Byna die helfte (oftewel 42%) van al die geboue wat van Januarie tot September in die land voltooi is, is in die Wes-Kaap gebou.
Die Wes-Kaap spog met R27,31 miljard ook met die hoogste waarde van bouplanne wat goedgekeur is in dieselfde tydperk, teen 31% van die totaal in die land, wys syfers van Statistieke Suid-Afrika (SSA) oor die konstruksiebedryf.
Die totale waarde van die geboue wat in die nege maande in die Wes-Kaap voltooi is, bedra R21,39 miljard en is 30,3% meer as ’n jaar gelede.