Aandeelverhandeling in die Chinese eiendomsontwikkelaar Evergrande is Maandag op die Hongkongse aandelebeurs opgeskort, berig Bloomberg.
Die opskorting is ingestel hangende ’n aankondiging deur die maatskappy oor ’n groot transaksie wat beplan word, het Evergrande in ’n verklaring aan die Hongkongse beurs gesê.
Dit kom te midde van gissings dat Hopson Development Holdings, ’n mededinger van Evergrande, ’n belang van 51% in een van Evergrande se filiale wil koop, volgens ’n berig van die Chinese sakenuusplatform Cailian.