As 2021 ’n Formule 1-wedren was en die motors verskillende kategorieë eiendom, sou nywerheidseiendom (fabrieke en pakhuise) die wenner wees.
Kantore sou die motor gewees het wat ’n ongeluk gemaak het en aan die wedren moes onttrek.
Dié beeld som die stand van die eiendomsbedryf vir Kobus Lamprecht, redakteur van die Rode-verslag vir die vierde kwartaal, op.