Die sooispitseremonie vir die nuwe Grand Hotel by die GrandWest-casino in Kaapstad. Die hotel word vergroot en sal nou meer as 100 kamers hê sowel as ’n verhitte swembad, gimnasium en spa. By die seremonie Woensdag was van links Ndavi Nokeri, Mej. Suid-Afrika, Geordin Hill-Lewis, burgemeester van Kaapstad, Anton Steenkamp, ontwikkelingsbestuurder by Sun International, dr. Hasan Adam, die oorspronklike argitek van die hotel, en Mervin Naidoo, hoofbestuurder van GrandWest. Foto: Jaco Marais
Sun International het besluit dit het tyd geword om sy Grand Hotel van net 39 kamers by die GrandWest-casino in Kaapstad uit te brei.
Die GrandWest-casino is Sun International se besigste en grootste casino- en vermaakkompleks in Suid-Afrika. Die vierster-boetiekhotel op die perseel was die afgelope 12 jaar nog altyd 99% vol en moes mense lank voor die tyd bespreek om plek te kry.
In ’n eerste fase van R122 miljoen gaan die hotel nou met 68 kamers uitgebrei word.