Tradehold, een van die vele maatskappye waarin Christo Wiese ’n groot belang het, verander eersdaags in ’n eiendomsbeleggingstrust (reit).
Die stap sal na verwagting in Februarie afgehandel wees.
Die maatskappy se naam op die JSE gaan in Collins verander, ’n verwysing na sy grootste oorblywende bate, die Collins Property Group, waarin Tradehold ’n belang van 74,3% hou.