Fokus | Daarom belê SA’ners nou hier

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Al hoe meer Suid-Afrikaners kyk nou na Mauritius as ’n nuwe of tweede tuiste te danke aan gunstige eiendomsbeleggingsopsies. Foto: PEXELS
Al hoe meer Suid-Afrikaners kyk nou na Mauritius as ’n nuwe of tweede tuiste te danke aan gunstige eiendomsbeleggingsopsies. Foto: PEXELS

Mauritius se status as ’n voorkeurbestemming vir Suid-Afrikaners wat in eiendom wil belê of op soek is na ’n nuwe holte vir hul voet met aftrede, duur voort.

Hierdie idilliese eiland in die Indiese Oseaan is sowat 3 500 km – oftewel ’n regstreekse vlug van sowat vier uur – vanaf Suid-Afrika geleë en is al jare lank ’n gewilde vakansiebestemming vir Suid-Afrikaners.

Daar is ook al heelwat landsburgers­ wat dit hul permanente tuiste gemaak of hul sakebelange daarheen uitgebrei het.

Gunstige belastingwette, ekonomiese groei, politieke stabiliteit en sakevriendelike beleide is faktore wat dit alles aanblaas.

Daarbenewens spog die eiland ook met van die allermooiste natuurskoon en gehaltegeriewe, kulturele diversiteit en ’n ontspanne lewenstyl.

Engels word ook oraloor gepraat en die toerismebedryf daar gaan van krag tot krag.

“Suid-Afrikaners is naas die Franse die tweede grootste groep buitelandse beleggers in Mauritius.

“Hulle word gelok deur die politieke stabiliteit, sterk ekonomie, produktiewe sakeomgewing en erkende regsreëls, sowel as goeie belastingaansporings, uitstekende skole, ’n lae misdaadsyfer, wêreldklas-gesondheidsorg en ’n fantastiese lewensgehalte,” verduidelik Isabelle Hardy, takbestuurder vir Rawson Properties Mauritius, luidens ’n verklaring.

Blik op eiendomsmark

Daarbenewens is die aankoop van eiendom op die eiland ook ’n goeie belegging danksy die florerende huismark daar. Volgens Grahame Diedericks, internasionale skakelbeampte vir Lew Geffen Sotheby’s Interna­tional Realty, word buitelandse beleggers al sedert 2002 op die eiland verwelkom, met talle innoverende residensiële ontwikkelings wat oor die jare daar opgeskiet het.

Dit het ook gesorg daarvoor dat Mauritius se eiendomsmark die afgelope dekade kapitale groei van meer as 300% beleef het, sê hy in ’n verklaring.

“Die regering in Mauritius is ook baie proaktief wat hul pogings betref om buitelandse belegging in die land aan te moedig. Die jongste wysigings aan die beleggingsprogramme maak dit nou makliker as ooit om jouself op die eiland te gaan hervestig,” verduidelik Diedericks.

“Die minimum bedrag wat jy nou in eiendom daar moet belê om vir permanente verblyf te kwalifiseer, is van $500 000 tot $375 000 verlaag. Permanente verblyfpermitte is ook van tien tot 20 jaar verleng.

“Die minimum bedrag om ’n werkpermit te bekom, is nou $50 000 in plaas van $100 000 soos vroeër. Die geldige tydperk van ’n werk- sowel as aftreepermit is ook vanaf drie tot tien jaar verleng.”


GEBORG: Só help hulle jou in Mauritius belê 

2Futures:

Suid-Afrikaners wat na Mauritius verhuis, kan ’n goeie opbrengs op belegging verdien wanneer hulle luukse eilandeiendom koop wat hulle vir permanente verblyf laat kwalifiseer. 

2Futures in Mauritius
2Futures in Mauritius

Mauritius is ’n voorkeurbestemming vanweë sy ongerepte strande, berglandskappe, eilandleefstyl en vriendelike inwoners. Sy internasionale sake-omgewing, toeganklikheid en puik beleggings-, belasting- en verblyfopsies is nog meer aansporing om die skuif te maak. 

Vir meer inligting oor beleggingsmoontlikhede, maak gerus kontak met die eiendomsontwikkelaar 2Futures in Mauritius. Besoek hul webwerf hier

Parklane Properties: 

Jy krap dalk kop as ’n buitelander oor hoe jy eiendom in Mauritius kan koop. 

Die owerhede in Mauritius het oor die jare verskeie soorte eiendomskemas ingestel waar private eiendomsontwikkelaars projekte ontwikkel het wat vir buitelanders toeganklik is.

Die ontwikkeling La Balise Marina in Mauritius.
Die ontwikkeling La Balise Marina in Mauritius.

Hierdie projekte bied kopers permanente verblyfreg in Mauritius deur aan sekere voorwaardes te voldoen. Een daarvan is om ’n goedgekeurde eiendom van meer as R6,5 miljoen ($375 000) op die eiland te koop. 

Vir meer hulp met beleggings daar, kontak die agentskap Parklane Properties. Besoek hul webwerf hier


Daarbenewens bied die banke in Mauritius ook toeganklike verbandlenings vir buitelandse beleggers, met rentekoerse van tussen 7% en 9% en ’n deposito van 40%.

“Een van die maklikste maniere om verblyfreg in Mauritius te bekom is om eiendom te koop. Al wat jy hoef te doen is om in een van die aangewese eiendomskemas te belê,” voer Hardy aan.

Van hierdie beleggingsopsies sluit onder meer die eiendomsontwikkelingskema (PDS), die geïntegreerde oordskema (IRS), die slimstad-skema, sowel as die G+2-skema in.

Elkeen van hierdie skemas het sy eie voordele en beskik oor sy eie pryspunte.

Jou kontrolelys van praktiese stappe

Rawson Mauritius deel hieronder ’n paar praktiese stappe vir kopers wat die eerste keer in Mauritius gaan belê:

1. Stap een: Jy moet ’n bankrekening by ’n bank in Mauritius gaan oopmaak.

2. Verseker dat jy die eiendom kry waarin jy belangstel deur ’n besprekingskontrak te onderteken.3. Kry die bankbesonderhede van die spesifieke dokumentedepositorekening vir jou betrokke eiendom.

4. Betaal die deposito vir die eiendom.

5. Dien jou aansoek vir toestemming om ’n eiendom te bekom en die gepaardgaande dokumente by Mauritius se Ekonomiese Ontwikkelingsraad in.6. Teken die koop-akte en jy is klaar!

Nadat jy die koop-akte geteken het, sal die notaris die eiendom onder jou as die koper se naam registreer.

Sodra dit gedoen is, kan jy by die Ekonomiese Ontwikkelingsraad om ’n verblyfpermit aansoek doen.

Dit neem sowat een tot twee maande om die verblyfpermit te kry.


Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos