Fokus | Jou gids tot huiskoop in ’n nuwe ontwikkeling

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die verkope van eiendom in nuwe residensiële ontwikkelings waar jy van die plan af koop, bly toeneem op eie bodem, meen eiendomskenners.

Die vraag na hierdie tipe eiendom waar jy net die deur agter jou kan toetrek word grootliks aangeblaas deur huiskopers wat na ’n splinternuwe eiendom op soek is met laer voorafkoste en baie goeie veiligheid – in ’n woonomgewing met ’n gemeenskapsgevoel en ’n verskeidenheid geriewe op hul voorstoep.

“Ons bly al hoe meer verbandaansoekers sien wat na eiendom in nuwe ontwikkelings op soek is in Suid-Afrika,” verduidelik Rhys Dyer, die uitvoerende hoof van die verbandvergelykings­firma ooba, luidens ’n verklaring.

Wat beteken dit om van die plan af te koop?

Gestel jy stel dalk belang in ’n spesifieke ontwikkeling, maar die ontwikkelaars het nog nie die ontwikkeling voltooi of enigsins met die bouwerk aan die huise begin nie – een van die opsies is dan om van die plan af te koop.

“Potensiële huiskopers wat van die plan af koop kan gewoonlik vooraf die skoueenhede binne die ontwikkeling gaan besoek, en die argitekstekeninge en driedimensionele voorstellings van hul toekomstige huis besigtig voordat hulle ’n finale besluit neem,” sê Dyer.

Hy sê dit is belangrik om te onthou dat ten tyde van die aankoop, jy die eiendom letterlik van die plan af koop aangesien die huis of woonstel nog nie gebou is nie.

Bekostigbaarheid op eie bodem

As jy hierdie roete met jou eiendomsaankope volg, verg dit ’n mate van vertroue in die ontwikkelaar en sy of haar vorige prestasies in die bedryf. Kopers hoef egter nie die volle bedrag vir die eiendom te betaal totdat dit voltooi is nie.

“Die grootste trekpleister van hierdie wyse van eiendom koop is ongetwyfeld die bekostigbaarheid daarvan. Die verbandpaaiemente begin eers as die bouwerk klaar is – wat kopers gewoonlik sowat 24 maande gee om geld opsy te sit en diensooreenkomstig te begroot. Slim kopers kan hierdie tydperk ook as ’n geleentheid gebruik om rente op die deposito vir die eiendom te verdien,” verduidelik Dyer.


GEBORG: Nuut op die mark 

  • Mount Vernon, Stellenbosch: 

Die beveiligde landgoed Mount Vernon het fase een met groot sukses geloods! Dié landgoed van sowat 40 hektaar is op die wynlandgoed Mount Vernon geleë, en bied heeltydse sekuriteit, ’n spaantennisbaan, ’n 25 meter-swembad en klubhuis, sowel as veilige stap- en drafroetes. 

Mount Vernon Estate
Mount Vernon Estate

Die landgoed is sentraal geleë tussen Stellenbosch en Paarl, met vinnige toegang tot die N1, R44 en Simondium.Eietitel-erwe is nou te koop vanaf R1 545 000 (belasting ingesluit) tot R2 395 000. Die groottes wissel tussen 800 tot 934 vierkantmeter.

Die verkoopsprys sluit ook die oordragskoste in. Fase een het binne twee weke altesaam 75% uitverkoop, daarom beoog die ontwikkelaar Zevdevco om in Februarie aanstaande jaar die dienste-infrastruktuur te laat installeer. Oordrag van die eerste erwe word vir laat in Oktober beplan.

Die eietitel dorpshuise sal na verwagting ook in Februarie in die mark bekend gestel word. Die bemarkings- en verkoopsagentskap Louw & Coetzee Eiendomme raai belangstellendes aan om die webwerf te besoek vir meer inligtin oor hierdie gesogte projek.

  • King’s View Estate, Stellenbosch: 

Die Stellenbosse leefstyllandgoed King’s View is ’n juweel in die hart van die Kaapse Wynland, omring deur welige groen landskap.

Volgens die ontwikkelaar maak die ruim erwe en koninklike skouhuise op die landgoed dit vir kopers ’n unieke geleentheid om in die wynland te woon en Stellenbosch hul tuiste te noem. Die landgoed is ideaal geleë naby aan ’n groot verskeidenheid geriewe soos winkelsentrums, ’n Mediclinic-hospitaal en goeie skole.

King's View Estate
King's View Estate

Die eiendom op die landgoed kry luukse afwerkings en daarbenewens word King’s View ook heeltyds beveilig met die jongste veiligheidstegnologie. ’n Rustige plattelandse landskap en mooi uitsigte op die berge en die wingerde in die omliggende omgewing rond die prentjie af.

Vir meer inligting oor King’s View of beleggingsmoontlikhede daar, besoek die webwerf

  • Swindon Property: 

Die makelaar vir kommersiële- en nywerheidseiendom Swindon Property het onlangs met die vyfster-prys vir die beste Suid-Afrikaanse eiendomsagentskap en -konsultant weggestap tydens die toekenning van die gesogte Internasionale Eiendomspryse vir 2022-’23. 

Swindon Property Group
Swindon Property Group

“Hierdie is ’n wêreldbekende prys vir uitnemendheid en ons is só dankbaar vir ons spanne reg oor Suid-Afrika heen wat onverpoos werk om die hoogte diensstandaarde te lewer. Daarbenewens is ons ook dankbaar vir ons kliënte vir hul lojale ondersteuning,” sê Andrew Dewey, besturende direkteur van Swindon. 

Besoek die webwerf vir meer inligting oor Swindon. 


Daarbenewens hoef kopers wat in ’n nuwe residensiële ontwikkeling belê ook nie oordragskoste te betaal nie. “Dit is omdat oordragskoste nie betaalbaar is vir eiendom waar die belasting by die verkoopsprys ingesluit is nie, en dit is heel waarskynlik die geval wanneer jy ’n nuutgeboude eiendom in ’n nuwe ontwikkeling koop,” sê Dyer.

“Dit is ’n groot besparing as jy in ag neem dat jy oordrag moet betaal op enige bestaande eiendom van R1 miljoen of meer. Daarbenewens moet jy ook onthou dat die oordragskoste hoër raak soos die verkoopsprys styg.”

Kopers moet egter net daarop let dat belasting steeds betaalbaar is op ’n nuutgeboude huis in ’n nuwe ontwikkeling. “Jy gaan steeds belasting moet betaal omdat die huis in die naam van die ontwikkelingsmaatskappy geregistreer is en steeds aan belasting onderworpe is.”

Dit is ook dikwels die geval dat die meeste huise wat van die plan af verkoop word, deeltiteleenhede is. “ ’n Deeltiteleenheid verwys bloot na die individuele eienaarskap van ’n eenheid binne ’n kompleks of ontwikkeling.”

Bykomende uitgawes soos versekering, veiligheid en instandhouding – sowel as ’n kragopwekker selfs – word deur al die huiseienaars binne die skema gedeel. Dít maak deeltitelskemas nog meer aanloklik.

“Jy sal wel die reëls van die regspersoon moet nakom as jy daar koop en woon, maar hierdie reëls behoort die belange van al die eienaars te beskerm.”

Blik op die voordele

Benewens vir die finansiële voordele om in ’n nuwe eiendomsontwikkeling te koop, is daar ook heelwat ander voordele:

  • Die huis is ’n skoon bladsy: Jy kan al die afwerkings self kies, die huis meubileer en dit inrig volgens jou persoonlike smaak en voorkeure.
  • Nuutgeboude eiendomme kom deesdae met energiedoeltreffende toestelle en groentegnologie.
  • Aangesien hierdie huise altyd in ’n landgoed geleë is, is die woongebied goed beveilig met alles van toegangsbeheer tot biometriese toegang, sowel as kringtelevisiekameras en elektriese heinings.
  • Baie van hierdie ontwikkelings spog met geriewe soos gimnasiums, swembaddens, restaurante, kroeë, vesel-internet en ander winkeltjies.
  • ’n Gemeenskapsgevoel kom saam met die pakket.

Wenke vir as jy koop

Daar is talle nuwe residensiële ontwikkelings wat oral oor opduik soos ontwikkelaars aan die verhoogde vraag na hierdie kostedoeltreffende, moderne eiendom probeer voldoen.

Die onus is egter op die koper om goed vooraf navorsing te doen voordat hulle die aanbod om te koop, teken. Dyer deel die volgende wenke:

1.Kry voorafgoedkeuring vir ’n verband: Voordat jy jou soektog na ’n eiendom begin, maak eers seker dat jy weet vir watter verbandbedrag jy kwalifiseer. “Kry voorafgoedkeuring vir ’n huisverband voordat jy vir ’n eiendom begin soek.”

2. Spaar vir ’n deposito: “Kopers moet dikwels ’n deposito betaal as hulle in ’n nuwe ontwikkeling wil belê. Dit is gewoonlik sowat 10% van die koopprys.”

3. Doen jou huiswerk: Gaan kyk eers aanlyn na watter ander ontwikkelings jou ontwikkelaar voorheen gedoen het voordat jy die koopkontrak teken. “Hoewel jy nie altyd die geleentheid het om die huis of woonstel fisiek te besigtig voordat jy ’n aanbod maak nie, sal daar gelukkig ’n inspeksie voor oordrag plaasvind en jy die volle bedrag moet betaal.”

4. Neem die toekoms in ag: “Doen deeglike navorsing oor die woongebied en wat daar beskikbaar is – en teen watter prys.

“Onthou net jy om seker maak dat wanneer jy eendag wil verkoop, daar darem ’n vraag na jou eiendom sal wees. Wees ook versigtig dat jy nie te veel geld bestee of oorkapitaliseer nie, en verseker dat jy die marktendense in jou gekose woongebied verstaan.”

Rand - Dollar
17.41
-1.2%
Rand - Pond
21.50
-0.6%
Rand - Euro
18.89
-0.9%
Rand - Aus dollar
12.29
-0.4%
Rand - Jen
0.13
-0.5%
Platinum
1,009.02
-0.4%
Palladium
1,637.70
-0.5%
Goud
1,922.40
-0.3%
Silwer
23.59
-0.1%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,344
-0.6%
Alle aandele
80,325
-0.6%
Hulpbronne 10
77,934
+0.1%
Industriële 25
102,701
-1.1%
Finansiële 15
16,323
+0.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos