’n Meerverdieping- luukse woning teen Northcliff se beroemde Aasvoëlkop met panoramiese uitsigte sal op 24 Mei deur Park Village Auctions (PVA) opgeveil word.
Volgens Clive Lazarus van PVA gaan hierdie vyfslaapkamerhuis almal jaloers maak op die nuwe eienaar.
“As dit nie was vir die onmiskenbare Johannesburgse stadskim in die verte nie, sou hierdie eiendom baie maklik in Hollywood kon staan vanwaar ’n mens vanuit die ewigheidswembad uitkyk op die lowerryke landskap,” sê Lazarus.