvoorbeeld in die gholflandgoedere Tamarina of Anahita belê het – wat aan ’n top-hotel soos die Four Seasons verbind is – geniet nie net hoër kapitaalwinsgroei nie, maar ook ’n hoër gemiddelde huurinkomste. Hierdie ontwikkelings is reg op die strand geleë, eksklusief en bied talle leefstylvoordele.

“Ondanks die groot vraag na eiendom daar is dit amper onmoontlik om te huur of te koop – dus kan die eienaars hoër huurpryse vra en baie meer vir hul eiendomme kry as hul besluit om te verkoop. Dit is die posisie waarin jy wil wees,” sê Joonas.

Volgens Joonas is die 2Futures-groep al vir meer as ’n dekade die voorste eiendomsontwikkelaar op die eiland, bekend vir eksklusiewe, luukse ontwikkelings met regstreekse toegang tot die strandfront. Die groep het al talle residensiële ontwikkelings suksesvol vir beleggers voltooi en fokus nou op eiendom in die boonste segment van die mark.

“Die 2Futures-groep het ’n bewese prestasiegeskiedenis en hulle lewer hoëgehalte-eiendomme met luukse afwerkings, goeie pryse en ’n uitstekende opbrengs op belegging.”

  • Vir meer inligting oor die 2Futures-groep of om ’n afspraak plaaslik te maak om oor beleggingsmoontlikhede daar te gesels, bel Joonas by 082 603 8008. Besoek ook hul webwerf

* Hierdie berig is aangepas sedert dit aanvanklik gepubliseer is.

Rand - Dollar
17.08
-0.2%
Rand - Pond
20.91
+0.9%
Rand - Euro
18.65
+0.5%
Rand - Aus dollar
12.10
+0.6%
Rand - Jen
0.13
-0.4%
Platinum
1,020.69
+0.9%
Palladium
1,651.58
-1.1%
Goud
1,912.75
-1.9%
Silwer
23.45
-2.2%
Brent-ruolie
82.84
-3.2%
Top-40
73,629
-0.1%
Alle aandele
79,802
-0.0%
Hulpbronne 10
74,686
-0.6%
Industriële 25
102,624
+0.1%
Finansiële 15
16,551
-0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos